afrikanerbondDie oorname beplanning

Ons het gesien hoe die ANC en NP kort voor die referendum reeds met druk vanaf Amerika en Rusland besluit het om nie die finansiële magte van Suid Afrika te vernietig nie, maar dit op ‘n Westerse bestel verder te bedryf op so ‘n wyse dat die ANC elite ook ingesluit kan word in die groot winste wat dit produseer. Wat die ANC van daardie tyd nie besef het nie, is dat SA infrastruktuur gaan verval, ekonomiese groei gaan stagneer, en stabiliteit gaan afneem weens hul swak bestuur. Dit gaan erg teen die ANC tel. Die wit geldreus het dit besef, en hulself hiervoor geposisioneer.

Die finansiële en organisatoriese mag wat Die Reus behou, en in baie gevalle met regeringsfondse uitgebrei het staan nou gereed vir die geveg teen die swart regering. Met sy sterk finansiële en ondersteunende bande vanaf die Westerse geldmag wag Die Reus nou sy kans af. Enige stabiliteits ineenstorting gaan sy planne aan die rol sit. Hiervoor het MI6 reeds vir Malema gesien.

Wanneer SA ‘n gedeeltelike infrastruktuur probleem, of ‘n onlus toestand ervaar, sal die res soos domino’s volg. Ons het ‘n hoogs geindustrialiseerde ekonomie. Stelsels soos kosproduksie, watervoorsiening, werkers stabiliteit, kragvoorsiening, kommunikasie, vervoer ens. is hoogs afhanklik van mekaar. As een tuimel, tuimel die res. Dit sal ’n kettingreaksie veroorsaak wat tot totale verval sal lei. Hierby groei Suid Afrika se werkloosheidsyfers, korrupsie, misdaad en ongelykheid in inkomste daagliks, en ekonomiese groei vooruitsigte bly kommerwekkend.

As die Suidlanders 12 jaar gelede al projeksies kon maak dat ons ‘n vlak van totale verval gaan bereik, dan het Die Reus dit verseker ook kon sien. Die wit geldmag van Suid Afrika het hom lankal reeds hiervoor geposisioneer. Wanneer hierdie infrastruktuur begin tuimel, sal dit ‘n humanitêre krisis met tragiese afmetings aanneem.

Daar sal nie kos en water vir die getal inwoners van die land vanuit die buiteland verskaf kan word nie. Daar is eenvoudig net te veel mense in Suid Afrika. Omdat Suid Afrikaners grootliks in stedelike gebiede woon waar populasie digtheid baie hoog is, word by verre die meeste kos in winkels gekoop en nie self geproduseer nie. Die meeste Suid Afrikaners gebruik water wat deur munisipaliteite verskaf word.

Om in ‘n humanitêre situasie die basiese kos en water te verskaf sonder infrastruktuur, is onmoontlik. Omdat Suid Afrika so gewelddadig is en duisende protesaksies reeds beleef, sal stabiliteit in sulke omstandighede binne dae ineenstort.

Konflik en geweld sal vinnig rasgedrewe word. In sulke omstandighede verdeel rassegroepe soos wat daar konflik tussen daardie rasse ontstaan. Dit veroorsaak grootskaalse migrasie van vlugtelinge en veroorsaak dan verdere humanitêre probleme. Dit is hier waar die Suidlanders hulself posisioneer om in so ‘n vlugteling situasie logistieke en bestuursmiddele op te rig.

Hierdie sal die perfekte tyd wees om met VN steun die ANC as nie-litigiem te verklaar. Dit is presies wat die wit monopolie kapitaal beplan. Die Reus sit reg met sy hoëlui in plek vir die aanwysing van tussentydse regeringsamptenare. Hulle het hulle onder die ANC neuse opgerig. Die regering het al die mag in ‘94 gekry, en hulle kon daarmee nie eens Die Reus ‘n bloedneus toedien nie! Pleks daarvan is hulle aan die neus rondgelei!

reus2Wie kritiseer die regering die meeste? Die Reus. Deur sy Naspers Media en wit Unies! Waar word die ANC se onvermoë om te regeer die meeste uitgewys? Wie kan nou na 20 jaar onder ANC bewind nog die regsbank teen die ANC gebruik! Die ANC is kommunisties, militant en Afrikaan, maar die Westerse geldmag speel met hulle.

Almal wat nie saam met die ANC met die wit geldmag gaan sit en onderhandel het nie, begin baie gefrustreerd raak. Dit is die groot motivering waarom Julius Malema sy radikale EFF begin het. Dit is die frustrasie van sommige swart unies en die SAKP. Net soos wat die wit reus die behoudendes nog altyd vir geld uitverkoop het, so verkoop die ANC vandag sy massa volgelinge en ander swartes eenvoudig uit om te kan saam ry op die ‘gravy train.‘

Die “regse gevaar“

Een van die mees suksesvolle metodes wat die wit reus nog altyd gebruik het om te manipuleer was deur die fokus te verskuif na ‘n kastige ‘regse gevaar‘. Die NP regering het dit gedoen, en die wit reus doen dit steeds.

Die ‘regse gevaar‘ moes nie net in die psige van die ANC base geskep word nie, maar ook op die grond. In die veld moes hulle insidente oprig wat as bewyse kan dien dat daar steeds ‘n regse gevaar bestaan.

Hiervoor moes provokateurs aangestel word. Dit is agente wat in die behoudende gemeenskap aktief raak en identifiseer wie die mees opsweepbare en beïnvloedbare individue is. Hulle word dan aangehits om in iets onwettigs betrokke te raak. Sodra daar genoeg bewyse van ‘n onwettige optrede bestaan, draai die provokateurs as staatsgetuies en die behoudendes word gearresteer. Gewoonlik het hulle selfs die wapens en toerusting voorsien, en die dokumentasie wat as bewystukke dien self opgetrek.

In die Boeremag saak was dit in detail in ‘n verslag deur Deon Loots blootgelê. Deon was self betrokke as ‘n hanteerder in die jare wat die boeremag arrestasies vooraf gegaan het. Hy kon later nie met sy gewete saamleef nie. Sy verslag beskryf hoe die provokateurs, onder andere Jannie Smit en JC Smit onskuldige jong seuns uitgelok het.

Hierdie verraderlike optrede kom vanaf die Polisie se Misdaad Intelligensie base. Dit is baie belangrik om te besef dat hierdie opdragte nie vanuit regeringslui deurgegee word nie, maar vanaf die hooggeplaastes wat deel uitmaak van die wit reus, en wat nogsteeds ‘n vervolgingswaan teen die behoudende dryf.

Die Reus het sy eie Sekerheids Departementshoofde, Ondersoekbeamptes, Staatsaanklaers en Regters op die saak gehad. Die langste en duurste hofsaak het die Boer weer verneder en as rassis aan sy nederlae herinner.

Die media het gesorg dat die ANC weer goed skrik. Die geld het na die Intelligensiedienste gevloei, waar Die Reus nie net sy mag kon vier nie, maar homself verryk met die miljarde uit ‘n bewerige ANC hand.

Uitreksel uit Deon Loots se eedsverklaring P28 Boeremag Saak

Hulle moes die regte kultuur en atmosfeer skep, sodat ander regsdenkende mense ook betrek sou word. Daardeur wou, en het, die Mdi die atmosfeer geskep wat sou lyk asof daar ‘n bedreiging in die land kon wees van ‘n groepering regses, al was dit in werklikheid Mdi wat hulle by wyse van koverte optredes byeengebring en beheer het.

Op hierdie wyse het die Mdi-hanteerders die opdragte van hul SAPD-bevelvoerders via die beriggewers, wat nou deur die SAPD-inisiatiewe provokateurs (in plaas van net beriggewers) geword het, uitgevoer en die bestuur en bedryf van regse aktiwiteite oorgeneem en gerig sonder dat die gewone persone daarby betrokke, dit geweet of besef het.

In hierdie lang verslag word tientalle name van senior amptenare genoem asook die volledige detail van hoe hulle vir ander motiewe die regse gevaar aan die ANC opgedis het. Hulle opdragte het uit ander geledere gekom. Daar is ander motiewe vir hul optrede, en dit is nie in regeringsbelang nie!

Die volledige Deon Loots eedsverklaring is op aanvraag beskikbaar.

Die Mangaung saak was dieselfde, net nie so suksesvol vir Die Reus nie. Provokateurs by name van onder andere Rey Nelson en Jaco Scherman is gestuur om enkele behoudendes op te sweep vir ‘n aanval op die Bloemfonteinse ANC Konferensie in Desember 2012. Ons het opnames gehoor waar die behoudendes deur bogenoemdes gedreig is om met die beplanning voort te gaan. Waar wapentransaksies beklink sou word het daar in sekere gevalle selfs 5 polisielede by een of twee behoudendes aan die transaksie deelgeneem. Suidlanders het alle verklarings onder oë gehad. Die Reus se sukses het hier begin afneem toe die ondersoekbeampte, Kap Jaques Loux as ondersoekbeampte aangewys is, nie ‘n Reus-lakei nie.

Al hierdie vervolging en valse beskuldigings van die behoudende gemeenskap het derduisende mense in stille onaktiwiteit in gedreig. Alhoewel daar nog ‘n handjie vol vir die volksaak stry, is die oorgrote meerderheid volksgenote op die agtergrond. Dit is hulle wat meeste van die 800 000 Suidlander artikels elke maand lees. Mense wat ons saak steun en vandag die waarheid begin sien, maar steeds weens hierdie vervolging nie in die ope kom nie.

Weer skryf ‘n Reus-lakei by name van Prof Anton van Niekerk, “Hou oog op die radikale” – Volksblad 7 Julie, hoe die regse gevaar sy gevaarlike kop uitsteek. Twak! Na al die plaasmoorde, en nog meer blanke moorde in stede, hoeveel regse geweld is gepleeg? Is Terreblanche se dood ooit deur die magtige en gevaarlike AWB gewreek, selfs een skoot afgevuur? Hoeveel wit op swart moorde het julle ANC oor die laaste 20 jaar gesien? Is daar ‘n regse gevaar?

Wat die prof hierbo doen is presies wat die wit reus, of soos julle hom noem, die “White Monopoly Capital” al vir jare doen. Hou julle bang vir ons behoudende gemeenskap sodat julle die wit Inligtingsdiens onder geld kan toegooi, en julle aandag nie op die strategiese planne van Die Reus is nie.

Aan die swart regering

Julle is gekul. Julle is nie net gekul om julle vyand totaal mis te kyk nie, julle het jul vyand verryk in die proses! Hier is die naakte waarheid. Julle gaan die stryd verloor teen Die Reus. Dit is nie net duidelik voor die hand liggend nie, dit is 100 jaar gelede deur ‘n profeet Van Rensburg voorspel. As jy nie in sy profesieë glo nie, wel duh, dan was hy seker toevallig reg!

Hy het gesê dat die verraderlike Afrikaner en Brit die boereoorlog gaan wen. Dat hulle ook die 1914 rebellie gaan wen. Dat die Nasionale Party aan bewind gaan kom. Dat daar dan ‘n swart regering gaan kom‚ ‘n gefaalde staatsgreep (boeremag?). Dat die land dan voedsel tekorte, finansiële probleme, kragprobleme, en water probleme gaan ervaar. Al hierdie sektore is tans op ‘n mespunt. Dan sê hy die groot verval kom. Blankes word deur swartes aangeval, maar baie vlug en kom weg.

Verder sê hy ons het nie veel konflik met die swartes nie. Dan word die regering uit hul posisie gekaap deur ‘n self aangestelde doringbos regering. Die opregte boere kyk om en sien niks het verander nie. Dieselfde mag van dekades gelede is nog in beheer. Hulle weet nie of hulle moet lag of huil nie. Hulle wil lag want dit is ‘n blanke regering met mense wat lyk soos hulle, maar dit is blankes wat nie boere harte het nie (Die Reus).  Dieselfde mag wat ons al sedert die tyd van die Britte verdruk, die mag wat dit vir geld en eie gewin doen terwyl die boere ‘n Goddelike en eerlike selfregering wil hê sonder om ander te verdruk. Die opregte boer wil in vrede met andere saamleef.

Daar is baie mense betrokke in hierdie doringbos strukture, mense wat huidiglik dalk nie besef dat hulle in ‘n geldgedrewe stelsel teen God se planne werk nie. Hierdie oorlogverklaring is nie teen individue nie, maar teen die geldgedrewe bestel. As u in daardie bestel opgeneem is, weet dit, dat u op ‘n stadium in die toekoms sal moet kies tussen die opregte en Die Reus.

Dit is julle vyand ANC, Die Reus! Die Reus is ook ons vyand, nie julle nie!

Hiermee sê ons nie dat die opregte boer met die ANC arm om die heup staan nie, maar besef dit, ons het ‘n gemeenskaplike vyand, en dit is die wit Geldmag van Suid Afrika.

Julle gooi goeie geld en fokus agter ‘n valse vlag vyand aan, en julle maak julle posisie swakker. Julle gaan nie wen nie, die profesieë voorspel dit, maar hoe hard wil julle pak kry in julle ondergang! Hou op om die regse te jaag en vervolg, maak oop julle oë. Die Reus sit in die posisies wat jy (ANC) hom gegee het, en vervolg ons met ‘n haat, op jou onkostes.

Voorkom ten alle koste dat die Suidlanders opbreek

Daar bestaan ‘n werklike en duidelike gevaar vir staatsveiligheid. Dieselfde gevaar wat in 1939 met die OB en die Stormjaers ontwikkel het. Intense vervolging van die rebellegroepe het veroorsaak dat hulle ondergronds begin opereer het. Dit het veroorsaak dat die regering baie moeilik op hoogte kon bly van bedrywighede wat staatveiligheid kon bedreig. Eers later toe die OB en Stormjaers by die Nasionale Party ingelyf was het die bedreiging verlig.

Die Suidlanders is nie ‘n bedreiging vir staatsveiligheid nie. Tot nou toe het ons eerder ‘n groot kalmerende effek op die regse gemeenskap gehad. Ons kon oor die laaste 12 jaar die gemeenskap oortuig dat ons vryheid opgesluit lê in toekomstige gebeure wat self gaan uitspeel sonder ons insae. ‘n Komende verval sal lei tot die geleentheid waar ons teen ‘n geldgedrewe reus vir ons vryheid gaan beding. Die swart regering is in ons denke nie die opponent nie.

Ons het in die verlede talle situasies geïdentifiseer wat kon groei tot militante optrede, en dit self ontlont. Baie hiervan was geprovokeer. Die konstante maning op ons webblad en by vergaderings en kampe dat mense nie met onwettighede betrokke moet raak nie het ‘n baie rustige kultuur onder regses geskep. Binne en buite die Suidlander grense. Ons stel die standaarde en gees van ‘n voorbereidingskultuur, nie die van ‘n terrorisme kultuur nie.

As die Suidlander strukture sou skade ly of verwyder word, of selfs as regse vervolging lede en ondersteuners ondergronds dryf sal hulle die verantwoordelike kuratorskap en invloed wat ons oor hulle het verloor. Die regering sal skielik geen inligting hê oor die bedrywighede van die duisende splintergroepies wat sal ontstaan nie. Suidlander leierskap se fone word permanent gemonitor deur Intelligensie Dienste. Julle hoor ons gesprekke. Dit is waardevolle inligting en bly julle sodoende bewus daarvan dat daar geen terreur bedrywighede by die Suidlanders bespreek word nie. Wat sal gebeur as 5 000 Suidlanders more bedank en hulle eie groepies vorm.

Die inspraak wat ons tans het is waardevol. Die behoudende gemeenskap is gefrusteerd, kwaad en voel verraai deur die swak karakter van ons vorige leiers. Moenie ‘n omgewing skep waar hierdie frustrasie nie deur ons verantwoordelike leierskap bestuur kan word nie.

Oorlogsverklaring

Teen die wit reus verklaar ons nou oorlog. Ons sal die volk op die waarheid wys. Ons sal nie vir ewig deur julle verloon word nie. Julle is ons vyand, en nie die swart regering soos julle wil hê hulle moet glo nie.

Die volk raak bewus. Ons oorlogsverklaring is dat ons nou begin met ‘n veldtog om elke behoudende van julle verraad bewus te maak. Julle het tot hierdie stryd toegetree. Julle het nog nooit geskroom om die regse gemeenskap met minagting en op die naam uit te lewer nie. Nou tree ons toe. Die stryd teen julle is aan. Julle is ons vyand, en hierdie is ‘n oorlogsverklaring.