Vakansietyd

Ons herinner almal weer daaraan om nie in die vakansieseisoen te verslap op u paraatheid en gereedheid nie. Vir die wat kies om met Jan Tuisbly se karretjie te ry, hou in gedagte dat van die leierskap en sleutelpersone dalk moontlik oor die feesseisoen mag weggaan. Reël ‘n vergadering en kom ooreen om hierdie situasie te oorkom. Vir die wat weggaan, oorweeg u omstandighede noukeurig. Woon u in stedelike gebiede? Indien anargie sou uitbreek sou u moontlik nie kan terugkeer huistoe om u voorbereiding te gaan haal nie. Kan dit moontlik geskuif word tot buite stadsgebied? Watse ander reëlings kan u tref? Kontak die leierskap in die area waar u gaan vakansie hou. Sorg dat u op hoogte kom van die nommers en reëlings om […]

Dink Vooruit

Suid Afrika is onlangs geruk deur die afsterwe van Poppie Koekemoer, die driejarige wat deur haar ouers, Louisa en Kobus Koekemoer mishandel is. Die ouerpaar is pas skuldig bevind op aanklag van moord en twee aanklagtes van kindermishandeling. In reaksie het Annari du Plessis, stigter van die Go Purple stigting onderneem om sake aanhangig te maak teen nog sewe individue. Die Go Purple stigting beywer hom teen kindermishandeling. Hierdie sewe individue word nou strafregtelik aangekla omdat hulle geweet het van Poppie se mishandeling, maar nie genoeg gedoen het om haar uit die omstandighede te bevry of te beskerm nie. Hierdie optrede is alombekend in groot internasionale sake. Mense wat nie eerstehands aan ‘n misdaad deelneem nie, maar wat indirek daartoe bydrae, nie genoeg doen nie, of dié wat wel iets doen belemmer of verhoed om die misdaad te voorkom. […]

Deur | 12 Desember, 2017|Kategorieë: Ander, Belangrike Kennisgewing, Belangrike waarskuwing, Hoekom Suidlanders|

USD’s

In die oorgangsjare vanaf apartheid was daar ‘n tyd van ongekende geweld tussen swart faksies in Suid Afrika. In hierdie tyd het die ANC en Inkatha Freedom Party gewapende magte in klein groepies teen mekaar ontplooi. Hierdie groepies het bekend gestaan as SDU’s (Self Defence Units). Dit was gewoonlik groepies tussen 8 en 15 met AK-47’s gewapen en het ook gereeld met (die ou) weermaglede  in veral die Kathorus (Kathlehong, Vosloorus en Thokoza) gebots. Die konflik tussen swart faksies het tot die dood van duisende mense in hierdie tyd gelei. Na afloop van die vlaag politieke sluipmoorde die afgelope tyd dring die ANC Jeugliga nou aan op drastiese optrede. Die Provinsiale Sekretaris van die Jeugliga, Thanduxolo Sabelo, wil nou aan die provinsiale vergadering voorlê dat SDU weer bewapen moet word en […]

Riglyne As Jy Gekaap Word

Alhoewel ‘n kaping baie traumatiese ondervinding is, het Netstar ‘n paar riglyne gedeel wat gevolg kan word, veral met kinders in die voertuig. Die eerste goue reёl is om nie die kapers te antagoniseer nie. Wys die kapers dat jy nie ‘n gevaar inhou nie. Hou jou hande in die lug om aan te dui dat jy nie ‘n vuurwapen het nie. Gebruik jou linkerhand om die veiligheidsgordel los te maak en die voertuig in neutraal te sit. Moenie die voertuig afskakel nie. Klim stadig uit die voertuig indien daar kinders in die voertuig is, en noem kalm vir die kapers dat jy jou kinders gaan uithaal. (Die oudste kind moet altyd agter die bestuursitplek sit, en die jonger kind/ers links agter.) Beweeg na die agterdeur agter die bestuursitplek. Plaas jou een voet ferm in die kar op die vloer agter die bestuursitplek en leun oor om die jongste kind uit te haal. Die ouers kind sal heel moontlik outomaties aan jou vasklou en jy kan beide kinders gelyk uit die kar haal. Bly kalm. Indien die kapers paniekerig raak en die voertuig in beweging kom voordat jou kinders uit die voertuig gehaal is, sal die feit dat jou voet reeds in die kar is, jou liggaamsgewig jou in die voertuig laat inval, in plaas daarvan dat kapers met jou kinders wegry. Moenie jou rug op die kapers draai nie want dit stel jou organe meer bloot. Moenie direkte oogkontak maak met die kapers nie. […]

Aansluitingsprosedure

Die tyd is besig om uit te loop, volg asseblief die volgende stappe om amptelik in te skakel by die Suidlander Noodplan. Ons is ook in die proses om kaarte aan te koop wat binnekort aan mense op ons stelsel uitgereik sal word. Eerstens kan u op ons webtuiste www.suidlanders.co.za onder KONTAKTE gaan kyk wie u direkte leier of Provinsiale leier van u area is. Kontak hierdie leier om in te skakel by ‘n Suidlander groep. Hier sal u op hoogte gebring word m.b.t voorbereiding en plan van aksie indien ‘n vlugsituasie plaasvind. Woon gereeld vergaderings by om deel te bly van u groep se noodplanne. […]

Deur | 30 November, 2017|Kategorieë: Ander, Belangrike Kennisgewing, Hoekom Suidlanders, Voorbereiding|

Plaasmoorde Optog

Die optog en protes teen plaasmoorde wat vandag plaasgevind het, het ‘n baie swak opkoms gelewer. Die organiseerders daarvan, grootliks Doringbos affiliale, het beplan om dit ‘n enorme geleentheid te maak. Alhoewel plaasmoorde tragies is en net ‘n simptoom van opbouende rewolusionêre klimaat is, het Suidlanders dadelik geidentifiseer dat hierdie tragiese voorkoms van geweld teen ons mense nou gebruik word om behoudende steun by hierdie organisasies te wen. Oudergewoonte het blanke geldmag instellings nie die “boots op die grond” soos wat ons nog altyd in die behoudende gemeenskap het nie. Die regse geluide wat hulle maak, is net soos met die NP regering ‘n manier om behoudendes te trek. […]

Waterkrisis

Na berekening gaan die Kaap uit water uit hardloop teen 18 Mei aanstaande jaar. Daar is reeds samesprekings gevoer met SAPD en die weermag om wet en orde te behou in daardie tyd. Hierdie dien as goeie voorbeeld van wat ons te wagte kan wees na anargie uitbreek. Eerstens kan ons weet dat geweld baie vinnig sal uitbreek sodra kritiese dienste, maar veral water, nie meer gelewer kan word nie. Vermy samedromming en areas van hoё populasiedigtheid. Tweedens moet u voortydig besef dat enige watervoorraad wat u opbou, selfs indien u ‘n vol swembad by die huis het, dit u dadelik ‘n teiken sal maak. Die huidige aggressie en wreedheid van plaasmoorde is die keuse van die aanvaller. In daardie tyd sal hordes deur dors gedryf word om te bekom wat u het. Dit is hoekom ons lang afstande plaas tussen ons mense en die massas. […]

SA vs Zim

In die protesaksies die afgelope week in Zimbabwe teen Robert Mugabe, sien ons ‘n eienaardige verskynsel. Die protesgangers het tot nou toe vreedsaam en sonder geweld optogte gehou. Alhoewel dit kan verander, is dit ‘n gesig wat byne gladnie in Suid Afrika voorkom nie. ‘n Verslag wat sopas vrygestel is na navorsing deur verkeie departemente waaronder die departement wat ontwikkeling vir dienslewerings infrastruktuur behartig, word die volgende duidelik gemaak: Protesgangers in Suid Afrika glo dat geweld die 12de taal van Suid Afrika is. Volgens hulle reageer die regering gladnie op debat en mondelingse klagtes nie, maar slegs op geweldpleging. Hierdie voorkoms vorm ‘n duidelike deel in die ontwikkeling van ‘n rewolusionêre klimaat en atmosfeer onder arm massas. […]

Zim Staatsgreep

Ons het sopas gesien dat ‘n staatsgreep suksesvol deur die Zimbabwe se weermag in Zimbabwe uitgevoer is. Hou in gedagte dat ‘n staatsgreep ‘n onwettige magsoorname met geweld is. Dit maak nie hier saak of ons van Robert Mugabe hou of nie, hy was demokraties, gekose die president van Zimbabwe. Die internasionale gemeenskap, Suid Afrika, die blanke geldmag, en opinievormers het ‘n morele en wettige plig om die staatsgreep te veroordeel en te vra vir AU en SAOG (Suid Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap) ingryping. Pleks daarvan, sien ons dat die blanke liberales deur hul mediamasjien ‘n opgewonde positiwiteit oor die hele aangeleentheid publiseer. Hierdie is ‘n baie eienaardige optrede, veral gesien in die lig dat die liberale geldmag homself herhaaldelik na die regsbank wend om sy doel te bereik. Skielik, in hierdie geval, is ‘n onwettige staatsgreep aanvaarbaar. […]