Komende Rewolusie

[fusion_builder_container hundred_percent=”yes” overflow=”visible”][fusion_builder_row][fusion_builder_column type=”1_1″ background_position=”left top” background_color=”” border_size=”” border_color=”” border_style=”solid” spacing=”yes” background_image=”” background_repeat=”no-repeat” padding=”” margin_top=”0px” margin_bottom=”0px” class=”” id=”” animation_type=”” animation_speed=”0.3″ animation_direction=”left” hide_on_mobile=”no” center_content=”no” min_height=”none”]

Adjunk-sekretaris-generaal van die SAKP, Jeremy Cronin
Adjunk-sekretaris-generaal van die SAKP, Jeremy Cronin

‘n Paar dae gelede het Julius Malema die Suider-Afrikaans-Duitse Kamer van Handel en Nywerheid gewaarsku oor ‘n komende rewolusie. Volgens hom gaan die rewolusie wat in die universiteite geheers het oorspoel na die fabrieke, dit na Malema hom blykbaar by die vakbondfederasie Cosatu geskaar het met ‘n beplande nasionale protesaksie vir ‘n minimum loon volgende jaar. “Werkers gaan ‘n minimum loon eis in die fabrieke.”

Hierby het Malema nou erken dat Jacob Zuma nie kan bekostig om beheer te verloor oor die ANC nie aangesien hy vrees dat Cyril Ramaphosa hom sal laat arresteer as Ramaphosa aan bewind kom. Volgens Malema is dit ook die rede waarom Zuma verkies dat sy vrou as president verkies word.

Daarby het die adjunk-sekretaris-generaal van die SAKP, Jeremy Cronin vandag bekend gemaak dat die gewelddadige protes wat voortslepend by universiteite voortduur en waar verskeie voertuie en geboue die naweek afgebrand is, georkestreer is deur die EFF.

Hy het ook gesê dat daar ‘n derde party van buite betrokke is wat die rewolusie dryf en finansier. “The protest are being financed by an outside group of anarchists” Hierdie is ‘n sterk aanduiding dat daar ander magte betrokke is wat finansieël bydrae om ‘n gekoördineerde rewolusie te loods.

Die uitlating van Malema laas week dat daar ‘n ongeleide rewolusie kom, is moontlik ‘n poging om die aandag weg te lei van die feit dat dit juis aangedryf en gefinansier word en dat hy self daarby betrokke is. Dit sou vir Malema ‘n voorsorgmaatreël wees om nou al ‘n komende rewolusie te erken, maar te meld dat dit nie onder leiding van enige spesifieke partye gaan geskied nie.

Ons het voorheen reeds aan u bekend gemaak dat daar Westerse invoede van oorsee betrokke is met die finansiering van hierdie komende rewolusie Dit is ook telkemale deur swart politieke leiers en elite erken dat daar Westerse belange is by die finansiering en aanhitsing van ‘n rewolusie.

Dit sluit baie goed aan by die projeksies wat ons gemaak het in die Suidlanders Verklaar Oorlog reeks waarin ons gesien het hoe die blanke kapitale geldmag alreeds posisioneer om in tye van ‘n komende rewolusie ‘n tussentydse reging daar te stel. Dieselfde Westerse invloede wat Malema dryf om ‘n rewolusie te begin, gee ook instruksies aan die Suid Afrikaanse geldmag deur middel van die Broederbond om hul vir daardie rewolusie te posisioneer.

Malema sal eenvoudig in hierdie spel ‘n pion wees en die blanke geldmag in Suid Afrika sal weereens die voordeel daaruit trek ten koste van die behoudende gemeenskap.[/fusion_builder_column][/fusion_builder_row][/fusion_builder_container]