Die blankedom, ja, u die leser ingesluit, is na jare se stelselmatige padda-in-die-pot propaganda klaarblyklik in ‘n waastoestand. In hierdie era waar onderhoude met ‘n radikale wit vyandigheid soos die een hieronder op regeringsmediakanale gevoer word sonder dat dit ’n hewige hêrrie veroorsaak of selfs vervolging regverdig, is ondenkbaar.

Die ondertoon van hierdie blankehaat propaganda het lankal reeds die tafel vir rewolusionêre en volksmoordgereedheid gedek. Hierdie propaganda dien as bevestiging dat die blankedom voor die deur van ‘n ondenkbare aanslag staan. Mens wil dit uitskree.

En terwyl ‘n handjievol elke moontlike minuut bestee, elke Rand wat beskikbaar is, om ‘n oplossing vir die blanke Suid-Afrikaner te bied, kies die res van die volk om hul aandag aan die gemakliker deel van die lewe te skenk. Mense raak dronk van toeweiding aan sport, kuier, geldmaak en natuurlik die gunsteling tydverdryf, om volksgenote te kritiseer, af te breek en sleg te maak.

Gesien in die lig van die desperate tyd waarin ons staan en die selfsugtige optrede van volksgenote, is dit baie duidelik: Hierdie volkie gaan binnekort die verskriklikste tyd ingaan, iets wat die wêreld in afgryse gaan laat.

Kies om hierdie laaste tyd so te spandeer dat dit die Vader behaag.