Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-Ekonoom

Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-Ekonoom

Bekende landbou-ekonoom, Fanie Brink, het ‘n meestersgraad in landbou-ekonomie en meer as 40 jaar ondervinding in landbou. As senior ekonoom en Adjunk-Hoofbestuurder: Navorsing en Ontwikkeling by Graan SA tot en met 2006, dra sy projeksies van landbou in Suid Afrika baie water.

Wat Fanie Brink egter nou identifiseer, is nie net kommerwekkend nie, maar presies in lyn met die Suidlander projeksies van ‘n intensionele georkestreerde verval van stabiliteit deur die komende Doringbos regering. In hierdie geval, soos wat Fanie Brink hieronder verduidelik, word hierdie kommunistiese verval bewerkstellig deur die medewerking van een van die AB lakeie – AfriForum.

Fanie Brink waarsku dat “die ANC se grondbeleid asook Agri SA se nuwe sosio-maatskaplike strategie in totaliteit verwerp moet word.” Hy sê dat “die ANC vryheidsmanifes die oorsprong van die kommunisties-georiënteerde grondhervormingsbeleid is en dat dit suiwer op ‘n sosialistiese, kommunistiese bestel afstuur.” Hy sê verder dat “die ANC sy sosialistiese en kommunistiese doelwitte sal nastreef totdat die land se bates, asook sy goud en buitelande valuta reserwes totaal vernietig en uitgewis is. Dan sal alles in duie stort.” Hy waarsku dat “dit in daardie stadium te laat sal wees vir georganiseerde landbou wanneer hulle besef dat hulle die kommersiële boere met hulle nuwe sosio-maatskaplike strategie uitverkoop het.”

Wat Fanie Brink hierin identifiseer, is dat Agri SA met sy nuwe beleid besig is om in werklikheid saam te werk aan ‘n kommunistiese verval.

Is dit dalk moontlik dat die Doringbos regering homself reeds baie goed geposisioneer het vir ‘n magsoorname wanneer so ‘n verval deur sy AfriForum-lakei aangehelp is?

Volgens Fanie Brink “…het die tyd aangebreek dat georganiseerde landbou sy voorwaardes op die tafel sit en geen verdere regerings/Afriforum beleid aanvaar sonder daadwerklike en openlike teenstand en verset nie.”

Die rooi ligte flikker helder wanneer akademici duidelik identifiseer dat ons binnekort, soos oom Nicolaas dit stel, van alles gestroop sal wees. Mag die Vader ons bewaar.