reus2Dan sê oom Nicolaas van Rensburg, sien hy ‘n selfaangestelde regering wat soos ons lyk, maar nie boere harte het nie. Eers weet ons nie of ons moet lag of huil nie, maar dan sien ons niks het verander nie.

Daardie woorde “ons weet nie of ons moet lag of huil nie,” spreek boekdele. Ons sien duidelik in daardie regering elemente van lag en elemente van huil. Mens kan nie anders as om met daardie gesig te identifiseer wanneer jy deur die tientalle artikels lees wat die laaste week in die breёstroom media verskyn het nie.

Kom ons kyk eers na die gelag:

Met die aanloop tot die verkiesing het al wat liberalis in Suid Afrika, met ‘n byna aansteeklike (konserwatiewes moet pasop vir hierdie aansteeklikheid) opgewondenheid begin jubel oor die vooruitgang wat die DA by die stembus gaan maak. ‘n Erg misplaaste opgewondenheid in ‘n party wat deur Praag in ‘n baie insiggewende artikel as links-liberale sosialisme beskryf word. ‘n “Keerpunt” in die Suid Afrikaanse politiek wat, volgens Max du Preez, ons nou ‘n nuwe volwassenheid in party-politiek besorg het.

Die land is inderdaad, weens daardie hoogs aansteeklike siekte, nou heeltemal ontslae van al sy probleme. Die puik groei wat die DA in sy kieserstal beleef het, het wonderbaarlik die kragkrisis, waterkrisis, rioolkrisis, ekonomiese groei krisis, misdaad krisis, korrupsie krisis, en al die ander krisisse in ‘n oogwink opgelos.

Toe kom die huil. In wat Skoppensboer in ‘n briljante artikel soos volg verduidelik, klim die DA en EFF toe in wat Sydney Gregan noem, ‘n huwelik uit die hel.

Skoppensboer skryf die volgende: “James Selfe het egter nou die kroon gespan op die absurd kapperjolle van ons narpolitici deur te verklaar dat die DA en EFF tog te lekker gaan saamwerk. ‘Daar was uiteraard skerp ideologiese verskille maar ons het tog gevind dat daar sterk ooreenkomste is. Nadat ons verskille in taalgebruik in die onderskeie manifeste ontleed het, het ons agtergekom dat daar eintlik merkwaardige ooreenkomste is.’ Nou ja, daar het u dit, tussen die Marxisme-lennonisme en Fanonisme (Frantz Fanon was so min of meer ten gunste daarvan dat blanke koloniste voor die voet doodgemaak moet word ten einde die psiges van die “gekoloniseerdes” te reining.) Van die EFF en die DA se (Pseudo-) liberale “oop samelewing” haper slegs enkele “verskille in taalgebruik.” Een van die dae doseer hulle seker by die “getransformeerde” Suid Afrikaanse Universiteite wat deur die EFF-Jeugbevel op horings geneem is, die werke van Carel Marx-Popper. Na die Groot Versoening het ons agtergekom dat liberale demokrasie en kommunisme eintlik dieselfde ding is, en dat die diktatuur van die proletariaat moes plek maak vir die heerskappy van die holkoppe.”

Een van die vereistes vir die EFF om in ‘n koalisie met die DA te gaan, was natuurlik onteiening van grond. Ander ook, maar kom ons praat oor die een. Na die DA ‘n paar terme in die manifeste aangepas/verduidelik het, kom hul agter dat hul soveel ooreenkomste het, soveel dat hulle toe klaarblyklik ingestem het op onteiening, net verskil oor die metode van toepassing.

Dieselfde DA wat die land aant singe het, maak moontlik ‘n ‘deal’ met die een wat die singende ondersteuners die see wil injaag. Dit is die huil gedeelte in die koalisie wat kom. Ons kan opreg sê dat baie in SA vandag nie weet of hy moet lag of huil nie. Die akkuraatheid waarmee oom Nicolaas die oprigting van die Doringbos regering uitgebeeld het, kan in byna poёtiese wyse in vandag se koerante waargeneem word.

Vir slegs ‘n handjievol ingeligdes word daar nie tussen lag en huil gependulum nie. Vir die wat hul vertroue in die Vader en in Sy profete – Bybels en modern – plaas, lê die toekoms duidelik sigbaar. Vir ons weet ons reeds dat, ongeag van wat deur ‘n stembus bereik word, niks verander nie. Ander sal dalk seker later agterkom dat, soos oom Nicolaas gesê het, niks toe nou verander het nie.