SA Op Verhoogde Risiko

Die Fragile States Index (FSI) is ‘n jaarlikse takseringindeks wat stabiliteit in 178 lande bepaal. Hierdie indeks word vasgestel uit verskeie faktore wat stabiliteit bereken, en word weergegee deur ‘n faktor tussen 0 en 100. Faktore soos ekonomiese stabiliteit, effektiwiteit van sekerheidsdienste, stabiliteit onder die populasie en ‘n land se leierskap, word ondersoek om ‘n stabiliteitsfaktor aan ‘n land toe te ken. Suid Afrika het oor die laaste tien jaar drasties verswak in sy stabiliteit, en het nou ‘n “verhoogde waarskuwing” status bereik. Die stabiliteitsfaktor van 72.3 het vanaf 2007 verswak met 14.9 punte.  Slegs Senegal het ‘n meer onstabiele toestand as Suid Afrika onder alle lande wat nie tans in konflik of burgeroorlog verkeer nie. Die FSI waarsku: “Over the long term [South Africa’s] economic decline indicator in worsening from 2.8 in 2007 to 7.1 in 2017, has reflected the severe economic challenges facing the country.” […]

Desentralisasie: Die Uitkoms – Deel 2

Die groot gevaar van onstabiele omstandighede, en veral in ontwikkelde infrastruktuur-afhanklike lande, is populasiedigtheid. In ‘n baie lae populasiedigtheidsgebied is daar direk eweredige verhoogde landbou aktiwiteit. Waar populasiedigtheid kleinhoeweverspreiding is, is mense klaar geneig om groentetuine, klein hoeveelhede vee en pluimvee, boorgate en onafhanklik funksionerende rioolstelsels te hê. Wanneer populasiedigtheid verder afneem, soos in die platteland met plase en enkele klein dorpies, neem daardie landbouaktiwiteite en onafhanklike dienste soos watervoorsiening en riolering selfs meer toe. Die teenoorgestelde geld in stedelike gebiede, en selfs meer so in hoëdigtheidbehuisingskemas soos swart woongebiede. In hierdie gebiede word alle lewensbenodigdhede soos water, voedsel, sanitasie, ens. ‘ingevoer.’ Drinkwaterpypleidings met suiweringsaanlegte, rioolstelsels met rioolaanlegte, voedselverspreiding en verwerking wat swaar op padvervoer steun, kragvoorsiening -bykans altyd vanaf ‘n nasionale netwerk. […]

Opsaaltyd

Ons sien talle splintergroep-organisasies wat deesdae hul verskyning maak, almal met beloftes dat hulle nasionaal koördineer en in die verskriklikste omstandighede die wonderbaarlikste aksies sal kan uitvoer. Baie van hierdie voorgenome aksies is om in ‘n Coligny-situasie op te ruk en slagoffers van gewelddadige optrede te hulp te snel. Eerstens wil ons waarsku dat daar bitter moeilik by hierdie beloftes gehou sal kan word. Splinter organisasies beskik eenvoudig nie oor die ledetalle om in plattelandse gebiede noemenswaardige vermoë daar te stel nie. Tweedens moet u uiters versigtig wees vir omstandighede waar ‘n blanke groepering in ‘n konfrontasie met gewelddadige betogers te staan kom. Met hierdie waarskuwings in gedagte, wil ons aanbeveel dat u in die korttermyn  by gemeenskapsbeveiliging groepe inskakel. Vir die langtermyn is Suidlanders opgelei en geposisioneer om daardie gemeenskappe wat vlug as gemeenskap, te ontvang en te koördineer. Moet asseblief nie by die Doringbos (AfriForum en Solidariteit) wat u op ‘n politiese doodloopstraat bring soos hulle reeds in die verlede gedoen het, aansluit nie. As u by ‘n Landbou Unie wil inskakel, beveel ons TLU aan. Onthou net dat selfs met die volle reg tot selfverdediging en beskerming van u eiendom, daar in die huidige politiese klimaat tien teen een uit so ‘n konfrontasie munt geslaan sal word. Verskeie partye met anti-blank sentimente sal ‘n groot rasse-insident hiervan maak, en die blanke SAL aan die kort end trek. […]

Volksmoord Ontleed – Deel 4

Baie mense staar hulself blind teen die 8% stem wat Malema in die verkiesing behaal het. As ons in gedagte hou dat grootskaalse geweld eerder in Johannesburg-Pretoria omgewing sal uitbreek weens die hoë populasiedigtheid en infrastruktuur afhanklikheid in daardie gebiede, is dit dalk raadsaam om eerder na die 11% stem te verwys wat in daardie gebiede deur Malema behaal is. Verder moet ons in gedagte hou dat Malema ‘n sekere soort karakter trek. Hy vind besonder hoë aanklank onder die radikale jong individu. Met dit in gedagte, moet ons na die volgende feite kyk wanneer ons bereken wat die getalle is wat tot gewelddadige konflik sal toetree. […]

Volksmoord Ontleed – Deel 3

Klimaat Soos met die vorige skrywe genoem, gaan ons weer kyk na die getalle wat tans gereed is om toe te tree tot die konflik. Voor ons daarby kom, kyk ons eers na die klimaat wat nodig is, en waarin Suid Afrika tans verkeer, om so ‘n gewelddadige konflik te ontketen. Daar is verskeie gewilde teorieë wat indiep op die klimaat wat vereis word wanneer een faksie, ras, geloofsgroep of ander groep teenoor ‘n ander in konflik tree. Een van die meer gewilde teorieë staan bekend as die geleentheid-koste teorie (Opportunity cost theory.) Aanhaling uit The Households in Conflict Network deur The Institute of Development Studies, University of Susex – […]

Volksmoord Ontleed – Deel 2

Rewolusionêre Getalle Voor ons hoegenaamd oor die spesifieke hoeveelhede praat wat deur hierdie rewolusionêre haatspraak en daaropvolgende volksmoord gelok word, en hoeveel spesifiek aan so ‘n volksmoord kan deelneem, moet ons eers kyk na hoe relevant die getalle werklik is. Kom ons sê eerder dat ons moet bepaal wat die persentasie deelname kan wees en, belangriker as dit, hoef te wees, om ‘n noemenswaardige aanslag op die blanke bevolking te kan hê. Die volksmoord in Rwanda is na die dood van Rwandese President, Juvenal Habyarimana, deur 200 000 […]

Volksmoord Ontleed – Deel 1

Wie Dink Soos Hy? Hoe relevant is die radikale EFF optrede? U sal sien dat ons verwys na die EFF se radikale optrede, en nie die radikale uitlatings van hul leier, Julius Malema nie. Die rede hiervoor is eenvoudig, wanneer ons ‘n ontleding doen oor die moontlikheid van rassekonflik, en moontlik daaropvolgende volksmoord, moet ons ‘n deursnit gevoel begin kry van die bestaande groeperings in ‘n land en wat hul gedagtegang is. Wanneer Malema dus sê dat dit nog nie tyd is vir ‘n blanke volksmoord nie, en ons hoor ‘n skare van 50 000 wat dreun soos hulle juig, kan ons ‘n akkurate afleiding maak. Eerstens dat die oorgrootte meerderheid van daardie skare hou van wat hy sê en dus ‘n soortgelyke gedagtegang met hul leier deel. […]

Deur | 19 November, 2016|Kategorieë: Ander, Belangrike Ontleding, Belangrike waarskuwing, Beplande Rewolusie, Hoekom Suidlanders, Volksmoord|

Die Malema Gevaar

Mense is geneig om gereeld heen en weer geslinger te word tussen vrees en gemoedsrus. Klein uitlatingtjies of insidente laat sommige mense vreesbevange by die Suidlanders aansluit, waarna hulle weer vinnig spoed verloor en gemoedsrus oor ‘n dreigende toestand in Suid Afrika terugkry. Dit is belangrik dat ons na die onderliggende en bykans dormante, maar baie konstante, bedreiging kyk. Hierdie week, met Malema se radikale uitsprake van blanke volksmoord deur die EFF, is nie veel gevaarliker as verlede week se massa protes in Pretoria, of die week daarvoor waarin byna geen protesaksie plaasgevind het nie. Dit is bloot net meer sigbaar. Gister het Malema van die verhoog af erken dat ‘n volksmoord in die toekoms gepleeg gaan word, net nie nou nie. Daardie gedagte het alreeds by hom bestaan ‘n week gelede, ‘n maand gelede, en ‘n jaar gelede. Die feit dat hy dit gister gesê het, maak gister en vandag nie […]

Rewolusie Aanstekers Deel 2 – ICC Onttrekking

ICC Ontrekking Die Suid Afrikaanse regering het onlangs aansoek gedoen om te onttrek van die Internasionale Strafhof. Dit tree 1 jaar na die indiening van so ‘n kennisgewing in werking. Daar hoef nie eintlik veel daaroor gesê te word nie, want die aksie self verklap die doel. Redelik eenvoudig. Die regering of individue in die regering wil iets doen en wil nie deur die die Internasionale Strafhof vervolg word nie. Die Internasionale Strafhof het volgens kenners ‘n uiters swak vervolgingsrekord. Grootliks omdat regerings kort voor ‘n volksmoord gepleeg word van die Strafhof kan onttrek. Die Internasionale Strafhof het in elk geval bitter min sukses met die leiers wat nie die papierwerk wou doen om die ICC te verlaat voor volksmoord uitbreek nie. Syria. Egypt. Libya. The Democratic Republic of Congo. These are just a few of the countries where international crimes continue unabated. Nations where the perpetrators of impunity continue with their activities confident that there is little that the international community can do. In Kenya, two international crime suspects were elected to the two highest offices in the land [1]. Which then begs the questions: What went wrong with the enforcement of the resolutions of the Diplomatic Conference of Plenipotentiaries convened in Rome in 1998? [2] Apart from creating an administrative body based at the Hague and thousands of well paying jobs for the boys what else is there to celebrate about this treaty? https://acontrarioicl.com/2013/08/31/the-ineffectiveness-of-the-rome-statute/ […]

Deur | 01 November, 2016|Kategorieë: Belangrike Ontleding, Beplande Rewolusie, Volksmoord|

Drastiese Toename in Protesaksie

Deel asseblief hierdie video met almal. Dit is ‘n samestelling van beeldmateriaal van protesaksie vir die tydperk 25 Mei 2016 tot 8 Junie 2016 (14 dae.) Let daarop dat daar slegs vir 2/3 van protesaksies wat uitgestuur word, beeldmateriaal beskikbaar is, dus kom 1/3 van die protesaksies wat uitgestuur word nie in die video voor nie. Neem ook kennis dat beeldmateriaal van sommige protesaksies nie die ware […]

Deur | 08 Junie, 2016|Kategorieë: Ander, Belangrike waarskuwing, Beplande Rewolusie, Hoekom Suidlanders, Volksmoord|