noodplanOns wil graag hiermee sommer weer ‘n vinnige oorsig gee oor die Suidlanders se Noodplan.co.za webtuiste en hoe dit werk.

Ons kry baie aansoeke op die Noodplan.co.za webtuiste, maar diegene wat op die NoodSMS stelsel is, vergeet soms om ‘n e-pos adres te SMS na 063 863 5000. Dit is belangrik om u e-pos adres te SMS na bogenoemde nommer nadat u ‘n profiel geskep het, sodat ons dit kan verifieer.

U moet ‘n lid wees van die Suidlander NoodSMS stelsel (koste beloop R69 p/m en word per debietorder verhaal) om toegang te kry tot die Noodplan.co.za webtuiste. U kan hierdie skakel volg om die debietorder aanlyn te voltooi: https://www.suidlanders.co.za/argief/nood-sms/

Nadat u profiel geaktiveer is, sal u ‘n e-pos ontvang met ‘n skakel wat u sal toelaat om ‘n wagwoord op te stel.

Sodra u met die nuwe wagwoord ingeteken is, kan u die instruksies op die skerm volg om die ontruimingskoördinaat in u area aan te vra.

Indien u addisonele punte vir u gades benodig, kan u gerus ons kantoor kontak by [email protected].

Die artikels op die Noodplan.co.za webtuiste gee goeie inligting oor hoe die “dan” strukture van die Suidlanders gaan funksioneer, en sal meer duidelikheid gee oor hoe om daarby in te skakel.

Onthou asseblief om, nadat u ‘n profiel op Noodplan.co.za geskep het, ‘n SMS met u e-pos adres te stuur aan 063 863 5000.