Daar is twee stappe wat jy volg om aan te sluit:
Eerste stap is om by ‘n groep aan te sluit, al ons leiers is gelys op ons webtuiste www.suidlanders.co.za onder KONTAKTE. Kyk asb wie die leier in jou area is en kontak hom.
Tweedens het ons ‘n NOODSMS diens waarop jy op ‘n NoodSMS Whatsapp groep gelaai word en relevante inligting vanaf SL bestuur ontvang, asook geverifieerde rapportering van gewelddadige betogings, stakings ens. in jou area.
Om vir hierdie diens wat R89 p/m beloop en per debietorder verhaal word, in te skakel, kan jy gaan na SLUIT AAN op ons webtuiste om die debietorder aanlyn in te vul.
Voordele om te registreer op die NoodSMS stelsel:
Jy word op die NoodSMS Whatsapp groep gelaai soos hierbo bespreek.
Toegang tot ons noodplan.co.za webtuiste waar:
Handige voorbereidingsinligting bekom kan word;
Die koördinaat van jou eerste ontvangspunt tydens onttrekking indien jy vir welke rede nie saam met jou groep kan onttrek nie (eers geldig as totale landswye anargie/rewolusie uitbreek);
Aanlyn kollege waarop jy verskeie kursusse kan doen, eksames geskryf kan word en sertifikate ontvang word na suksesvolle afhandeling. Lede word opgelei om na onttrekking diens te kan doen in verskeie departemente wat wat dan opgerig sal word om aan die behoeftes van vlugtelinge te voldoen.
Eggenote en minderjarige kinders is outomaties ingesluit by hierdie diens.
Na ses maande op die NoodSMS stelsel sal jy kwalifiseer vir ‘n Lidmaatskapkaart wat vir die kaarthouer na onttrekking spesiale voordele sal inhou indien logistieke middele dit toelaat. Hierdie kaart is ook van toepassing op die hele gesin.
Inligtingsbronne om meer van die Suidlanders te wete te kom:
Skakel in by bogenoemde leier en sy groep en kom op hoogte van jou groep se onttrekkingsplanne, bymekaarkompunte, ens en woon vergaderings by, sodoende sal jy vinnig op hoogte kom.
Hou ook ons webtuiste www.suidlanders.co.za dop vir nuutste nuus, voorbereidingsartikels, projeksies, opleidingskampe, ander aktiwiteite, ens. Lees gerus ook vorige artikels oor die Noodplan, voorbereiding, SL se sienings oor verskeie sake, ens.
Baie insiggewende videos, onderhoude ens. is beskikbaar op die Suidlanders se Youtube kanaal https://www.youtube.com/SuidlandersMedia
Gustav Müller, stigter en leier van die Suidlander Noodplan inisiatief kan gevolg word op https://twitter.com/Gustav_Muller_
Suidlander Twitter adres: Twitter.com/suidlanders
Ons internasionale webtuiste gemik op oorsese volgers kan gevind word by https://suidlanders.org/
‘n Belangrike inligtingsbron, veral vir nuwe lede, is die Suidlander Handleiding. Hierdie is ‘n 275 bladsy E-boek wat alles verduidelik vanaf onttrekking, hoe om in konvooie te ry en gevaarsitusasies tydens onttrekking in konvooie te hanteer, strukture na onttrekking, trauma ontlonting, en vele meer. Vir bestelling van hierdie E-boek van R100, kan jy my gerus epos by [email protected] – Ook beskikbaar in Engels.
Groete Karen