leierskonferensie-gautengSuidlander bestuur en talle personeellede werk die afgelope ses weke aan herstrukturering van ons Suidlander strukture. Hierdie herstrukturering met ‘n aantal interessante aanpassings by die Suidlander inisiatief gaan toelaat om uitmuntende groei te toon.

Daar is ook tientalle poste wat beskikbaar raak met hierdie veranderinge. Hierdie nuwe vaartbelynde strukture is vandag in Johannesburg in ‘n konferensie bekendgestel. Oosrand, Wesrand, Vanderbijlpark, Pretoria en Mpumalanga provinsies is hierby betrokke.

‘n Saal vol leiers het die konferensie terdeё geniet en almal is baie positief oor wat vir die Suidlander inisiatief beplan word. Ons gaan vandag se konferensie gebruik om DVD’s saam te stel wat ons dan aan alle provinsies sal uitstuur sodat hierdie aanpassings ook daar ingestel kan word.

Ons verwag ‘n drastiese groei in die provinsies waar hierdie strukture sopas ingestel is. Sorg dat u so spoedig as moontlik hierdie DVD’s aan al u leierskap bekendstel. As u lank talm, gaan u provinsie agter raak.