BLITS-SMS STELSEL SMS die woord "Suid" na 31166. Vir enige probleme om te regesitreer stuur 'n e-pos met u nommer na navrae@suidlanders.co.za. Kostes beloop R19 per maand ( Slegs Vodacom en MTN. Geen Cell C en 8TA) |
A.g.v. die onseker tye wat ons nou begin tegemoet gaan, het Suidlander bestuur dit noodsaaklik geag om `n Nasionale SMS vermoë te skep waarby mense kan registreer om met die druk van `n knoppie, `n boodskap dwarsoor die land uit te stuur binne sekondes! Hierdie fasiliteit is hoofsaaklik in die lewe geroep om: 1) Paniek SMS’e teen te staan. 2) In geval van nood die nodige boodskappe spoedig te versprei. 3) Uitsprake van politieke en ander leiers oor die ontwikkeling van die revolusie deur te gee. 4) Tesame met ons huidige SMS-Struktuur stelsel, die Suidlander-Web en Suidlander Face-Book `n wyer kommunikasie netwerk daar te stel ten einde ons doel, om ons mense teen gevare te waarsku en te beskerm (met die nodige middele wat ons binne die wet het) verder uit te brei! BAIE BELANGRIK: Indien daar enige instruksie vanaf Suidlander bestuur aangekondig sou word, MOET die Nasionale SMS stelsel (Blits SMS), Suidlander-Web, Suidlander Face-Book, die huidige Struktuur SMS-Stelsel asook telefoniese skakeling met u betrokke leier dit bevestig! U hoef nie `n Suidlander te wees om by hierdie stelsel te registreer nie! Dit gaan oor die voortbestaan van die “wittes”, soos daar na ons verwys word deesdae! Aangesien ons op die voor-fase van finale uitwissing in SA staan, aldus Genocide Watch! SMS Registrasie: Die gesentraliseerde Nasionale Suidlander SMS-stelsel het vandag in werking getree. U kan registreer deur die woord “suid” (om ‘n SMS in Afrikaans voortaan te ontvang), of die woord “south” (om in Engels te ontvang) deur te stuur na “31166”. Die koste beloop R19 en sal by registrasie betaalbaar wees en daarna elke maand. Dit sal van u selfoon rekening of lugtyd verhaal word. U kan ook op enige stadium die diens kanselleer. Ons sal die normale weeklikse SMS’e sowel as addisionele “inligtings” SMS’e deur hierdie stelsel aan u stuur. U kan tussen 4 en 10 SMS’e per maand verwag. Die huidige SMS stelsel gaan vervang word deur hierdie stelsel maar leierskap hou die huidige stelsel in plek, sou daar enige instruksie vanaf Suidlander bestuur kom, sal dit op al vier mediums soos hierbo uiteengesit hanteer word. Bly op hoogte van gebeure en word betyds ingelig deur nou te registreer! |