Hierdie feesseisoen het duisende mense weer om die braaivleisvure gekla oor die toestande in Suid Afrika. Sommige optimisties vir verandering, ander minder. Ongeag van die hoop wat u mag koester oor die toekoms, om gereed te wees vir die effek van sosiale, ekonomies en/of politiese onstabiliteit of self ineenstorting is wys en verantwoordelik. In hierdie reeks gaan ons die volgende beginners informasie vir nuwe lede en belangstellendes plaas:

Wat is die gevaar nou eintlik? (Deel 1)
Wat is die effek van onstabiliteit? (Deel 2)
Wat bied die noodplan? (Deel 3)
Wat kan u doen? (Deel 4)

Lekker lees.

Wat is die gevaar nou eintlik?

Suid Afrika is baie anders as die Afrika lande noord van ons. Suid Afrika is ‘n hoogs geindustrialiseerde land. Dit beteken dat industrie, infrastruktuur, informasie stelsels, dienslewering, ekonomiese funksionaliteit, ens. hoogs ontwikkel en kompleks is. ‘n Hoogs ontwikkelde komplekse samelewing het sekere risikos. ‘n Groot stedelike populasie raak uiters afhanklik aan hierdie stelsels vir hul oorlewing. In ander Afrika lande is groot hoeveelhede mense plattelands en leef hul van bestaansboerdery en ander natuurlike hulpbronne, asook gedesentraliseerde infrastruktuur. Die familie in Zimbabwe wat ‘n paar beeste, bokke, varke en hoenders aanhou, het nie krag in hul modderhuise nie. Hul kry water uit die rivier of van ‘n handpomp in ‘n boorgat. Hulle gebruik ‘n puttoilet en leef van verkope van produkte wat per hand vervaardig word.

‘n Nasionale kragonderbreking, ekonomiese verval, of rassekonflik sal hierdie familie byna gladnie affekteer nie. In Soweto bly daar ook ‘n familie. Hulle werk bedags by ‘n fabriek. Hulle drink water wat deur ‘n enorme watervoorsieningsnetwerk tot in hul huis vloei. Hulle kom by die werk met ‘n komplekse trein- en padvervoerstelsel. Hulle sanitasie geriewe is ‘n komplekse stelsel van pype, pompe en suiweringsprosesse. Hul koop kos uit kettingwinkels, wat komplekse bestellingssisteme gebruik om kos van voorsieners tot op die rak te kry. Hierdie kos word elektronies deur bankstelsels betaal by aankoop. Elkeen van hierdie bostaande stelsels is afhanklik aan mekaar. As die een in duie stort vernietig dit ook die ander.

U kan sien dat Suid Afrika uiters kwesbaar is vir nasionale ineenstorting van enige van daardie komplekse stelsels. Dit, veral in die huidige toestande van drastiese infrastruktuur verval, ho ë vlakke van ongebevoegde aanstellings in sleutel posisies, gevaarlike ekonomiese agteruitgang, regeringskorrupsie, uiter ho ë gewelddadige protesaksie en misdaad, radikale politiese toestande en uitlatings, ho ë werkloosheid, konstante rasse polarisasie, ho ë afhanklikheid aan sosiale toelaes en nog vele meer.

Die ergste van alles is dat die toestande hierbo daagliks verder in die rigting van algehele verval beweeg. Daar bestaan tans nie die politiese wil, of die vermo ë om hierdie sinkende skip van die ergste te red nie. Wat sal die gevolg van so ‘n nasionale ineenstorting veroorsaak? Lees more verder.