Ons wil graag ons innige simpatie aan tannie Rika en Jarrod McFarlane betuig met die afsterwe van ‘n dogter en ma, Wendy McFarlane. Wendy was ‘n harde werker op die Suidlander bestuurspan en het honderde ure se administratiewe werk in onder andere die Suidlander Opleidingsmodules ingesit.

Ons sal haar onthou  as ‘n entoesiastiese kollega, ‘n toegeweide Christenmens en altyd opgeruimd, vriendelik en gereed vir ‘n geselsie. Wendy se pa, John McFarlane was ons vorige logistieke hoof en Provinsiale leier, en het self tragies na ‘n motorongeluk te sterwe gekom. Wendy is verlede jaar September met kanker gediagnoseer, haar gesondheid het egter vinnig agteruitgegaan en sy is 04hoo vanoggend oorlede.

Enigiemand wat gelei voel om ‘n finansiele bydrae aan tannie Rika te maak, kan ons gerus skakel by 071 483 0132 of epos na navrae@suidlanders.co.za vir meer besonderhede.