Suidlanders In Die Buiteland

Ons toerspan is nou byna 5 maande in die VSA. Terwyl alle ander organisasies daaroor praat om die volksaak in die buiteland bekend te stel, is die Suidlanders in Amerika van die een radiostasie na die volgende oppad. Ons het reeds honderde duisende mense in die buiteland bereik en ongekende steun verwerf. Weens beperkings op [...]

Deur | 28 Julie, 2017|Kategorieë: Ander, Belangrike Kennisgewing, Hoekom Suidlanders, Internasionaal, Media|

Kleur-Revolusie

David Mahlobo, die minister van staatsveiligheid waarsku dat Suid Afrika tekens begin wys van 'n Kleur-Revolusie. The ANC believes the threat of regime change is real and that South Africa already displays some of the elements of a “colour revolution”. https://mg.co.za/article/2017-07-05-talk-of-regime-change-is-not-a-scare-tactic-mahlobo Hy verduidelik dat hierdie regimeverandering met die hulp van Nie-regerings-organisasies (NGOs) gedoen word. “One, you establish [...]

Deur | 06 Julie, 2017|Kategorieë: Belangrike waarskuwing, Internasionaal|

Media Leuens

Tydens apartheid het die Westerse hoofstroommedia die blanke gemeenskap van Suid Afrika in 'n gevoel van skuld gedompel en die res van die wêreld teen ons gedraai deur valse beriggewing. Beriggewing wat vandag bekendstaan as "Fake News" Een van die groot voorstanders in hierdie veldtog teen apartheid tydens die 80's en 90's, was die nuusagentskap CNN van Amerika. [...]

Groter Prentjie

Die politieke speelveld in Suid Afrika is vir baie volksgenote ‘n bietjie meer kompleks as hoe dit lyk. Almal weet dat die regering ‘n totale warboel van wan-administrasie, onvermoë, en korrupsie is. Mens is geneig om twee kampe in die psige te wil vorm. Die pro- en anti-regeringskampe. Onthou dat dit meer kompleks is as dit. Die EFF is sterk anti-regering, maar kan nie in die behoudende kamp geplaas word nie. Daar is inderwaarheid ‘n hele netwerk van kampe. Vir eenvoudigheidsonthalwe gaan ons net weer onderskeid maak tussen die twee hoogs vyandige kampe onder die blanke bevolking.  Kom ons sê daar is ‘n behoudende kamp, en ‘n liberale, goedgeposisioneerde, blanke monopolie kamp. Laasgenoemde noem ons die Doringbos na aanleiding van Nicolaas van Rensburg se profesie dat ‘n blanke geldmag-regering weer aan bewind gaan kom, een wat lyk soos ons (blankes), maar nie Boereharte het nie. Oor die laaste paar dae was die graad van felheid waarmee die Doringbos-media aanvalle teen Zuma en die regering geloods het, weer opvallend. Mens wil dadelik saampraat, saamstem, en jou bykans daarmee vereenselwig. […]