‘n Boodskap Van Buite

vanVir etlike jare het ek die voorreg gehad om as deel van ‘n span ‘n onafhanklike adviesdiens  aan die Suidlander Bestuur te lewer. Die blokke vanwaar hierdie organisasie weggespring het, was so polities korrek geplaas dat die organisasie deur die jare sonder uitsondering geposisioneer was en verseker steeds is om die hoëgrond te behou.

Deur breëstroom media uitsprake aan te haal in plaas van eie menings, het die Suidlanders hulle altyd teen “uitspraak aanklagtes” geskans (Die aanval teen Steve Hofmeyr ). ‘n Verbod op, of weerhouding van Suidlander sosiale blaaie waar die algemene publiek ongereguleerd opinies en uitlatings kon maak was hulle behoud (Die aanval teen Sunette Bridges). Hul skugterheid om met ander regse organisasies te assosieer het hul beskerm teen vervolging deur assosiasie. (Talle ander regses se ondergang)

In die verlede kon agente dikwels vervolging bewerkstellig deur eenvoudig die assosiasie wat tussen regses en provokateurs bestaan, aan te voer as medepligtigheid. Dit is net ‘n paar voorbeelde van hoe nougeset en gedissiplineerd die Suidlander Bestuur hul bestaanspaadjie geloop het.

Selfs die raamwerk waarin die Suidlander noodplan ontwerp is, die beginsels wat hier toegepas is, die projeksies waarop dit gebasseer is, ens. is met militêre presisie uitgevoer. Miskien vanweë die kundigheid betrokke, miskien vanweë die geestelike leiding. Die noodplan soos hy vandag daaruit sien, is ‘n strategiese, militêre en praktiese meesterstuk.

Die ietwat komiese gevolg wat dit op ‘n string groeperings, organisasies en kommentators gehad het, het my vandag spesifiek opgeval. Ek dink terug aan die tye toe die enigste aanval teen die Suidlander ideologie, ‘n aanval teen Gustav Müller se persoonlike lewe was. Iets wat hy en die wat hom ken, baie komies gevind het. Nie net was dit ‘n swak opsie nie, dit was die enigste. ‘n Alternatief vir die vyand sou wees om die feitlikheid van die Suidlander boodskap te bevraagteken of om die noodplan, veral in daardie beginfase verspot te maak. ‘n Taktiek wat wel gevolg het na die vyand gesien het dat persoonlike aanvalle teen Gustav nie water hou nie. Die man werk op grondvlak, die mense ken hom.

Die aanslag teen die feitlikheid van Suidlander projeksies oor komende onstabiliteit, asook die werkbaarheid van die Suidlander noodplan, het ook net ‘n rukkie gehou. Dit was egter vir ‘n tyd suksesvol en het veroorsaak dat elkeen met ‘n opinie van sy eie moes kant kies.

Sommige, die meer gewaagde vrysinniges het eenvoudig ontken dat daar enigsins ‘n bedreiging bestaan. Ander, meer regs van aard, het toegestem maar het drasties hul misnoë teen ‘n ontruimingsplan bekend gemaak. Gewoonlik met soveel tipiese regse entoesiasme en vyandigheid dat hul alternatiewe planne soos “ons gaan veg” “ons grawe in” “ons beskerm ons dorp” letterlik sinoniem met hierdie groepe geword het.

Gelukkig was daar ook duisende wat Gees gelei die boodskap soos in ‘n verlossingspreek ontvang het, ingeskakel het en is hulle vandag in die beste posisie wat menslik bekom kan word.

Elkeen het kant gekies, elkeen het sy mishoop gestapel, en elkeen sit nou vierkantig daarop, onmoontlik om daar af te klim sonder ‘n bloedrooi gesig.

Die blatante naakte waarheid wat nou in die media sigbaar raak ten opsigte van ‘n verwagte nasionale sekerheidstoestand het finaal al die data op die tafel geplaas. Die regering gooi miljoene rande en hope kundigheid in “war rooms” waar voorheen tong in die kies terme soos “ontruiming, veilige bestemming, beskerming van strategiese punte en ‘boots’ op die grond” nou skielik huishoudelike terme is.

Die CIA, die mees verbete intelligensie diens ter wêreld stel ‘n ontruimings noodplan saam vir hul SA Ambassade personeel wat tot op die jota en tittel soos ‘n Suidlander noodplan lyk.

Die Suidlander denkrigting is so blatant “in your face” regoor die breëstroom media geplak, dat ek nie anders kan as om met ‘n sadistiese “grin” en ‘n vraagteken houding na die Suidlander kritici van ouds te kyk nie.

Waar’s julle nou mense? Gee ons ‘n spotprent van die VS Ambassade met Venter sleepwaens Scoop. Skryf ‘n berig oor blikkies kos in die bunkers van Nkandla. Al julle ander organisasies met julle anti-Suidlander noodplanne, gaan vra die CIA hoekom hulle nie ingrawe in die Ambassade nie. Julle weet hulle sekuriteit word gedoen deur Amerikaanse soldate, gewapen tot die tand. Daai ouens het meer vuurkrag as ‘n Suid Afrikaanse infanterie basis.

Die liberales is nou stil, daar word letterlik nie ‘n woord oor die Suidlanders gerep nie. Gaan “Google” dit, jy kry regtig nie ‘n vars plasing waarin die Suidlanders genoem word nie.

Sal erkenning so pynvol wees? Die ander noodplanne, Suidlander teenstanders, is ewe stil. Letterlik te bang  dat iemand sê “hulle het mos so gesê.” Bely en erken eerder nou dat die Suidlander noodplan die enigste opsie is, staan nou met rooi gesigte, voor julle onder duisende vlugteling oe moet verantwoording doen, die rooi is dan dalk nie skaamte nie maar bloed. Om in die hand van misleide mense te val is gevaarlik.

Dit is maklik mense. Doen die belydenis. Wees mans genoeg. Die liberales, dat die Suidlanders honderd persent sekuur was. Die ander regses, dat daar tog net een noodplan bestaan, en hy is klaar gevat. Doen die belydenis en steek julle trots in julle sakke. Daar is geen beter opsie in die toekoms nie. Die omstandighede sal dag na dag net meer en meer in die guns van die Suidlander projeksies en noodplan tel. Kies julle kant reg, want soos die SL Onderleier altyd se “eventually you will be beaten into submission.”

Dr. Warmenhoven