afrikanerbond

Die Broederbond verrys

Toe die behoudende boer die Engelse Geldmag waarneem het hulle teruggekap. Die Broederbond is in 1918 gebore. Met rein ideale het opregtes begin om ‘n netwerk vir selfbemagtiging te begin oprig. In die begin het die Broederbond in opregtheid die boervolk bemagtig. Onder hulle is poste, bevorderings, kontrakte en voorspoed tussen die boervolk gehou en gekoester.

Eers het dit stadig gegaan, maar vanaf die Tweede-wêreldoorlog in 1939 het die Broederbond in ‘n magtige sambreel organisasie begin ontaard. Op hierdie stadium was die Afrikaanse behoudende gemeenskap nog grootliks uitgesluit en het meeste geld in die Brit of joiner se hande gelê. Verwys uittreksel uit Business and white minority state – Historical Routes, Deel 9.

Die leiers van die Afrikaner Broederbond in 1918: Agter (vanaf links tot regs): Daniel H. C. du Plessis , J. Combrink, H. le R. Jooste. Voorkant: L. J. Erasmus, Henning J. Klopper, Ds W. Nicol, J. E. Reeler

Die leiers van die Afrikaner Broederbond in 1918: Agter (vanaf links tot regs): Daniel H. C. du Plessis , J. Combrink, H. le R. Jooste.
Voorkant: L. J. Erasmus, Henning J. Klopper, Ds W. Nicol, J. E. Reeler

One of the major well-springs of the “gesuiwerde” brand of Afrikaner nationalism fostered by both the Afrikaner Broederbond (AB) and the then Dr D F Malan’s National Party after 1934, was the fact that Afrikaans-speaking whites were excluded from the centres of power and influence in the South African urban economy. By the beginning of World War II, Afrikaner undertakings accounted for only 5% of the total turnover in the urban economy (and only 1% in the mining sector and 3% in manufacturing). By the end of the war, of the 117 undertakings with a capitalisation of more than £1 million, only one (Sanlam) was considered an Afrikaner company. Despite a significant increase in Afrikaner-owned commerce during the war, by the time the NP took power in 1948, Afrikaner undertakings still only accounted for 1% of mining turnover, 6% of manufacturing, and 6% of finance.

Die verandering het gekom toe die Broederbond in Oktober 1939 die Ekonomiese Volkskongres (EVK) organiseer vanuit die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge.

Die F.A.K is op 24 Augustus 1929 gestig om die Broederbond se spreekbuis te wees, aangesien die Broederbond ‘n ondergrondse organisasie was.

Die Broederbond en Sanlam het in die 1940’s hierdie ekonomiese groeityd befonds d.m.v drie organisasies binne die EVK. Dit was die Ekonomiese Instituut van die F.A.K, die Handelsinstituut en die Reddingsdaadbond (RDB) waarvan die leier Broederbond Voorsitter en toekomstige NP Minister van Finansies en President Dr. N Diederichs was. Sanlam was verantwoordelik vir die EVK strategie en die vorming van ‘n nuwe beleggingskoöperasie, die Federale Volksbeleggings.

Die stigting van Sanlam in 1918 is gedoen deur W.A Hofmeyer wat ook aan die stuur gesit het tot sy dood in 1953. Dieselfde man wat in 1915 die Nasionale Pers, Die Burger en die Cape National Party gestig en onder bestuur van Dr. DF Malan geplaas het. Die Broederbond stig in 1934 die Volkskas Bank, die Broederbond Voorsitter dien ook as Volkskas se Voorsitter. Broederbond Sekretaris is ook die Volkskas Sekretaris en meeste poste word vanuit Broederbond geledere gevul. Een hiervan NP Kabinetminister en stigter van die Herstigte Nasionale Party, Dr Albert Hertzog. Die Voorbrand tabak maatskappy word gestig in 1940 deur die voormalige Broederbond Voorsitter en Reddingsdaad Bond Hoofleier, Dr N Diederichs, asook toekomstige kabinetsminister Dr A.J Stals en die Redakteur van die pro-Duitse koerant Wapenskou, Anton Rupert. Anton Rupert se seun, Johann Rupert doen nou die befondsing aan Hellen Zille.

Die stigting van die Rembrandt Groep (later verdeel in Remgro en Richemont) in 1947 geskied met die hulp van die Broederbond Sekretaris I.M Lombard en D.W.R Hertzog uit die Voorbrand Tabak Maatskappy. In die 1950’s begin die drie finansiële Broederbond Organisasies Sanlam, Ou Mutual en Volkskas beleggings na die vervaardigings sektor kanaliseer. Met die ineenstorting van die Aandelemark na die Sharpeville slagting in 1960 bekom hulle ‘n enorme markaandeel in SA maatskappye. In hierdie tyd word magtige rolspelers groot finansiële omkoop geld gebied om die nuutgeskepte ryk elite in totale geheimhouding te bestuur.

Die Afrikanerbond, (destydse Broederbond) webwerf toon hul embleem.

Die Afrikanerbond, (destydse Broederbond) webwerf toon hul embleem.

Die Broederbond gebruik sy geld om hom polities te posisioneer deur byvoorbeeld die media te koop, soos met die omstrede Mildergate insident waar Louis Leid R32 miljoen van die Voster regering ontvang om ‘n pro-NP Engelse Koerant, The Citizen te begin. Die Bonder geldmag was ingeweef in die Nasionale Party Regering en het gedeel in die Botha’s se totale strategie benadering.

Die Broederbond is met tyd geïnfiltreer en die oorblywende opregtes is met groot finansiële beloning in die wip van geldelike gewin gevang. Hierby was daar oorgenoeg Britse of Brits goedgesinde besigheidsmanne wat die Broederbond groei waargeneem het, en hulleself deel van die soustrein gemaak het. Dieselfde geldgreep wat die Britte onder die bedenklike Afrikaner opgerig het, het vanweë hul mag en rykdom toegang tot die Broederbond begin kry. Die Broederbond, vandag se Afrikanerbond het deel van ‘n Westers beheerde geldmagnaat geword.

Die opregte se stryd teen Die Reus

Die oprigting van die Britse geldmag wat reeds met Cecil John Rhodes in die laat 18de eeu begin het, is nie net beveg met die Broederbond inisiatief nie. Onder die opregte boer wat ekonomies uitgesluit was, het daar ‘n era van rebellie ontstaan.

Reeds in 1914 het die Maritz rebellie uitgebreek na die Engelse Unie die boere vir oorlog teen die Duitse kolonie in Suidwes-Afrika wou stuur. Die boere was die Duitsers goedgesind na ons militêre steun van hulle ontvang het in die Eerste Vryheidsoorlog teen die Britte 34 jaar tevore. Weer was daar ‘n skeuring tussen opregte en gekoopte boer, weer op die lyne wat vorige verdeeldheid en verraad gelaat het. Weer met die verdrukte behoudende boer aan die een kant, en die welvarende Britsgesinde (asook talle opregtes wat eenvoudig nie vir die rebellie kans gesien het nie) aan die ander.

Na afloop van die Eerste Wêreldoorlog het die Britte die Duitse Suidwes ook d.m.v. “Britse-boere“ in die sak gehad. Die rebelle is weer tronk toe, weer uit die ekonomie geskuif, Maritz vlug landuit, en word ‘n spioen vir Duitsland. Die eg-boer se vervolging intensifiseer en die Unie begin met hul veldtog om die boere kultuur en taal uit te delg. Geen Afrikaans word in skole toegelaat nie. My ouma het nog vertel toe sy as kind vir ‘seuntjie wat op ’n muur by die skool sit, skree “jump, jump!” Waarna hy toe antwoord: “I willy wat, wil you then hav i mast for me vrek fall!

220px-OssewaBrandwagWapenDit was die ontstaan van die rebelle organisasies teen die Engelse Unie en hul joiner geldmag. In 1939 verklaar Smuts oorlog teen Duitsland. Dit is die laaste strooi op die donkie se rug, en die Ossewa Brandwag (OB) en Stormjaers word gestig, beide was rebelle organisasies van opregte boere wat teen die Engelse geldmag gerebelleer het. Na die oorlog was hulle duisende sterk. Die Unie het aanhou vervolg, en die opregte boer het aanhou swaarkry. Duitsland het weer gehelp. Vroeër gee die vêrsiende Duitse regering beurse aan 3 boere om in Duitsland te studeer, een van hulle, HF Verwoerd. ‘n Span van die OB leiers word ook in Duitsland opgelei. In 1942 word 800 lede van die rebelle organisasies in Koffiefontein deur die Britse Unie geinteneer. In haglike omstandighede ontmoet 2 OB leiers mekaar daar, en lê ‘n belofte af: Dat hulle die stryd vir die boer sal wen. Die een sal President word, die ander sy Polisiehoof. Hulle was President John Voster, en die gevreesde Generaal Lang Hendrik Van Den Berg, Hoof van die Apartheids Veiligheidspolisie. Min wetend dat die nasionaliste die Britse stryd sal wen, maar steeds in die geld-reus se kloue vasgevang sal bly.

Toe die Nasionale Party in 1948 oorwinning oor die Britse Unie kry, het hierdie rebelle organisasies gedink die stryd is gewonne. Hulle is ingelyf by die Nasionale Party en het vinnig tot niet gegaan. Die astronomiese groei van die Broederbond strukture oor die dekades daarna sou mos ekonomiese bemagtiging na die opregte boer ook laat vloei. Helaas.

Die Reus, met AB (Afrikanerbond) bo-aan. Volksblad Mei 2015

Die Reus, met AB (Afrikanerbond) bo-aan. Volksblad Junie 2015

Intussen groei die Brits-Afrikaner geldmag sterk in Broederbond kringe. Selfs die magtigste leiers in die Nasionale Party word ingetrek. Alle behoudende nasionalisme word deur welvaart gekaap. Alle staatshoofde vanaf 1948 tot 1994 was Bonders. Professors, dominees, bestuurders, die regsbank, alles van naam en status. Teen die laat tagtigs bestaan boerebelange in die Broederbond nie meer nie. Maar die mag groei! Ander organisasies word nou ook geïnfiltreer en oorgeneem. AgriSA, Solidariteit, Naspers, die Verkenners, die kerkleiers, verskeie sleutel-staatsdepartemente soos Misdaad Intelligensie en nog meer. ATKV, RSG, ATR, almal gekoop, en almal verruil hul opregte boerebelange vir sukses en ‘n liberale wêreldbeskouing. In die tagtigs reeds begin die geldreus hulle posisioneer vir die grootste buit nog: Die einde van apartheid.