Wat Is Die Effek Van Onstabiliteit – Deel 2

Gister het ons gekyk na hoe afhanklik die Suid Afrikaanse samelewing aan infrastruktuur en stelsels is. Gereeld hoor ons dat mense praat van onstabiliteit sou daardie stelsels en infrastruktuur in duie stort. Vandag vra ons die vraag: Hoe lyk dit as onstabiliteit in Suid Afrika sou voorkom? Die beste om dit te verstaan is om te kyk na wat dit in die sosiale optrede en politiese oortuigings van ‘n groot arm populasie sou veroorsaak indien onstabiliteit voorkom. Wanneer ons kyk na gewelddadige protesaksie, word paaie geblokkeer en gewelddadige optrede soos plundering van winkels en die brand van voertuie en eiendom kom gereeld voor. Hierdie optrede verteenwoordig onstabiliteit in ‘n spesifieke klein area, soos bv. ‘n universiteit of ‘n woongebied waarin daardie protesaksie voorkom. Wanneer dienste, voedselvoorsiening, watervoorsiening, sosiale onrus, ensovoorts egter op nasionale skaal voorkom, is daardie gewelddadige protesaksie iets wat regoor die hele Suid Afrika, en veral in groot stede voorkom, nie net meer geïssoleerd nie. […]

By | January 6th, 2017|Categories: Ander, Belangrike Ontleding, Belangrike waarskuwing, Beplande Rewolusie, Die Reus, Hoekom Suidlanders|

Suidlanders Verklaar Oorlog – Deel 6

Die ‘Suidlanders Verklaar Oorlog’ reeks is in lyn met die roeping waaronder ons funksioneer. Ons roeping is om u te waarsku as ‘n brandwag teen die gevare wat Satan opgerig het. Hierdie oorlogsverklaring is nie gemaak omdat ons tot die stryd wil toetree nie. Dit is gemaak omdat ons Skepper klaar tot die stryd toegetree het. Vir nou is ons opdrag soos dit altyd was. Waarsku die volk teen die vyand en wees gereed vir ‘n komende tyd waarin die Vader ons mag bemagtig om op te staan. […]

By | January 2nd, 2017|Categories: Die Reus, Oorlogsverklaring|

Suidlanders Verklaar Oorlog – Deel 5

Die oorname beplanning Ons het gesien hoe die ANC en NP kort voor die referendum reeds met druk vanaf Amerika en Rusland besluit het om nie die finansiële magte van Suid Afrika te vernietig nie, maar dit op ‘n Westerse bestel verder te bedryf op so ‘n wyse dat die ANC elite ook ingesluit kan word in die groot winste wat dit produseer. Wat die ANC van daardie tyd nie besef het nie, is dat SA infrastruktuur gaan verval, ekonomiese groei gaan stagneer, en stabiliteit gaan afneem weens hul swak bestuur. Dit gaan erg teen die ANC tel. Die wit geldreus het dit besef, en hulself hiervoor geposisioneer. […]

By | January 1st, 2017|Categories: Die Reus, Oorlogsverklaring|

Suidlanders Verklaar Oorlog – Deel 4

Die demokratiese era, en Die Reus In die tagtiger jare het die kommunistiese lande se propaganda veldtog teen die Nasionale Party regering soveel sukses bereik dat dit ernstige invloed op handelsbetrekkinge tussen Suid Afrika en Westerse lande veroorsaak het. Westerse lande kon nie anders as om in lyn met hierdie morele klad wat deur die kommuniste geskep is, te begin optree nie. […]

By | December 31st, 2016|Categories: Die Reus, Oorlogsverklaring|

Suidlanders Verklaar Oorlog – Deel 3

Die Broederbond verrys Toe die behoudende boer die Engelse Geldmag waarneem het hulle teruggekap. Die Broederbond is in 1918 gebore. Met rein ideale het opregtes begin om ‘n netwerk vir selfbemagtiging te begin oprig. In die begin het die Broederbond in opregtheid die boervolk bemagtig. Onder hulle is poste, bevorderings, kontrakte en voorspoed tussen die boervolk gehou en gekoester. […]

By | December 29th, 2016|Categories: Die Reus, Oorlogsverklaring|

Suidlanders Verklaar Oorlog – Deel 2

Die verdrukker word gebore Na die boereoorlog het die Britte hulle ingegrawe in die SA ekonomie. Die oorlog is juis gedryf deur die wens om die skatte van Suid Afrika na die Koningin se skatkamers in Brittanje te skeep. Hierdie begeerte van Brittanje om wortel te skiet in die Suid Afrikaanse rykdomme het al vroeër begin toe enorme diamantvelde in 1868 om Kimberley ontdek is. Dit het die motivering geskep vir Engeland om in die Eerste Boereoorlog op 16 Desember 1880 die Boere Republieke te probeer annekseer. Hierin het Engeland gefaal. Dit was ook die motief vir Cecil John Rhodes om in die myn industrie […]

By | December 28th, 2016|Categories: Die Reus, Oorlogsverklaring|

Suidlanders Verklaar Oorlog – Deel 1

Die volgende reeks bestaan voorlopig uit 5 dele en dit is uiters belangrik dat u die volle reeks lees, verstaan en aan soveel as moontlik kontakte aanstuur. Hierdie 5 skrywes is inderdaad ‘n oorlogsverklaring teen die vyand van die Boervolk. Daar moet baie agtergrond gegee word en ons gaan oor die volgende 5 dae baie geskiedkundige feite en bewyse op die tafel sit sodat u die volle prentjie van ons verdrukking kan verstaan. Aan die einde van die reeks sal dit vir u duidelik raak hoekom die Suidlanders saam met […]

By | December 27th, 2016|Categories: Die Reus, Oorlogsverklaring|

Opregtheid

Die volgende lesersbydrae illustreer baie goed hoe die Doringbos-filiale kant gekies het. Die twee kante ter sprake is baie belangrik hier. Terwyl die opregte Boer die kant van die Vader, Sy reëls, en Sy Bybel kies en in konserwatisme daarby staan, is dit duidelik dat hierdie Doringbos-instansies die kant van die wêreld gekies het. Wanneer jy jou vir geld beywer, sal jy altyd aanpas soos wat die wêreldse instellings konstant doen. Wanneer jy egter vir ‘n volksaak en vir die Vader staan, is jou wêreldbeskouing ‘n konstante. Geen wonder die Suidlander saak het rigtingvas vooruit gegaan sonder enige kompromieë. […]

By | September 14th, 2016|Categories: Ander, Belangrike waarskuwing, Die Reus, Doringbos Regering, Geestelik, Hoekom Suidlanders|

‘n Huwelik Uit Die Hel

Dan sê oom Nicolaas van Rensburg, sien hy ‘n selfaangestelde regering wat soos ons lyk, maar nie boere harte het nie. Eers weet ons nie of ons moet lag of huil nie, maar dan sien ons niks het verander nie. Daardie woorde “ons weet nie of ons moet lag of huil nie,” spreek boekdele. Ons sien duidelik in daardie regering elemente van lag en elemente van huil. Mens kan nie anders as om met daardie gesig te identifiseer wanneer jy deur die tientalle artikels lees wat die laaste week in die breёstroom media verskyn het nie. Kom ons kyk eers na die gelag: […]

By | August 16th, 2016|Categories: Ander, Belangrike Ontleding, Belangrike waarskuwing, Die Reus, Doringbos Regering, Hoekom Suidlanders|

Leuens

Wanneer gaan hierdie volkie ophou om hul eie logika vir ‘n pot lensiesop te verkoop? Waar het ons ons menswaardigheid en selfbeeld verloor? Na die Boereoorlog moes die opregte Boer alles prysgee, meeste het hul plase verloor en oornag was die opregte en behoudende Boer ‘n sub-blanke in dieselfde land waarvoor hy moes veg en bloei. Baie het as arbeiders in die myne gaan werk, ander as plaasarbeiders. Dit was die era van die bywoners, trotse mense was tot […]

By | August 4th, 2016|Categories: Belangrike Kennisgewing, Belangrike waarskuwing, Die Reus, Hoekom Suidlanders|