Druppel kleinWanneer ‘n mens beplan vir tye van anargie is dit van kardinale belang om te besef dat jou en die mense wat aan jou noodplan deelneem blootgestel gaan wees aan vervolging indien enige van daardie optrede wat geneem is nie volgens huidige nasionale en internasionale wetgewing uitgevoer is nie.

Dit is ook belangrik om te besef dat hierdie wetgewing jou nie net inperk met sekere optredes nie, maar jou ook beskerm teen onwettige optrede wat teen jou gerig is. Die internasionale wette wat betrekking het op konfliksituasies word saamgevat in die Geneefse Konvensies. Hierdie is omslagtige dokumente en om daarvan kop of stert uit te maak neem verseker ‘n voltydse studie daarvan.

In tye van anargie word mense gedwing om op te tree. Baie mense kan hulself onwetend skuldig maak deur verkeerd ‘n situasie te hanteer of vooraf verkeerde besluite te neem ten opsigte van ‘n noodplan uitvoering. Daar word gereeld verhore in Den Haag gehou teen oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom. Hierdie verhore vind gereeld plaas teen mense wat uit onkunde die wet verbreek het. Daar was byvoorbeeld sake aanhangig gemaak teen radio-omroepers wat die waarskuwing teen ‘n moontlike volksmoord in Rwanda as bog afgemaak het. Hierdie omroepers is van medepligtigheid aan volksmoord aangekla.

Die Suidlanders se Noodplan is geskryf met inaggenome die wet op Burgerlike Verdediging. Burgerlike Verdediging is wanneer ‘n groep organiseer om ‘n vlugtelingsituasie te beredder. Deur deel te wees van die Suidlander Noodplan, skakel u in by ‘n inisiatief wat so ontwerp is dat u op geen vorm blootgestel gaan word aan onwettige optrede, selfs deur dit uit onkunde te pleeg nie.

U gaan ook binne hierdie Suidlander inisiatief deel vorm van ‘n Noodplan wat u die maksimum voordeel van laat trek uit wetgewing ten opsigte van die regte en aansprake wat ‘n vlugteling kan maak.

Om die voordele wat die Suidlander Noodplan vir u bied in ‘n splintergroep of in u privaat hoedanigheid te vervang, is bykans onmoontlik. Skakel in by die Suidlander Noodplan en trek voordeel uit die wettiglikheid en beskerming teen vervolging wat hierdie Noodplan u bied.