Ons tuinwerker glo dat daar gevee moet word – die grasperk, die hoenderhoek, die beddings. So word die bogrond kruiwa vir kruiwa weggery na die komposhoop toe. Ons verstaan mekaar nie, dus vra ek my huishulp om vir hom te sê hy moenie die Jakarandablommetjies opvee nie, want ek hou daarvan. Aikona! Laatmiddag is alles weg. Maar Johanna het ‘n boodskap vir my: “Madala sê ouma moenie ‘worry’ nie, môre sal die blommetjies terug wees!”

Wat leer ‘n mens nou hieruit? Is dit nou perfeksionisme tot die eenvoudigste dinge van die lewe, of getrouheid, of werkstrots?

Ek lees van geestelike uitnemendheid (excellence), dit is die eienskap wat die Vader by ons soek – ‘n voortreflike verhouding met Hom.

“Pursue Gods excellence in dong the work of God faithfully.” In Fillipense 1:20 sê Paulus: “Dit is my vurige verlange, en daarna sien ek uit, dat ek niks sal doen waaroor ek my hoef te skaam nie. Ek wil ook nou, soos nog altyd, met alle vrymoedigheid deur my hele wese Christus verheerlik in lewe en in sterwe.” Vers 21 “Want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, vir my wins.”

Paulus is vasberade dat hy die Vader sal verheerlik met sy hele wese.  Oswald Chambers se boek “My utmost for His Highest,” kom val uit my deurmekaar boekrak. Ek lees daarin om op dié veilige plek te kom, ‘n kwessie is van absolute, volkome oorgawe van ons wil aan die wil van die Vader.

Ps 119:10: “Ek wil aan U gehoorsaam wees met my hele hart.” Spr 11:30: “Wie die wil van die Here doen, is ‘n bron van lewe.” (Lees dit asb ook in die Amplified Bible, indien moontlik.)

Kom ons staan stil en dink daaraan dat dit die Vader se wilsbesluit was om Sy Seun te stuur om ‘n verlore mensdom van die ewige dood te red – Want so lief het God die wêreld gehad.

Met ons hele wese (soos Paulus,) plaas ons dan ons wil in die Vader se hande en sê: “Laat U wil geskied.”

Liefdegroete

Anen