About Coenie

This author has not yet filled in any details.
So far Coenie has created 239 blog entries.

Die krag gaan af – wat doen jy?

Coenie Maree Hoof Suidlander Noodplan “Power utility Eskom is 21 days from going broke, the minister of public enterprises has confirmed.” Die onderstaande artikel wat in die Mail&Guardian verskyn het gee ‘n goeie opsomming van hoe diep die probleem is wat ons tans met kragvoorsiening ervaar. Wanneer krag op grootskaal en veral in groter stede afgaan het dit ‘n reeks uitwerkings op die omgewing wat dan ‘n klimaat van onstabiliteit veroorsaak. Eerstens skiet misdaad die hoogte in. In donker strate kan misdadigers maklik hul misdade pleeg en wegkom. Sodra meer misdade begin plaasvind sien ander die sukses en begin ook op die toestand kapitaliseer. Die toename bereik baie vining die punt waar die polisie handdoek ingooi, en dit maak dan die misdaad deure wawyd oop, soveel so dat dit op massa plundering uitloop. […]

By | January 10th, 2015|Categories: Voorbereiding|Tags: , |

Suid-Afrika Stuur Op Ernstige Probleme Af – Energie Kenner

C.F. Maree Hoof Suidlander Noodplan Volgens Suid-Afrika se kenner op energie, Chris Yelland stuur Suid-Afrika op ‘n energie krisis af. Yelland meen dat daar geen vinnige oplossing vir die energie krisis is wat tans in Suid-Afrika heers nie. Volgens hom plaas die hoë aanvraag van krag in Suid-Afrika soveel druk op Eskom dat hulle nie kan bekostig om eenhede af te skakel vir onderhoud nie. Dit vorm natuurlik ‘n bose kringloop wat sal veroorsaak dat eenhede weens swak onderhoud buite werking gaan en net addisionele druk op kraglewering veroorsaak. […]

By | November 3rd, 2014|Categories: Eskom, Media|

Geskape Om Sy Werk Te Doen

Bertus Schwan Provinsiale leier Wesrand Elkeen van ons wat die Vader se doel vir ons lewens moet uitleef, voel soms ons staan voor ‘n taak of ‘n opdrag wat vir ons te groot is. Ons voel soms onbekwaam en minderwaardig. Neem dan die Vader se woorde aan Kores ter harte: “Ek self sal voor jou uit gaan en hoogtes gelykmaak… Ek sal vir jou skatte gee wat in die donker gebêre word … sodat jy kan weet dat Ek jou op jou naam geroep het, Ek, die God van Israel.” Jesaja 45:2-3 Is dit nie wonderlik nie, so sal Hy dit ook vir ons  doen – ons moet net die eerste stap gee in gehoorsaamheid en doen wat Hy vra.  Kom mense daar is baie werk onder ons volk. Kom ons vat […]

By | November 2nd, 2014|Categories: Geestelik|

Tit for Tat

Coenie Maree Hoof Suidlander Noodplan Die Suidlanders treur vandag saammet duisende oor die tragiese afsterwe van Sokker Kaptein en held Senzo Meyiwa. Met die volle steun van die breëstroom media is hierdie tragiese lewensverlies vandag in elke koerant in volledigheid gedek. Terwyl ons by die Suidlander bestuur in hierdie somber toestand van rou verkeer kan ons nie help om op te merk die sterk kontras tussen hoe hierdie insident deur die media hanteer word, en met watse disrespek en vergenoegdheid ons dag van rou enkele dae gelede oor duisende en tienduisende brutale blanke moorde hanteer is nie. […]

By | November 1st, 2014|Categories: Media|

Hoe bewapen is die rewolusionêr?

Andre Coetzee Departementshoof Vir die wat dink dat die rasse konflik met stokke en pangas geveg gaan word, dink weer. Die huidige situasie met betrekking tot onwettige vuurwapens, asook die tempo waarteen addisionele vuurwapens tot die swart mark bygevoeg word weens wapendiefstal en nalatige polisie en weermag wapenbeheer, skets ‘n donker prentjie. Sowat 50 vuurwapens word daagliks vanaf wettige vuurwapen eienaars gesteel. Hierdie syfer is deur Zizi Kodwa, ANC woordvoerder as skokkend beskryf. Volgens die ANC gister in die parlement moet alle onwettige vuurwapens uit die samelewing verwyder word aangesien dit ‘n bedreiging van Suid Afrika geword het. […]

By | October 31st, 2014|Categories: ANC, Belangrike Ontleding, Beplande Rewolusie|

Rewolusionêre klimaat gedryf deur armoede

Coenie Maree Hoof Suidlander Noodplan Ons weet dat die rewolusionêre klimaat gedryf word deur armoede. Erger as armoede is die emosie wat armes ervaar wanneer hulle sien dat ‘n sekere minderheidsgroep onregmatig baie voordeel uit die ekonomie trek. Hierdie voorkoms van massa armoede en minderheid welvaart word omskryf as ekonomiese ongelykheid. Wat verder tot hierdie emosie bydrae is natuurlik die wete van grootskaalse korrupsie wat hoëlui bevoordeel. In ‘n onlangse studie word hierdie teëlgrond vir ‘n rewolusionêre klimaat sterk bevestig. […]

By | October 30th, 2014|Categories: ANC, Ander, Belangrike Ontleding, Ekonomie|

Rooi Oktober Klerksdorp

Riaan Engelbrecht Provinsiale leier Wes Transvaal Deur die toedoen van die Here is ek gevra om ‘n kort toespraak te lewer by die Rooi Oktober byeenkoms in Klerksdorp. Die aand voor die tyd het my gesin en vriende die borde gemaak en slagspreuke opgeskryf asook die rooi materiaal druppels uitgeknip, terwyl ek besig was om die finale skaafwerk aan my toespraak te maak. My gesin se opgewondenheid was groot aangesien hulle nog nooit aan so iets deelgeneem het nie. Ek was opgewonde omdat ek die geleentheid gehad het om in die openbaar die naam van my Verlosser Jesus Christus groot te maak. Ons het die oggend vroeg gery aangesien ons nog vriende […]

By | October 17th, 2014|Categories: Ander|

Ekonomie Stuur Af op Rewolusie

Coenie Maree Hoof Suidlander Noodplan In die vorming en opbou van ‘n rewolusie, is daar verskeie faktore wat ‘n rol speel. Een van die grootste hiervan is ekonomiese toestande. Ons het voorheen gesels oor insidente en toestande wat kan veroorsaak dat rewolusie skielik opvlam. Hierdie praktiese insidente kan wees polisiëring ineenstorting, grootskaalse kragonderbrekings, brandstof tekorte, natuurrampe, epidemies ens. In enige rewolusie is daar egter een baie kritiese bestandeel, en dit is die emosie of toestand waarin die massas verkeer. Enige massa mense wat in ‘n positiewe gesindheid met positiewe vooruitsigte verkeer, kan basies deur enige situasie gaan sonder dat hulle in ‘n rewolusie sal oorgaan. Vir mense om in opstand te kom, en veral om in gewelddadige opstand te kom, moet hulle swaar kry en ‘n beperkte of swak toekoms vooruitsig hê. Die maklikste om hierdie toestand te bereik, is deur ekonomiese druk op hierdie massas te plaas. Wanneer die arm massas finansieel begin swaarkry, skep dit die sielkundige omgewing waarin insidente hulle tot aksie kan dryf. […]

By | October 16th, 2014|Categories: Belangrike Ontleding, Beplande Rewolusie, Ekonomie, Politiek|

Is Suid-Afrika in ‘n staat van oorlog?

Coenie Maree Hoof Suidlander Noodplan Die definisie van oorlog is nie altyd so duidelik soos wat mense dit veronderstel nie. Volgens die Oxford woordeboek is oorlog ‘n staat van gewapende konflik tussen verskillende lande of verskillende groepe binne ‘n land. Wat dit egter moeilik maak, is dat die verskillende groepe binne ‘n land nie altyd duidelik onderskeidbaar of waarneembaar is nie. Die vraag wat ons onsself hier vra is hoe daardie groepe hulleself groepeer. Wat is die basis van onderskeid in die denke van mense wanneer hulle hulself in ‘n groep plaas? Hoe word daardie […]

By | October 11th, 2014|Categories: ANC, Belangrike Ontleding, Beplande Rewolusie, Politiek|

Rasse geleerdheid verduidelik armoede

In ‘n onlangse artikel “Lesse uit Kriel” het ons duidelik gesien dat die ontevredenheid en geweldsoptrede streng rasgebasseerd is. Hierdie rasgebasseerde optrede word nooit erken deur landsleiers of die media nie, maar terselfdertyd word dit geregverdig deur konstante beskuldigings dat sekere rasgroepe onder diskriminasie en die oorlewering van apartheid gebuk gaan, terwyl ander groepe steeds voordeel trek vanweë hulle ras. […]

By | September 17th, 2014|Categories: Ander|