Gister het ons gekyk na hoe afhanklik die Suid Afrikaanse samelewing aan infrastruktuur en stelsels is. Gereeld hoor ons dat mense praat van onstabiliteit sou daardie stelsels en infrastruktuur in duie stort. Vandag vra ons die vraag: Hoe lyk dit as onstabiliteit in Suid Afrika sou voorkom?

Die beste om dit te verstaan is om te kyk na wat dit in die sosiale optrede en politiese oortuigings van ‘n groot arm populasie sou veroorsaak indien onstabiliteit voorkom. Wanneer ons kyk na gewelddadige protesaksie, word paaie geblokkeer en gewelddadige optrede soos plundering van winkels en die brand van voertuie en eiendom kom gereeld voor.

Hierdie optrede verteenwoordig onstabiliteit in ‘n spesifieke klein area, soos bv. ‘n universiteit of ‘n woongebied waarin daardie protesaksie voorkom. Wanneer dienste, voedselvoorsiening, watervoorsiening, sosiale onrus, ensovoorts egter op nasionale skaal voorkom, is daardie gewelddadige protesaksie iets wat regoor die hele Suid Afrika, en veral in groot stede voorkom, nie net meer geïssoleerd nie.

Wanneer infrastruktuur en beheer oor massas totaal verval op nasionale vlak, is daar letterlik geen area in bewoonde gebiede waar ‘n mens sou kon beweeg sonder om in konflik te kom met hierdie gewelddadig optrede nie.

Hierby kan natuurlik dan ook ‘n politiese motief bygevoeg word. Wanneer mense in so ‘n tyd besluit dat hulle teen die regering of teen ‘n ander faksie wil draai, sal daar grootskaalse gewelddadige konflik tussen faksies plaasvind. Dit gaan gepaard met die behoefte aan water, kos en ander lewensmiddele. Die oomblik wanneer groot groepe mense hierdie ernstige behoefte begin beleef, breek daar gewoonlik geweld uit vir die oorlewing van groepe. Wedywering tussen faksies veroorsaak dat nasionale gewelddadige optrede ten tye van onstabiliteit vinnig in ‘n burgoorlog tipe konflik ontaard.

In ons geval is dit logies om af te lei dat miljoene arm swartmense die logiese afleiding sal maak dat hierdie lewensmiddele beskikbaar is in ryker woongebiede. Hierdie ryker woongebiede is noodwendig dan waar die blanke middelklas woon. Dit sal veroorsaak dat die konflik wat tussen faksies plaasvind, ontaard in ‘n rassekonflik. In hierdie geval ‘n konflik vir die vekryging en behoud van belangrike lewensmiddele van kos, water, behuising, ens.

Ons sien ook in SA dat daar baie hoë vlakke van rasse polarisasie is. Oor die afgelope 20 jaar het politici dit duidelik gestel dat die armoede wat voorkom, grotendeens toe te skryf is aan die blanke bevolking wat ekonomiese vooruitgang vir swartes kniehalter en self beheer hou van die ekonomie. Daar word vrylik van wit kapitaal monopolie gepraat, en die veronderstelling onder die arm swart bevolking is dat hierdie armoede dan die oorsaak van blanke beheer en besitlikheid is. Dit bring ‘n politiese- en emosioneelgedrewe konflik tot stand. In so ‘n tyd sal swartmense hulle frustrasie, woede en emosie d.m.v gewelddadig konflik op die blankedom uithaal omdat dit dan ‘n rasse-konfliksituasie is.

SA het ‘n baie hoë populasiedigtheid van ongeveer 49 persone per vierkante kilometer. Dit beteken dat, wanneer lewensmiddele opgebruik of geplunder word in stede waar populasiedigtheid baie hoog is, mense deur honger en dors en die behoefte aan ander lewensmiddele gedryf sal word na die platteland waar dalk nie verwerkte voedselprodukte voorkom nie, maar daar steeds lewende hawe en graansilos voorkom. Op die platteland is ook natuurlike hulpbronne wat ‘n groot aantrekkingskrag vir hierdie behoeftige massas sal wees. Dit beteken dat daar letterlik geen area in SA sal wees waar mense nie sal opdaag om op een of ander manier hul hande op hierdie lewensmiddele te kry nie.

Soos u kan sien is die implikasie van die woord onstabiliteit baie groter as wat mense besef. Wanneer dit plaasvind, plaas dit dadelik baie groepe in konflik met mekaar en wedywering vir oorlewing maak dit baie meer gewelddadig as wat meeste mense besef.

Die volgende vraag is wat staan mense te doen, sou hierdie situasie in SA plaasvind. Kom ons lees môre verder.