Wat Staan U Te Doen? – Deel 4

In die laaste deel in hierdie reeks, kyk ons na wat u te doen staan om uself in ‘n beter posisie te plaas met die verwagting van komende anargie en rassekonflik in Suid Afrika. Die bestuursstrukture is in plek, terreine geïdentifiseer, roetes beplan, en tientalle ander aspekte is oor die jare afgehandel. Die laaste sleutel is wat u nou te doen staan. Elke blanke in Suid Afrika behoort eerstens in te skakel by die Suidlander Noodplan deur ‘n leier in u area te kontak en aktief te begin deelneem, of indien u verkies, deur elektronies op noodplan.co.za in te teken. Deur dit te doen sal u op hoogte kom van die beweegrigting tydens ‘n noodsituasie, die roetes wat hiervoor beplan is, en die bymekaarkompunte van waar daar in groter getalle na latere fases beweeg kan word. Verder is dit van karidinale belang dat u logisties onafhanklik kan funksioneer na ‘n vlugtelingsituasie plaasgevind het. Die tydperk waarvoor u moet voorberei is vir almal ‘n grys area. Meeste mense hoop vir ‘n jaar maar baie brei dit dan uit na tot 3 jaar. Dit mag dalk na ‘n onbegonne taak lyk, maar as u die inligting wat ons tot u beskikking stel volg, sal u sien dat dit oor ‘n tyd maklik haalbaar is. Hierdie voorbereiding gaan ons nie vandag in detail bespreek nie, aangesien dit volledig op noodplan.co.za beskikbaar is. […]

By | January 10th, 2017|Categories: Ander, Belangrike waarskuwing, Beplande Rewolusie, Hoekom Suidlanders, Voorbereiding, Water|

Watersekerheid

Ons kom agter dat mense nie die erns van drinkbare watertekorte besef nie. Winkelrakke kan binne enkele dae leeg wees, maar in die platteland is daar steeds vee, wild, aanplantings en graan in silos. Water kan op grootskaal onverkrygbaar raak of besoedel word. ‘n Mens is baie meer afhanklik van drinkbare water en kan binne dae, of in baie warm klimaatstoestande, binne ure begin dehidreer. Dit is uiters belangrik om watersuiweringsvermoё by u voorbereiding te voeg. Komende Saterdag vind daar ‘n Provinsiale Leierskonferensie in Pretoria plaas waar die watersuiweringsdruppels beskikbaar sal wees. […]

By | August 18th, 2016|Categories: Belangrike waarskuwing, Voorbereiding, Water|

Water En Sanitasie

AfriForum het sopas ‘n verslag bekend gemaak waarin hulle 132 dorpe se drinkwater getoets het. Hulle het ook gekyk na die gehalte van rioolwaterstelsels in 72 dorpe – 40% van rioolwaterstelsels suiwer nie water op standaard nie. Daar is selfs dorpe soos Belfast en Piet Retief waar water uit krane so vol E. coli is, dat dit glad nie gedrink kan word nie. Die oomblik as infrastruktuur ineenstort, sal drinkwater glad nie meer gesuiwer word nie, en riool regoor die land in natuurlike waterbronne invloei. Die water en sanitasie […]

By | April 21st, 2016|Categories: Belangrike Kennisgewing, Hoekom Suidlanders, Voorbereiding, Water|

‘n Rewolusie Wag Op Ons In SA – Deel 1

Wilhelm Jordaan: Gaan ons só voort, wag ’n revolusie op ons – Nuus24 Uiteenlopende redes word gegee vir die onlangse gewelddadige, vlammende proteste op verskillende universiteitskampusse. Dit wissel van egte studente se geldige griewe tot anargistiese kragte, aangevuur deur EFF-aanhitsers waarvan sommige nie eens […]

Riolering Gewaarsku

Suidlanders het in die verlede herhaaldelik gewaarsku dat die riolering-infrastruktuur ‘n veel groter gevaar inhou as ander tekorte in dienslewering. Baie lesers het hierdie waarskuwing ligtelik opgeneem aangesien riolering weinig aandag in die breëstroom media ontvang het. Vir die eerste keer nou, word die riolering probleem in Suid Afrika in die breëstroom media aangespreek. Vandag word daar berig deur die Naspers kanale dat ‘n rioolramp wag op Suid Afrika – dit is volgens die koerante die ingeligte […]

By | February 29th, 2016|Categories: Ander, Hoekom Suidlanders, Voorbereiding, Water|

Klein Jakkalsies

Mense is geneig om na die groot bekende faktore te kyk met betrekking tot ‘n komende verwagte anargie. Die groot goed wat uitstaan is Eskom se wankelende kragvoorsieningsinfrastruktuur, ons lekkende water infrastruktuur, kwynende ekonomie, werkloosheid, korrupsie, misdaad, duisende gewelddadige protesaksies ens. Hierdie is gewoonlik nie oorsake van anargie en rewolusie nie, dit is toestande wat die ontstaan van anargie vrugbare teëlgrond gee om in pos te vat en buite beheerbare vlakke uitkring. Die oorsaak is gewoonlik iets klein, soos ‘n klein vonkie die oorsprong […]

By | December 29th, 2015|Categories: Belangrike Ontleding, Eskom, Hoekom Suidlanders, Water|

A Brief, True, Story on Water

Today I sent my son to buy water purification tablets. He went to four different outdoor shops, big prestigious ones in a massive shopping centre in a Johannesburg northern suburb. They were all sold out. Every last one – at no less than four of the biggest camping shops in the whole of Africa! The guys behind the counters reckoned to my son that they cannot keep up with demand at the moment. Taking a chance on what might satisfy me, he asked them all if they had life-straws instead, but apparently […]

By | December 1st, 2015|Categories: Ander, Hoekom Suidlanders, Water|

Kos en Water

Die land draai nou letterlik op sy kop. Die Londense Ekonoom van die beleggersgroep Nomura, Peter Attard Montalto sê dat die swak onderhoud en verbrokkelende water-infrastruktuur al jare wag om in duie te stort. Hy vergelyk die waterkrisis in Suid Afrika met die 2008 Eskom krisis. Die rede vir die enorme waterkrisis in Suid Afrika is nie as gevolg van die droogte wat tans heers nie. Die droogte het slegs die kwesbaarheid in die stelsel uitgewys. Gaan lees gerus die artikels wat ons oor die laaste jare in verband met water risiko geplaas het. Dit wat nou gebeur, het ons letterlik met profetiese akkuraatheid voorsien. Ons het […]

By | November 11th, 2015|Categories: Voorbereiding, Water|Tags: , , , , |

Watertekorte

Volgens Dr. Francois Engelbrecht van die Die Raad vir Wetenskaplike en Industriële Navorsing, gaan SA hierdie jaar die warmste jaar ervaar wat nog op rekord was. Dr. Engelbrecht noem dat temperature elke 2 tot 7 jaar abnormaal hoog is, maar dat hierdie jaar buitengewoon hoë temperature sal hê wat in Desember sy hoogtepunt sal bereik. Damme is reeds ongeveer 55% vol in Gauteng in vergelyking met 80% verlede jaar. Die vooruitskatting vir vanjaar is ‘n baie lang en droë somer. […]

By | October 31st, 2015|Categories: Belangrike Ontleding, Kos, Voorbereiding, Water|

Gif In Die Water

Ernstige waterskaarstes en beurtwater is Suid Afrika se voorland. Maar dit is belangrik om te besef dat selfs die bruikbare water in Suid-Afrika klaar tans in ‘n proses van vergiftiging is. Ons waterkrisis is nie ‘n krisis van die toekoms nie, dit staar ons nou reeds in die gesig.Voorbereiding vir suiwering gaan moontlik nog met water in die kraan gedoen moet word, voordat ons nog in die veld is, en die vermoë om kraanwater te suiwer moet nou al geskep word. Maak seker dat u watersuiweringsmetode van so aard is dat dit saamgeneem kan word in ‘n […]

By | July 30th, 2015|Categories: Water|