Wie is die ANC rêrig?

ANC-LP me. Vytjie Mentor het op Facebook gesê: “Die Nederlanders moet gaan k*k”. Sy het so reageer oor die standpunt wat sekere Nederlandse politieke partye oor naamsveranderings in Suid-Afrika ingeneem het. Me. Lulu Xingwana, minister van vroue, kinders en mense met gestremdhede, het medepassasiers op ’n vliegtuig na hul asems laat snak toe sy die kajuitpersoneel begin skel en die “k-woord” kliphard gebruik het. “Almost the entire ANC parliament has been to prison at some stage or another, the South African Police Chief Jackie Selebi was friends with the biggest mafia gangster Glen Agliotti” het politieke ontleder mnr. Mike Smith gesê. Hy beskryf die ANC as niks anders as `n klompie platvloerse misdadigers nie!

Verder het die DA (Dan Plato) aan die lig gebring dat top ANC leiers, insluitende President Zuma geheime vergaderings met mafia base en straat bendes gehou het om die Wes-Kaap te destabiliseer en onregeerbaar te maak onder die DA se leierskap.

Dit is net `n voortsetting van die ANC se eeu-oue werkswyse! Hulle het in die ou-SA hierdie selfde styl gebruik om die massas te intimideer, asook o.a. die halssnoer moorde om hulle te mobiliseer! So het baie swartes wat gelukkig was in die ou-SA geen keuse gehad as om in verset en massa aksies deel te neem nie!

Ons wil nie deur sulke karakter lose mense regeer word nie, en ek bid die Vader dat Hy ons, ons sondes sal vergewe en ons dit álles nie sal toereken nie? Ek wag op die dag, dat ons tugtiging verby sal wees en Hy ter wille van die eer van Sy naam, die herstel sal bring!

Gustav.

 

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.