Die Noodplan

  • Die Suidlanders is ‘n groep mense van regoor die land wat deel vorm van ‘n nasionale onruimingsplan.
  • Ons het meer as 100 veilige areas geidentifiseer, waarheen groot goepe mense kan ontruim. Van daar kan groepe verder beweeg na ander areas indien nodig.
  • Ons het oor jare ‘n gedetaileerde ontleding gedoen van die land t.o.v. veilige roetes, begaanbaarheid, moontlike punte van bedreiging, bestaande lewensmiddele, ens
  • Ons beskik oor ‘n nasionale informasie network wat ons in staat stel om in voeling te bly met die revolusionêre klimaat op die grond en op beplanningsvlak.
  • Ons beskik oor die kundigheid om informasie vanuit die veld te prosseseer, verifieer, groepeer en as nuttige inligting te gebruik om akkurate projeksies en vooruitskattings te maak.
  • Ons beskik oor leierskapstrukture en lede wat in groepsverband funksioneer, om sodoende ‘n bevel en beheer netwerk te vorm wat groot groepe mense vinnig en effektief kan inlig en bestuur, ten einde ‘n uitvoerbare noodplan van stapel te stuur.
  • Ons beskik oor ‘n landwye radio-kommunikasie netwerk met verskeie mobiele veldstasies, wat ten tye van anargie in konstante verbinding sal wees met leiers, bestuur en ondersteuningspersoneel wat in die veld op strategiese plekke diens sal doen.
  • Ons beskik oor ‘n paneel van kundige hoë profiel spesialiste wat deurentyd aanbevelings en veranderings doen aan die strategiese, taktiese en tegniese beplanning rondom die noodplan t.o.v. ontruiming en weerbaarheid na ontruiming plaasgevind het.
  • Ons het duisende hegte groepe regoor die land wat nou reeds saamkom om mekaar geestelik, emosioneel en met praktiese voorbereiding by te staan ter voorbereiding van tye van nood.
  • Ons beskik oor die leiding, liefde en ontferming van ‘n almagtige Vader wat ons in die uitvoering van Sy opdrag  sal bystaan. Daarom staan die Suidlander dankbaar, nederig en voorbereid, met geloof  hoop en liefde vir ons volk, voor ‘n tyd van anargie.

[youtube id=”8PRYTj6ynP4″ width=”600″ height=”350″ autoplay=”no” api_params=”” class=””]