reus2Die volgende lesersbydrae illustreer baie goed hoe die Doringbos-filiale kant gekies het. Die twee kante ter sprake is baie belangrik hier. Terwyl die opregte Boer die kant van die Vader, Sy reëls, en Sy Bybel kies en in konserwatisme daarby staan, is dit duidelik dat hierdie Doringbos-instansies die kant van die wêreld gekies het.

Wanneer jy jou vir geld beywer, sal jy altyd aanpas soos wat die wêreldse instellings konstant doen. Wanneer jy egter vir ‘n volksaak en vir die Vader staan, is jou wêreldbeskouing ‘n konstante. Geen wonder die Suidlander saak het rigtingvas vooruit gegaan sonder enige kompromieë.

Lesersbydrae:

Hier is twee skakels na twee nuusberigte wat Afriforum in hul Maroela Media nuusblad geplaas het, wat ek wil deel:

http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/homofobiese-pastoor-sa-verbied/

http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/baptiste-kerk-distansieer-homself-van-homofobiese-pastoor/

Dit handel grootliks oor die Amerikaanse pastoor Steven Anderson (wat onder andere, sterk teen Gays en Lesbiërs te velde trek) en wat deur die Regering Suid-Afrika verbied is. Die opskrifte van die twee berigte alleen, laat by jou weinig twyfel oor wat Afriforum se beskouing oor hierdie gruwel voor God, werklik is.

Waar Maroela Media normaalweg kommentaar toelaat by sy nuusberigte, is kommentaar in beide die gevalle geblokkeer. Hierdeur het hulle natuurlik hewige debatvoering onder hul lesers voorkom en verhoed dat die ware standpunt teen Gays en Lesbiërs, aan die lig kom. Hulle bewys hulself hierdeur as deel van die NWO en NWG, wat teen die Bybel en God se afkeur in Gays en Lesbiërs, diesulkes in watte toedraai en beskerm teen openbare kommentaar. ‘n Mens hoef nie ‘n politieke analis te wees, om die bedekte agenda agter dit, te eien nie!

Ek monitor daagliks nuus kanale oor die hele spektrum van die politieke arena, beide plaaslik en internasionaal, in ‘n poging om die die kaf van die koring te skei en so ‘n beter prentjie op daaglikse gebeure te verkry. Hierdeur kom veral twee aspekte duidelik na vore:

 Hoe effektief die totale media wêreldwyd, deur die aanhangers van die NWO gemanipuleer word en     hoe duidelik dit manifesteer in ons Suid-Afrikaanse situasie met ‘n duidelike poging om die suiwer Woord van God as uitgedien, homofobies en irrelevant te probeer afmaak

Die nuus vandag, is so verdraaid en verdoesel om die pad van die antichrist te plavei, dat dit vir die gewone mens byna onmoontlik raak om tussen waarheid en fiksie te onderskei en dan besef jy, na alles gesê en gepubliseer is, waarom nog wonder wat werklik agter die skerms beplan word, en kom God se advies duidelik deur:

 Fil 4:6 “Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.”

Naam weerhou.