Wat is jou doel?

Gal 6:9 “En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.”

Die Suidlander saak is in alle opsigte sovereign. Dink daaroor, selfs as mense weet daar kom moeilikheid is die eerste natuurlike optrede om vir jou eie familie voor te berei en beskerming te skep. Dit is hoekom soveel mense kies om te emigreer of om groepe te stig wat vir verdediging hulself bemagtig. Om jouself en jou mense te beskerm, is mos die eerste instink.

Hoekom en vir watter rede is daar dan duisende mense wat by die Suidlander struktuur inskakel en meewerk om ‘n nasionale plan te dryf wat eerder honderde duisende mense sal bevoordeel eerder as jouself en jou direkte familie?

Om goed te doen is die keuse wat mens maak in daardie split sekonde voor jy aan jouself dink. Selfs al klink dit reg om eerste aan jou familie te dink, is daar selfs ‘n gedagte voor dit, die een wat aan jou skeppings doel en God se wil dink. Kom ons raak sensitief vir die groter saak, kom ons raak betrokke by die Vaderlike wil, en werk saam tot die groter doel, die “goed doen” van die Bybel, eerder as om kortstondig aan ons eie ek te dink.

Om daardie doel te bereik is groter as die lewe, om jou lewens doel te besef, oorkom die vrees vir die dood.

Anoniem

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to Wat is jou doel?

  1. arnie says:

    As die Allerhoogste dit goed gedink het om selfs die son te laat stilstaan sodat Sy mense ‘n oorlog kon wen, wie is ons om sulke hulp van Bo te weier.
    Die tyd om ons self ook so te verdedig het aangebreek.

  2. daniel says:

    Vyand geestelik so ook vleeslik uit te wus en
    Die Allerhoogste te dien in alle wee en paaie

  3. Marlene de la Gey says:

    Dit is baie waar woorde. As Suidlanders moet ons gereed maak om te oorleef – maar baie is so diep in die maalkolk van die oorlewings-stryd en voorbereiding dat hulle heeltemal vergeet dat ons woonplek op aarde tydelik is en dat ons eerstens gereed moet wees as ons Hemelse Vader ons kom haal. Want dit kan dalk gebeur lank voordat al hierdie ander dinge gebeur.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>