Van Riebeeck Gelofte

jan v riebeeckJan van Riebeeck het 6 April 1652 by Kaappunt aanwal gekom. Presies 2 jaar later het hy die gelofte afgelê op 6 April 1654. Dit lui so:

Aangesien dit vandag twee jaar gelede is dat ons met God’s hulp en leiding met die skepe Drommedaris, Reiger en Goede Hoop veilig hier geland het, om hierdie fort en kolonie in opdrag van ons here en meesters op te bou en ons gemerk het dat God die Here al die sake tot vandag toe met seëninge, goed en na wens laat verloop het,

het ons besluit, en ook vanjaar daarmee begin, om hierdie dag, 6 April, tot God’s eer met danksegging te vier, en dit vir altyd as dank- en biddag in te stel, sodat ons nakomelinge nooit die weldade wat God aan ons bewys het, vergeet nie, maar dit altyd in gedagte mag hou.

As ‘n vervolgde minderheidsgroep van Suid Afrika, gaan die Suidlanders hierdie rigting inneem om te erken dat ons in hierdie toestand verkeer omdat ons onder andere ons geloftes versaak het. Daarom sal ons vandag, soos met die gelofte van Bloedrivier en die Paardekraal gelofte, hierdie dag eerbiedig en ons geloftes betaal.

Die Vader sê “Betaal jou geloftes aan My,” en ons sal gehoorsaam wees en as ‘n volk ons Geloftes betaal met die hoop dat die Vader ons sal beskerm en herstel in die tye wat kom.

Bestuur