reus2Suidlander Bestuur is sopas ingelig dat daar hoëvlak Afrikanerbond besluite geneem is om ‘n hernude aanslag teen die Suidlanders te loods. Volgens beplanning, gaan daar nou weer ‘n vlaag leuens opgedis word om ‘n aantal senior Suidlander leiers en betrokkenes persoonlik te diskrediteer.

Hierdie is ‘n tyd waar die aanslag baie fel en onophoudelik teen ons gevoer gaan word. Maak staat op die leiding van die Gees om te onderskei wanneer sulke aanslae deur die vyand teen ‘n Godgedrewe inisiatief geloods word.