Nuwe Lede

Hiermee net weer ‘n bekendstellingsbrief vir die talle nuwe lede wat daagliks by ons inskakel. Die Suidlanders het jare gelede geïdentifiseer dat daar weens verval van dienste en infrastruktuur ‘n totale ineenstorting sal plaasvind. Omdat SA ‘n industriele ekonomie is, is miljoene mense afhanklik van hierdie dienste. As krag, riool, voedsel produksie, water, polisiëring en enige ander sulke sleuteldienste sou verval, sal grootskaalse geweld regoor die land woed. Die beste kans op oorlewing in sulke tye vir ‘n minderheidsgroep soos die blankes, is om uit hoë digtheidspopulasie gebiede te ontruim na die platteland.

Derduisende ure is deur duisende mense belê om die mees geskikte gebiede te identifiseer. Net soveel tyd is spandeer om ‘n sleutelgroep van ‘n paar duisend mense as personeel op te lei wat vlugtelinge in hierdie gebied kan ontvang en bestuurstelsels kan implementeer om sleutelinfrastruktuur in ‘n werkende toestand hier te hou. Dit is die Suidlander Noodplan.

Van u word die volgende verwag:

Indien dit moontlik is, skakel in om opleiding te ontvang sodat u deel kan uitmaak van hierdie personeelspan. Dit sal u tydens anargie in ‘n baie gunstige posisie plaas. Indien nie, is dit van kardinale belang dat u persoonlik voorbereid is om vir ses maande tot ‘n jaar totaal onafhanklik te wees in terme van kos, vervoer (brandstof), akkommodasie (kamp vermoë), medikasie, watersuiwering ens. Wêreldwyd sien ons hoe daar tydens anargie miljoene mense vlug met net die besittings wat hulle in hul hande kan dra. ‘n Massa blanke vlugteling situasie sal dus weens die Suidlander insisiatief oor die laaste 12 jaar baie anders lyk as die foto hierbo.

Om ingelig te bly is dit belangrik dat u inskakel by die Suidlander SMS stelsel teen R89 p/m deur u kontaknommer te epos na [email protected] of SMS na 071 483 0132. Hierdie stelsel het drie hooffunksies. Om u daagliks op hoogte te hou van die nuutste relevante nuusgebeure, om u op hoogte te hou van gewelddadige protesaksies en groepering in u direkte area, en om belangrike informasie soos roetes, aanvalle, ens. deur te gee tydens ‘n vlugsituasie.

Skakel in by ons groepe – kyk op die Suidlander webtuiste onder KONTAKTE en skakel ‘n leier naby u om by ‘n groep betrokke te raak.

Dit wat die Suidlanders reeds 12 jaar gelede geïdentifiseer het, is vandag so voor die hand liggend dat grootskaalse voorbereiding ten koste van miljoene rande tans gedoen word deur talle organisasies, stadsrade, ambassades, banke, selfoon diensverskaffers, Eskom, hooggeplaastes soos parlementslede… en Zuma.

Op hierdie stadium is die enigste inisiatief wat homself beywer vir die blanke individu, die Suidlanders. Deur nie deel hiervan te wees nie, grens aan growwe nalatigheid.