Doringbos Kom

Die toenemende kritiek en aanslae teen die ANC regering wat wyd deur die Doringbos beheerde breёstroom media gepromoveer word, dui op die instelling van ‘n beplande tussentydse regering. Hierdie regering sal direk deur die Westerse ‘establishment’ beheer word. Ons sien herhaaldelik dat die publiek stelselmatig hieraan gewoond gemaak word deur uitlatings van ‘n parallelle regering, onafhanklike vervolgingsgesag, DA oorname, ens. Die boodskap in hierdie skrywe is eenvoudig. ‘n Doringbos regering kom. Ons mense gaan verlei word. ‘n Tussentydse regering, nie ‘n opregte Boere-regering nie, gaan aan bewind kom. Die […]

Doringbos Opsweping – Deel 2

Let daarop dat ons nou in ‘n tyd is waar ons almal dalk gereed is om ons frustrasie deur krag en geweld bekend te maak, maar laat die Gees daardie besluit neem. Om dit te beklemtoon wil ons graag verduidelik wat die denkproses is wat die Suidlanders as model vir meer as ‘n dekade reeds volg. (Gebaseer op die onlangse aanbieding deur Gustav Müller en binnekort beskikbaar op DVD) Die volgende is die pilare wat denkrigting vorm: Bybelse kennis, reëls en riglyne   Die Bybel is vol praktiese riglyne wat soos reëls van toepassing gemaak kan word in ons doen en late. Hierdie is […]

Doringbos Opsweping – Deel 1

Ons staan voor ‘n tydperk van toenemende onstabiliteit in Suid-Afrika. In ‘n artikel wat ons verlede week geplaas het wat deur ‘n swartman genaamd Mmatlou Josias Ntjana geskryf is, word melding gemaak van die Boervolk se vermoë om homself te organiseer d.m.v sosiale, professionele en kultuurorganisasies. Alhoewel dit ‘n uitnemende vermoë van die Boervolk is wat byna instinktief plaasvind, word daardie vermoë in groot maat deur die blanke geldmag “establishment” aangewend om teen behoudende denke en ’n vryheidsideaal ons eerder op ‘n blinde liberale wêreldweg te hou. Ons maak melding hiervan vir ’n rede. In die komende tyd waar rassekonfrontasie en toenemende openbare protesaksies deur beide die swart- en blanke gemeenskap gaan toeneem, sal die risiko vir ’n gewelddadige konfrontasie tussen blanke en swart groeperings direk eweredig toeneem. […]

Magstryd

Daar is tans ‘n enorme magstryd wat besig is om op te bou. Die twee partye in die stryd is die ANC regering, rewolusionêre swart massa wat beheer en beïnvloed word vanaf die BRICS samestelling van lande. Hierdie lande genaamd Brazilië, Rusland, Indië, China en Suid Afrika, staan loodreg teenoor die Weste se geldmag en [...]

Deur | 21 Oktober, 2017|Kategorieë: Doringbos Regering, Internasionaal, Politiek|

Doringbos regering in wording

Pretoria - The Democratic Alliance is preparing for a DA-led national coalition government to take over from a "broken" African National Congress after the 2019 elections, DA leader Mmusi Maimane said on Sunday. Speaking to journalists in Pretoria after the DA's three-day federal council meeting he said the “Road to 2019” was now well and [...]

Deur | 17 Oktober, 2017|Kategorieë: Belangrike Kennisgewing, Belangrike Ontleding, Doringbos Regering|

Suidlanders Verklaar Oorlog – Deel 2

Die verdrukker word gebore Na die boereoorlog het die Britte hulle ingegrawe in die SA ekonomie. Die oorlog is juis gedryf deur die wens om die skatte van Suid Afrika na die Koningin se skatkamers in Brittanje te skeep. Hierdie begeerte van Brittanje om wortel te skiet in die Suid Afrikaanse rykdomme het al vroeër begin toe enorme diamantvelde in 1868 om Kimberley ontdek is. Dit het die motivering geskep vir Engeland om in die Eerste Boereoorlog op 16 Desember 1880 die Boere Republieke te probeer annekseer. Hierin het Engeland gefaal. Dit was ook die motief vir Cecil John Rhodes om in die myn industrie […]

Deur | 14 Julie, 2017|Kategorieë: Die Reus, Doringbos Regering, Oorlogsverklaring|

‘n Belangrike Reeks

Ongeveer twee jaar gelede het ons ’n reeks genaamd ‘Suidlanders Verklaar Oorlog’ gepubliseer. Hierdie reeks was ’n openbaring van kennis en insig aan duisende behoudendes. Ongeveer twee jaar gelede, het die wat met daardie kennis bemagtig is, die vermoë ontwikkel om te identifiseer hoe die liberale blanke magte hulself posisioneer en ’n politieke skuifspel voortsit om hulself te verryk. Dit ten koste van die behoudende nasionalistiese volksgenote wat nie bereid is om hul Bybelse standaarde en waardes prys te gee nie. Hierdie reeks van 7 uitgawes het teweeggebring dat sekere huishoudelike name vandag in algemene gebruik is. Beskrywings soos ‘Die Reus’ en ‘Doringbos regering’ is vandag algemeen bekend wanneer die behoudende volksgenote hierdie geldmag bespreek. Aangesien ons oor die laaste twee jaar ’n oorweldigende volgelingtal bygekry het, is dit hoog tyd dat hierdie ‘nuwe’ lede hulself van die politieke spel vergewis. Ons wil ’n beroep doen op ons ou hande om dit vir kennisname weer deur te lees. Ons wil ook vra dat alle lesers die sewe uitgawes genaamd ‘Suidlanders Verklaar Oorlog’ sal aanstuur, Epos, Tweet, Whatsapp en op elke […]

Groter Prentjie

Die politieke speelveld in Suid Afrika is vir baie volksgenote ‘n bietjie meer kompleks as hoe dit lyk. Almal weet dat die regering ‘n totale warboel van wan-administrasie, onvermoë, en korrupsie is. Mens is geneig om twee kampe in die psige te wil vorm. Die pro- en anti-regeringskampe. Onthou dat dit meer kompleks is as dit. Die EFF is sterk anti-regering, maar kan nie in die behoudende kamp geplaas word nie. Daar is inderwaarheid ‘n hele netwerk van kampe. Vir eenvoudigheidsonthalwe gaan ons net weer onderskeid maak tussen die twee hoogs vyandige kampe onder die blanke bevolking.  Kom ons sê daar is ‘n behoudende kamp, en ‘n liberale, goedgeposisioneerde, blanke monopolie kamp. Laasgenoemde noem ons die Doringbos na aanleiding van Nicolaas van Rensburg se profesie dat ‘n blanke geldmag-regering weer aan bewind gaan kom, een wat lyk soos ons (blankes), maar nie Boereharte het nie. Oor die laaste paar dae was die graad van felheid waarmee die Doringbos-media aanvalle teen Zuma en die regering geloods het, weer opvallend. Mens wil dadelik saampraat, saamstem, en jou bykans daarmee vereenselwig. […]

Hou Vas Jou Stoel Die Rit Raak Rowwer

Hierdie is ‘n baie interessante skrywe vanaf Front Nasionaal. Alhoewel ons mandaat verskil van hulle s’n, verduidelik dit die nuwe rewolusionêre denkrigting van die regering baie goed. Hou vas jou stoel – die rit raak rowwer deur Hannes Engelbrecht – Front Nasionaal Die ANC hou van 30 Junie tot 5 Julie ‘n nasionale konvensie by Galacher Estates in Midrand. Hier gaan die “National Democratic Revolution” bespreek word. Die besprekingsdokument vir hierdie sosialistiese, kwalik-bedekte kommunistiese byeenkoms voorspel niks goeds vir […]

Doringbos

Die Suid Afrikaanse blanke ‘establishment’ is hard besig om in die media die grond voor te berei vir ‘n nuwe regering. Dit is asof alles wat anti-Zuma is, dieselfde taal begin praat. Nuus24 berig vandag hoe dit nie net Zuma is wat die staat kaap nie, maar die hele ANC, en sinspeel dan daarop dat [...]