oorlewingsitemsSigaretaanstekers – baie mense koop vuurhoutjies, flint en ander vuurmaakitems vir oorlewing in die veld. Navorsing het getoon dat ‘n sigaretaansteker die effektiefste voorbereidingsmiddel vir vuurmaak is.

Alluminium foelie kan vir ‘n hele lys van gebruike aangewend word soos vir isolasie, om kos te stoor, om kos te kook, vir refleksie, ens.

Fiets – elke keer wat u voertuig gebruik moet word, selfs vir kort afstande, gebruik u brandstof. Elke meter wat u met ‘n fiets aflê, spaar daardie brandstof.

Kalenders – sonder die gebruik van elektroniese toerusting, raak dit moeilik om te beplan, rekord te hou van belangrike datums en by te hou met datums.

Potyster kookware – Ander dunner potte hou nie as daar oor ‘n oop vuur kos gemaak word nie.

Voorbehoeding – anargie gaan langer as 9 maande duur.

Iets waarmee fisiese aktiwiteite gedoen kan word, rugbybal, krieketstel, ens. Dis ‘n uitstekende teenvoeter vir spanning en stres.

Veiligheidsbrille en handskoene. In tye van anargie kan u geen risiko vir beserings loop nie.  ‘n Klein snytjie of ‘n splinter in die oog kan lewensgevaarlik raak.

Papierborde – dit los sanitasie en watertekort probleme op.

Sanitêre doekies. Hierdie is ‘n baie belangrike artikel vir vrouens se sanitasie en werk ook goed as ‘n wondbedekking.

Die doel van hierdie pos is om u te prikkel om te begin dink oor watse noodsaaklike items ons in die verlede nie vanselfsprekend by ons voorbereidingslyste geplaas het nie. Stuur asseblief u bydrae na navrae@suidlanders.co.za