afrikanerbondDie demokratiese era, en Die Reus

In die tagtiger jare het die kommunistiese lande se propaganda veldtog teen die Nasionale Party regering soveel sukses bereik dat dit ernstige invloed op handelsbetrekkinge tussen Suid Afrika en Westerse lande veroorsaak het. Westerse lande kon nie anders as om in lyn met hierdie morele klad wat deur die kommuniste geskep is, te begin optree nie.

Op daardie stadium was die Suid Afrikaanse geldreus se besigheidsbelange ingeweef in ekonomiee regoor die wêreld. Nie net het Die Reus se winste daaronder begin ly nie, maar sy eweknieë in die res van die wêreld het ook die skade begin voel.

Die geldreus se lakeie regoor die wêreld speel saam om druk te skep vir die einde van apartheid deur sanksies teen SA in te stel. Maart 1989 vlieg dr. Pierre Rossouw, dr. Dirk Hattingh, prof. Koos Smit, en destydse moderator van die NG Kerk, Johan Heyns na Lusaka om met die ANC leiers te gaan onderhandel. Kenneth Kaunda het hulle uitgenooi, en Alfred Nzo was in die gesprek teenwoordig. Hul rapporteer aan FW De Klerk en die ban op die ANC word gelig.

Anton Rupert en Nelson Mandela

Anton Rupert en Nelson Mandela

In 1989 en veral 1990 hou Harry Oppenheimer en Anton Rupert gereelde vergaderings met Nelson Mandela by sy Little Brenthurst Landgoed. Later raak meer partye betrokke en word die geheime vergaderings by die Ontwikkelingsbank tussen Johannesburg en Pretoria gehou. Die gesprekke gaan oor die tipe ekonomiese omgewing wat sal bestaan na die ANC oorname. Amerika plaas druk op hierdie onderhandelinge om te verseker dat daar ‘n Westerse ekonomiese beleid sal heers na die ANC aan bewind kom. Dit sou verseker dat die finansiële sekerheid van die Suid Afrikaanse reus asook die van vennote in die buiteland sou kon voortduur.

Hierdie opdrag van Amerika word dan ook afgedwing toe die 8 NP lede en 8 ANC lede in die Transitional Executive Committee ‘n aansoek doen vir ‘n lening van VS $850 miljoen. Hierdie lening was nodig vir die oorgawe en ‘n voorwaarde daarvan soos uitgesit in die Statement on Economic Policy is dat die Westerse geldmag strukture in Suid Afrika moet bly funksioneer. Die ANC het hiermee nie veel keuse gehad nie om twee redes. Eerstens het die Suid Afrikaanse regering die Inligtingsdienste en Weermag gehad wat die ANC binne dae sou kon elimineer. Verder was daar onderhandelinge in 1986 tussen Reagan en Gorbachev waarin besluit is dat verskeie internasionale brandpunte met onderhandelinge opgelos moet word.

Daarna het Gorbachev die ANC in kennis gestel dat die Sovjet Unie nie meer finansiële en militêre steun aan die ANC kan lewer nie. Die NP-ANC onderhandelinge is gevoer met druk op die NP vanaf Washington en op die ANC vanaf die Sovjet Unie.

U sal merk dat Die Reus se papierwerk lankal reeds in plek was voordat hy my en jou opinie daarvoor in die ‘92 referendum gevra het. Op dieselfde wyse besluit hy vir ons of ons ‘n vermengings wêreldbeskouing wil aanhang. Net so besluit hy vir ons hoe ons finansieël in hierdie land daaraan toe is. Net soos die Huisgenoot besluit dat ons seuns en dogters ‘n swart lewensmaat mag hê. Daar vind nie ‘n enkele gemengde huwelik in die ‘celebrity‘ gemeenskap plaas sonder dat dit gegryp en op ‘n voorblad geplak word nie.

Boervolk, word wakker, julle word rondgelei, belieg en bedrieg en gebreinspoel om by elke neo-liberale denkpatroon in te val en skuldig te staan as jy nie daarmee saamstem nie.

Desember 1991 sien die CODESA onderhandelinge afskop by die World Trade Centre in Johannesburg, en teen hierdie tyd is die geldreus reeds perfek geposisioneer om op die volgende twee dekades te kapitaliseer. Die ANC het met die beskermingsooreenkoms van die Suid Afrikaanse geldmag net soveel die ekonomiese bemagtigings doelwitte vir die honger swart massas weg geteken, as wat die wit geldreus dit met die boervolk gedoen het.

Die plundering en korrupsie wat oor die laaste 20 jaar deur die ANC gedoen is, was net soveel vir hul eie sakke en ten koste van die massas as wat Die Reus dit oor die laaste 70 jaar dit vir hulself en ten koste van ons gedoen het.

Die ANC oorname sou beteken dat wêreld sanksies teen SA gelig word. Miljarde sal geinvesteer word. Die geld gaan weer vloei. Mandela sal deur die media as ‘n verlosser aan die wêreld voorgestel word. Toerisme, handel en regeringstransaksies van miljarde rande sal die moontlikheid van enorme winste beskikbaar stel.

Ja: duisende blankes gaan hul werk verloor, die gevare wat dit vir die boere kultuur, taal, en lewenswyse inhou was duidelik. Die verval in infrastuktuur, blanke armoede, misdaad weens polisie onvermoë was duidelik bekend op daardie stadium, maar dit was die prys vir npDie Reus, net soos die 36 000 vroue en kinders in die Boereoorlog – die prys was vir Engeland se winste.

Die geldreus onderhandel sy weg oop in sleutel posisies, en die ANC verower die Boere grond sonder ‘n oorlog. By die Waarheid-en-versoeningskommissie vanaf 1996 begin die koppe rol. Die Reus is veilig geposisioneer, terwyl die wat sy opdragte moes uitvoer die versoeningspakslae moes verduur. Nie ‘n enkele persoon in die geldreus stelsel is aangekla of vervolg nie. Net die boer wat sy opdragte moes uitvoer. Vra maar vir Eugene de Kok.

Al Die Reus se partye speel saam. Deur Naspers word die reënboog beeldskoon en rein voorgestel. Vermenging is skielik mooi. Hoe meer kulture in die pot, hoe beter. Wie het daaroor besluit! Is die volk ooit gevra of hulle hul nasionalisme wil verruil vir ‘n vermengings ideologie? Waar is Die Reus deur die volk as besluitnemer aangestel? Die kerke preek skielik dat apartheid sonde is. Voorheen was dit mooi en heilig. Vir Die Reus om goeie besigheid te doen, was dit nodig om die behoudende en heilige kultuur van die boervolk te verruil. ‘n Neo-liberale klimaat moes geskep word en hy het dit suksesvol aan die boervolk verkoop. Unies soos Solidariteit en Afriforum stel sy mense gerus: Ons sal na julle belange omsien. Weer word die volk vir geld verkoop.

Vandag is Die Reus beter geposisioneer as ooit tevore. Sy DA konneksie deur Helen Zille kry befondsing vanaf X-Afrikanerbonder Anton Rupert se seun. Sy praat met MI6 om Die Reus se planne te koördineer. Die Reus het vir 20 demokratiese jare sy apartheid gekoop, met geld wat hy by die ANC onderhandel het. Met geld wat ek en jy aan die regering betaal. Om sy liberale gesig te behou, doen hy wat hy altyd gedoen het, offer die behoudende as kanonvoer op. Met die oorname in ‘94 was Die Reus goed geposisioneer en skep hy uit al die kontrakte en investering. Sy lede sit nog in sleutel posisies. Hulle trek nog die toutjies. Ek en jy moet ‘budget‘ vir ons kruideniersware. Ons moet veg vir ‘n kontrak, of aandele weggee vir ‘n swartman om BEE werk te kry. Ons mense sit in plakkerkampe, ons mense word uitgemoor. Weer word ons getrap.

Ek sien hierdie toestand ruk hard aan Gustav se volksgevoelens. Sy lewensideaal, het hy my al met diepe erns vertel, is om sy mense te sien voorspoed geniet. Dat ons mense vir eens die opbrengs van ons arbeid geniet, vry, deur ons eie regeer. Nie hulle wat soos ons lyk, maar nie ons harte het nie. Moet ‘n bekwame maar opregte Godsvresende man nie ook ‘n nuwe motor kan koop nie. ‘n Bejaarde nie ook sy trollie in Checkers kan laai tot bo nie? Jou seuns en dogters nie ook kan studeer en werk en leef nie? Ons mense is opreg, beter as die plakkerskampe, beter as die oorblyfsels wat Die Reus van die tafel laat val. Wanneer gaan ons vry wees? God sal ons vry maak, ons moet net wag. En die swartes is nie die vyand nie, dis Die Reus.

Die ANC se grootste flater

Met alle kommunistiese oornames word daar deeglik skoongemaak. Universiteite word totaal hervorm. Ekonomiese mag word oorgeneem. Die regsbank word hervorm om die nuwe beleid te steun. Verwyder alle geheime organisasies, ontbind die vorige bestel se greep in alle instansies. Vernietig die kultuur, die taal, die ekonomie van die vorige mag.

Julle moes BEE eerder op Die Reus toegepas het, en insae en beheer oor hulle gekry het. Hier het Die Reus julle ore aangesit. Nie net het julle hom geduld nie, julle het hom betaal. Onder julle neuse het Die Reus sy naam gestand gedoen en meer. Nou is hy te groot vir julle om te hanteer, want dié is perfek geplaas vir ‘n magsoorname. Ons kom terug na die punt toe.

Baie van die ander swart faksies is tans erg gefrustreerd met die voorspoed wat die ANC met hulle onderhandelinge bewerkstellig het. Wat hulle nog meer frustreer is hoe voorspoedig die wit reus in SA steeds is. Die volgende uittreksel kom uit die SACP 2015 May Volume 9, Issue Nr 2 – Day message to the South African working class. Let daarop dat die enigste verskil die naam is. Wat ons die wit reus noem, noem hulle “White Minopoly Capital.“

However, the defeat of the apartheid state didn’t represent the defeat of monopoly capital in our country. It still left Anglo American, De Beers, SASOL, SA Breweries (now SA Breweries Miller), Naspers (which today is threatening to take over and privatize the SABC), Old Mutual, and the big banks dominating our economy.

For monopoly capital – the 1994 democratic breakthrough represented a threat, but also an opportunity. For over a century South African monopoly capital had enjoyed the support of white minority regimes. It was the big mining houses and white commercial farms (and not so much, other than being agents, Verwoerd, or Vorster, or PW Botha.

You won’t find this story being told in most of the anti-majoritarian liberal media, owned still today by the mining houses. Until this year, even in a new democratic South Africa, a statue to one of the pioneers of this barbarous system, Cecil John Rhodes, could still occupy pride of place on a university campus.

Monopoly capital and white minority rule worked hand-in-glove for over a century. Together they oppressed the majority of South Africans. Together they amassed super-profits for themselves, through the racialised super-exploitation of black workers.

But by the 1980s this system had become dysfunctional. Financial sanctions, economic sanctions, oil sanctions were applied. The profits of South African monopoly capital suffered. Monopoly capitalists began timidly to test the idea of a negotiated settlement. It was not because they liked the ANC, but because our collective struggle, and their growing isolation forced them in this direction.

Twenty one years ago our struggle finally defeated white minority rule in our country. That was the moment when we should have immediately embarked on a second radical phase of the National Democratic Revolution. In 1994 we should have moved decisively to roll back the monopoly power of the white bourgeoisie. They were off balance at that time.

But for several reasons there was a failure to move Monopoly capital – in the shape of the old apartheid, broeder-bond, media giant Naspers and its off-shoot Multi-Choice have even swallowed up what was supposed to be democratic South Africa’s public broadcaster – the SABC. They have done this with the connivance, of course, of their bought lackeys in Auckland Park.

Om dit reg te kry het Die Reus weer die Boer uitverkoop. Na al die propoganda, leuens, intimidasie en kerkverraad kan die Boer net soos in my ouma se tyd nie vernietig word nie. Dit het hulle geweet.

Die oplossing? Lewer hom as vyand en bedreiging aan die ANC uit. Met die oorname het Die Reus die ANC oortuig dat daar steeds ‘n regse gevaar bestaan. Al die ou Intelligensie Bonders moes vir sekerheidsredes in plek gehou word. Blanke ekstrimiste kan nie deur swart informante, agente en hanteerders geïnfiltreer en beheer word nie. Die swartes het ‘n ander manier van werk, Inligtingsdiense funksioneer moeilik oor rasse grense. Die Veiligheidsdienste is in takt gehou. Swart direkteure is plek-plek aangestel, maar die magtige Reus se pionne was te slinks en het die ANC gespeel soos ‘n dice.