Recep Tayyip Erdoğan - Turkse President

Recep Tayyip Erdoğan – Turkse President

Turkse magte is ‘n geruime tyd al in Syrië ontplooi. In Syrië voer Bashar Hafez alAssad ‘n stryd teen IS, en dit is alombekend dat die Weste graag Bashar al-Assad wil onttroon. Turkye het byvoorbeeld baie moeite gedoen om homself by NAVO, die Westerse Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie, ingelyf te kry. Aan die ander kant is Rusland Bashar al-Assad goedgesind, en het daarom self betrokke geraak om ISIS se rebellemagte wat teen al-Assad veg, aan te val.

Dit het Amerika met ‘n rooi gesig gelos, aangesien hulle kamstig al maande teen IS veg, sonder veel sukses. Rusland het vinnig veld gewen teen ISIS magte.

Nou broei die potensiaal verder om verskeie partye in ‘n Derde Wêreld Oorlog situasie in te lok. Erdogan het hierdie week verklaar dat hy Syrië binne gegaan het met die uitsluitlike doel om al-Assad se regering omvêr te werp – “We entered [Syria] to end the rule of the tyrant al-Assad… [We didn’t enter] for any other reason” – sê die Turkse president die week in.

Woensdag het die Russiese president, Vladimir Putin, ‘n oproep na Erdogan gemaak. Volgens Yury Ushakov van die Kremlin het Putin die uitlating met Erdogan bespreek “I can only say that a telephone conversation between our president and Erdogan took place yesterday and the topic [of Turkey’s presence in Syria] was addressed. Yes, he (Erdogan) gave an explanation.”

Teen gister het die Turkse minister van Buitelandse Sake, Mevlut Cavusoglu dat die operasies wat Turkeie tans in Syria voer, slegs gemik is teen die Islamitiese staat (voorheen ISIS)

Hierdie blyk ‘n baie strategiese skuif vir Putin te wees. Aangesien daar nou ‘n voorneme vanaf Erdogan aan Putin gemaak is dat die operasies in Syrië slegs teen IS gevoer word, sal dit vir Putin net meer morele hoëgrond bied om Turkye aan te val indien Erdogan besluit om teen sy voorneme op te tree, en Bashar al-Assad te onttroon.

Die gevaar hierin is natuurlik dat Russiese militêre toetrede in Turkye, reaksie vanaf NAVO lidlande sal uitlok, aangesien Turkye by die NAVO lidlande ingelyf is. NAVO sal moontlik Amerikaanse magte versoek om dan teen Rusland op te tree. Dit kan veroorsaak dat Rusland en Amerika in direkte militêre konflik betrokke sal raak.

Iets wat Trump ten alle koste sal wil voorkom. Hillary Clinton het in haar verkiesingsveldtog te kenne gegee dat sy nie sal skroom om teen Rusland in militêre konflik betrokke te raak nie. Daar is klaarblyklik baie planne van die wêreld geldmagte wat geskoei is op so ‘n konflik.

Die stryd agter die dekmantels word nou op ‘n spits gedryf. Sonder dat ons of u die fynere detail hiervan verstaan, moet ons in gedagte hou dat die implikasie vir Suid Afrika op grootskaalse onstabiliteit sal uitloop.