Vrae en Antwoorde

V: Is daar ‘n moontlikheid dat lyste, resepte, idees en dies meer geplaas kan word vir nuwe suidlander lede wat nie idee het waar om te begin nie. Ons versprei die lyste op ander web bladsy en op FB suidlanders. Maar niks is sentraal nie, wat dit moeilik maak vir ons mense.

A: Ek het sopas twee handleidings geplaas wat redelik lyste bevat. As lede vir my nog lyste e-pos na [email protected], sal ek dit ook plaas.

 

V: Hoe berei ek voor vir anargie. Ek weet nie wat om te doen nie en ek het n vrou en drie kinders? Willem Erasmus Benoni

A: Daar is talle lyste wat beskikbaar is op die web as u bietjie gaan soek. Daar is ook soveel werk gedoen tussen lede om lyste saam te stel. As u by ‘n groep inskakel sal u ook na vergaderings genooi word waar voorbereiding tussen groep lede bespreek word. Raak gerus deel van ‘n omgeegroep in u area en tap van die kennis en ondervinding wat daar reeds bestaan. Die hoof areas om op te konsentreer is: brandstof voorraad, kosvoorraad, skuiling, en mediese voorraad.

V: Hoe kan ek almal in my familie saamneem met ontruiming? My seun studeer in Bloem. Baps van Pietersburg

A: Daar is aktiewe groepe in elke dorp in die land. U kan kontak met ‘n leier in die area waar u seun is en reel dat hy daar in ‘n groep opgeneem word. Selfs al het hy nie ‘n voertuig nie kan lede onder mekaar ‘n reeling tref en hom akkommodeer. Dit is nie verseker dat u in ‘n situasie van ontruiming die geleentheid sal he om familie in ander dorpe op te tel nie.

 

V: Wat van my bejaarde familie in die ouetehuis? My skoonpa kan tog nie vir maande in ‘n tent gaan bly nie? Kotie

A: Ons kosbare bejaardes is een van vele uitdagings wat talle samelewings al in die verlede in ‘n anargie situasie moes oorkom. Eerstens kan niemand verplig word om sy/haar tuiste te verlaat nie. Verder moet elke persoon self opweeg of die bedreiging in enige situasie die gevaar en ongemak van ontruiming regverdig. Die Suidlanders skep eenvoudig die fasiliteit om veilige gebiede te identifiseer, en help groepe om hul eie planne van ontruiming op te stel. Die keuse om van hierdie planne gebruik te maak moet elke persoon self neem.

 

V: Hoekom word julle so in die koerante afgekraak as julle opreg is? Wat het die media teen julle? Anoniem

A: Die liberale media sal ongetwyfeld teen die behoudendes van ons land uitvaar. Om te erken dat die sop pot van al die volke in ons land gaan oor kook en in die vuur beland is om te erken dat behoudende denke reg is. Die beste verweer vir ‘n liberalis is dan altyd aanval. Die media het nog nooit ‘n debat of bespreking van die Suidlander ideologie en planne gevoer nie, en sal ook nie. Ons bied ‘n werkbare plan vir ‘n voor die hand liggende bedreiging.

 

V: Hoeveel brandstof moet ek bymekaar maak, ek weet nie eers tot waar mens sal moet vlug nie? Suid Natal.

A: Elke area in die land het unieke ontruiming roetes en daarom ook verskillende afstande om te dek. Sekere areas is so geleë dat relatief min brandstof vereis word, dalk net ‘n paar honderd kilometer s’n. Dit is belangrik dat u met die leiers in u groep saamwerk om te bepaal hoeveel brandstof u moet bymekaar maak. Brandstof is nie net belangrik vir u voertuig nie maar ook vir plant en water lewering in kampe. Almal noord van die oranje rivier behoort genoeg brandstof te he om tot in Kaapstad te ry. (Dit is ‘n afstand aanduiding, nie ‘n aanduiding van waarheen groepe gaan ontruim nie.)

 

V: Hoeveel kos moet ek saamneem? Hein en Trudie

A: Dit neem 3 maande voor gesaaides ‘n oes oplewer. Ek sou nie minder as 6 maande se kosvoorraad he nie. Meeste mense beplan vir 9 maande. Ek self het 12 maande se kos. Niemand weet regtig hoe lank voor dinge sal stabiliseer nie, maar dit kan jare neem. As u plek vir meer het en dit kan bekostig, kry meer!

 

V: Waarheen gaan ons ontruim? Anoniem Johannesburg

Daar is 4 Suidlander provinsies in Johannesburg en elk het hul eie ontruiming roetes en kampe. Almal het ook ‘n opsie a, b en c. Die plekke word nie aan lede bekend gemaak nie maar genoeg informasie word gegee om by die groepe aan te sluit. U sal net die beplanning en voorbereiding wat deur groepe gemaak is moet vertrou. Omstandighede kan ook veroorsaak dat groepe na ander groepe se kampe gaan omdat hulle radiokontak sal he en enige planne kan verander.

 

V: Is die Suidlanders ‘n ver regse organisasie. Algemeen op WR Streek vergadering.

A: Nee. Net omdat ons lewens deur volks vreemdes bedreig word beteken nie dat ons ver regs is nie, ons is wel regs want Prediker 10:2 sê: Die hart van die wyse is na regs, maar die hart van ’n dwaas is na links, en ons kan nie anders as om Bybels korrek op te tree nie. Ons het bloot die bedreiging geïdentifiseer en ‘n noodplan ontwikkel. Ons is ook oorwegend behoudend en dus nie liberaal nie.

 

V:Kan Engelse persone by julle aansluit. Steve Durban

A: Ja, ons onder leier is Engels en hy is ‘n Boer in murg en been. Daar is baie volksgenote wat Engels praat, en die Suidlander noodplan is vir blankes aangesien die blankes volgens die internasionale organisasie Genocide Watch op ‘n vak 6 volksmoord geplaas is, vlak 7 is uitwissing.

 

V: Is christenskap ‘n vereiste om by die Suidlanders in te skakel. Naam weerhou deur Bestuur.

A:  Ons mandaat laat ons nie toe om die rol van kerke te vervul of oor te neem nie, hoewel die leierskap van Suidlanders almal gelowig is en ‘n ononderhandelbare Christelike grondslag het. Daar sal ook op streng Bybelse waardes en standaarde in kampe gehandel word, so ek sou nie na ontruiming baie sekulêre strukture verwag nie. Ons weet en glo dat net God ons uit hierdie nagmerrie sal kan red, en met wonderwerke wat gaan plaasvind en deur ‘n ware Godvresende voorbeeld te stel kan en hoop ons om ander na geloof te lei.

 

V: Wat laat julle dink dat daar so ‘n groot bedreiging is dat ontruiming nodig is. Sol De Weerhou.

A: ‘n Deeglike analise van die vermoë wat revolusionêres maak dit duidelik dat hoë digtheid bevolkings areas te onveilig sal wees om in te bly. Die blanke in Suid-Afrika is tot 20 teen een oorweldig. As anargie uitbreek en die polisie nie beheer kan behou nie (en hulle sal nie kan nie want hulle erken dit self) sal die bedreiging definitief ontruiming in sekere gebiede regverdig. Deur te ontruim kan ons mense organiseer en strukture in plek stel om onsself beter te beveilig. Om in ‘n besette gebied agter te bly sal mense baie kwesbaar en vinnig sonder infrastruktuur soos water, elektrisiteit en sanitasie agter laat. Die keuse om te ontruim is al in talle ander soortgelyke gevalle soos Libië, Sirië ens. gemaak. As jy beplan om te ontruim kan jy altyd bly, maar as jy beplan om te bly gaan jy moontlik net dit kan doen.

 

V: Is dit nie beter om te bly en ons woonareas te verdedig nie. Trotse Boer

A: Teen wie? Teen watse getalle? Teen watse wapens? Met watse wapens? En as ons besef dat niemand presies weet wat die antwoorde op hierdie vrae is nie, wil ek nie daardie opsie oorweeg met my vrou en kinders langs my in die konflik area nie. Die Suidlanders vat ons weerlose mense weg en kry hulle veilig, dan praat ons weer.

 

V: Kan ek eerder by ander organisasies aansluit. Ben Noordwes

A: Ons ondersteun alle behoudende organisasies. Daarom het die Suidlanders ‘n saamstaan verdrag met die AWB en Kommando korps gesluit. Onthou net dat elke organisasie sy rol en doel het. Die Suidlanders se spesialis area is die uitvoering van ‘n noodplan in tye van anargie. Elkeen wat bekommerd is oor die toestand van nasionale stabiliteit behoort by die noodplan ingeskakel te wees.

 

V: My pa glo nie aan hierdie goed nie, wat doen ek met hom. Van PTA Tech

A: Al wat jy kan doen is om hom ingelig te hou. Dit sal sy keuse bly om voorbereid te wees of nie. Jy kan altyd probeer om vir hom ook voor te berei aangesien baie mense in so ‘n situasie gewoonlik tot hul sinne kom as hulle die omvang van sake sien, en dan baie vinnig deel wil wees van ‘n noodplan. Glo my die dag wat die bom bars gaan almal Suidlanders wil wees. Hou moed en bid vir insig.

 

V: Kan ek my bediende saamneem, sy is ‘n goeie mens. Tannie Hettie

A: Nee. Daar is baie goeie mense onder ander nasionaliteite, maar ons sal in daardie tyd ons veiligheid moet voorhou as prioriteit. Dit kan net gedoen word as ons as ‘n volk saamkom en soveel  moontlik die risiko van infiltrasie beperk. Daar is groepe onder swart nasies wat ook onttrek. Sy moet saam met haar mense voorberei.