Druppel klaar10 – 15 Jaar gelede was dit baie moeilik vir  mense om te glo dat totale anargie moontlik is. Daar was selfs ‘n bespotting gemaak van die wat voorgestel het dat dit ons voorland is. Daardie dae was almal nog gefokus op die nuwe reënboognasie en beloftes van voorspoed. In daardie dae het Gustav Muller met geestelike leiding en bewyse van rewolusionêre tekens in Suid Afrika mense begin waarsku. Vêrsientheid is ‘n besondere leierseienskap.

Soos genoem is daar deur die meeste ‘n bespotting van die waarskuwing gemaak. Die waarskuwing is by sekere mense deur die Gees bevestig en hulle het by die Suidlanders ingeskakel. Ten spyte van die wêreldse teenstand, veral in die media (wat vandag tjoepstil is oor ons) het mense begin aansluit. En vandag is daar baie aktiewe en bekwame Suidlander leiers en bestuur met ‘n groot basis van aktiewe lede. Saam vorm ons vandag ‘n Suidlander ‘familie’ wat saamstaan. Ons moedig steeds mense aan om aktief by groepe in u omgewing aan te sluit omdat dit aan u die beste opsies beskikbaar stel in noodgevalle.

Intussen het daar ook mense op hulle eie in stilte met hart en Gees by die Suidlanders aangesluit en begin voorberei. Daar is baie uitstekende Suidlanders daarbuite wat niemand eers van weet nie, wat eendag ‘n baie belangrike rol in hierdie volksaak sal speel. Ons probeer ons bes om ook daardie egte lede te akkommodeer met die Suidlander Webtuiste, NoodSMS stelsel en veral die Noodplan.co.za sodat daardie Suidlander presies kan weet waar om ons te kry as die dag aanbreek. Die Suidlander Kollege sal help om daardie Suidlanders met soveel as moontlik kundigheid uit te rus vir die “dan”. Die aktiewe lede sien uit om eendag daardie lede by hulle punte te ontvang.

Vandag, in teenstelling met die verlede, is die tekens baie moeilik om te ignoreer. Selfs die gehardste ontkenners van waarheid moet vandag bieg dat anargie nie net moontlik is nie, maar baie waarskynlik. Die ergste is, hulle bied geen uitweg nie, en meeste se oplossing is “moenie worry nie”.

Ons is vandag besonders inlig om ons geliefdes te kan waarsku teen wat kom. Ons het die statistiek, die beeldmateriaal, die bevestigde protesaksie statistiek en die uitsprake deur prominente figure tot ons beskikking. Nou waarsku die wêreld, maar bied die Suidlanders die uitweg.

As u geliefdes vandag met negatiewe praatjies om die braaivleis vuur kom, kan u vir hulle se: “Man, hou op so negatief wees. Skakel in en wees gereed.”