Nuwe taktieke

Vanaf Woensdag was talle voorstede in Johannesburg sonder elektrisiteits voorsiening. Atholhurst, Atholl Gardens, Bramley, Cresta, Emmarentia, Highlands North, Houghton Estate, Lombardy West, Mansfield, North Riding, Roodepoort, Northcliff, Randpark Ridge Sundowner, Rosebank , Auckland Park, Roodepoort, Florida, Constantia Kloof en Fourways was gedeeltelik of algeheel deur die onderbrekings geaffekteer. Selfs Nelson Mandela se huis is deur die owerhede van kragopwekkers voorsien. Talle van die voorstede sal deur die naweek steeds sonder elektrisiteit wees.

Vandag het dit aan die lig gekom dat die kragonderbrekings veroorsaak is deur sabotasie. Dit blyk of die stakers verskeie kragstasies beskadig het, en onafhanklike kontrakteurs word nou ingespan om die skade te herstel.

Hierdie is ‘n interessante omwenteling in die metode van stakers om te intimideer, of is dit eerder ‘n strategiese taktiek wat nou geïmplimenteer word?

Wanneer dele van stede sonder elektrisiteit gelaat word, het dit enorme implikasies. Dit maak dit geweldig moeilik vir die polisie om onwettige optrede te beheer, aangesien dit eerstens moeilik is om in die donker effektief te kan werk, maar ook weens ander redes. Aangesien verkeersligte nie werk nie, veroorsaak opeenhopings ook ‘n vertraging in die polisie se reaksie spoed. Sekere kommunikasie stelsels kan moontlik buite werking wees, ‘n hoë inbraak en motor ongeluk syfer plaas verdere druk op die polisie en boonop kan brandstof pompe nie werk as die krag af is nie.

Dit is onrusbarend om te dink dat stakers nou dalk hierdie swak skakel in die ketting ontdek het, en dat hierdie optrede moontlik in die toekoms meer algemeen gebruik kan word. Dit sal ‘n baie gevaarlike strategie wees in ‘n toekomstige aanslag op die blanke.

Vir die wat bekend is met die gesigte van Johanna Brandt, en dit as geloofwaardig beskou, is hierdie voorval in Johannesburg  verbasend parallel met haar voorspelling van die Nagaanval in Johannesburg. Vir die wat profesieë nie ernstig opneem nie, is die blote realiteit van gebeure in Suid-Afrika genoeg rede tot paraatheid. Die nuutste taktieke deur stakers gee net meer rede vir voorsorg.

Geseende Naweek

Bestuur

Be Sociable, Share!
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.