Ons informant wat spesialiseer op swart kultuur en tale vertel eenslag hoe hy deur ‘n swart werker vir sy fisiese krag en gesondheid gekomplimenteer is. “Uphile okwenduku yomnquma” (jy is so sterk (gesond) soos ‘n olienhoutkierie.)

Jare later breek daar eenkeer ‘n bakleiery uit tussen hom en ‘n ander swartman. Die swartman met ‘n kierie in sy hand raak handgemeen met ons informant, en ‘n paar houe word uitgeruil. Ons informant kry in die bakleiery die kierie in die hande en voor hy nog iets kon doen, laat spaander al die swart omstanders asof hy ‘n geweer optel. Hoekom het hulle met soveel angs gereageer? Wat het hulle die skrik op die lyf gejaag?

In hulle taal kry jy ‘n olienhoutkierie, en ‘n olienhoutkierie. Wanneer jou gesondheid en krag met ‘n olienhoutkierie vergelyk word, kry dit heeltemal ‘n ander betekenis. Jy sê dit dieselfde, spel dit dieselfde, maar die konteks waarin dit genoem word, maak al die verskil. Daardie kierie word op ‘n sekere manier gesny, gedroog, en mooi gemaak. Daarna word ‘n likkewaan met die kierie doodgeslaan. Die likkewaan se maagvet word aan die kierie gesmeer en sy maagvel gedroog om om die eienaar van die kierie se arm gedra te word. Die kierie het dan spesiale kragte.

In Afrikaans is ‘n kierie net ‘n kierie, maar in Afrika is daar verskillende soorte, elk met sy eie betekenis en waardes wat aan dieselfde woord en item gekoppel word. In daardie tale met hul beperkte woordeskat, sommige met so min as 10% in vergelyking met ‘n Westerse taal soos Engels, bestaan meeste van die kommunikasiewaarde uit emosie, konteks, insinuasie, en selfs die tydperk waarin sekere groepe hul inisiasieskole bygewoon het. As die stamhoof sou sê “Ek voel honger vanoggend” sou dit vir die Westerling bloot beteken dat die hoof honger voel. Vir sy stamlede beteken dit iets heeltemal anders, dis ‘n opdrag, en die reaksie sal wees om op te spring en vinnig uit te vind presies waarvoor die hoof lus is, en te sorg dat hy dit kry.

Ons sien byvoorbeeld hierdie uitlating deur ‘n bekende hoofman ‘n tyd gelede dat: “Buitelanders moet landuit omdat hulle ons werksgeleenthede in Suid Afrika kom vat.” Die reaksie daarop was die vlaag van xenofobiese aanvalle op buitelanders. ‘n Eenvoudige opmerking in ons Westerse kultuur kan ‘n opdrag met fyn besonderhede daarin vir die Afrikaan wees.

Kommunikasie in hierdie tale kan geskied deur liggaamshouding, hoe ritmies ‘n aksie uitgevoer word, gesigsuitdrukking, stemtoon, handgebare, ens. Hieronder word twee pangas skerp gemaak, kyk na die verskil. In een van die videos word dit soos in ‘n oorlogsdans gedoen. ‘n Boodskap wat lui “met hierdie panga gaan ons bloed laat vloei” Besluit self watter een daardie boodskap dra.

Verlede week, met die aanbreek van die anti-Zuma protesaksies, het ons lede gewaarsku en gemaan om eerder nie hierin deel te neem nie. In ‘n sekere mate gaan dit oor die moontlike konflik wat daar kan uitbreek tussen reeds hoogs gepolariseerde swart faksies, politieke partye en groeperings.

Ons projeksies toon dat hierdie omstandighede verby ryp is om in konflik te ontaard. Die risiko wat daarmee gepaard gaan, is tweedens ook dat veral die ANC en pro-ANC faksies die ongelukkigheid teenoor die regering baie effektief sal kan ontlont indien die blanke as ‘n party hierby ingesleep word.

Dit is ook presies wat die blanke deelname aan verlede week se protesaksies veroorsaak het. Afrika stamme, soos ons herhaarldelik in die verlede gewaarsku het, sal dadelik Afrika konflik staak indien die blanke ‘n party tot hierdie konflik raak. Afrikane veg net onder mekaar solank die Westerling vêr wegbly van die geveg.  As blankes toetree, sal hulle dadelik deur beide partye in daardie konflik as ‘n gemeenskaplike vyand gesien word.

Dit is toe ook presies wat gebeur. Zuma het dadelik die blanke deelname aan die protesaksie as ‘n herlewing van rassisme beskryf. Ook het die burgermeester van Ekurhuleni, Mzwandile Masina, gister gewaarsku dat die blankes nou ‘n nuwe selfversekerdheid toon “Now this thing of being shown the middle finger everywhere by white people because they’ve gained a new confidence, must come to an end. I want to say to our white counterparts in South Africa, they must be very very careful. Don’t divide our nation because if you continue to do so those who sided with you in 1994, they won’t be here in five years. It might be very rough and we are many. This is not a threat, we are many [and] it might be very very rough.

Hierdie waarskuwings van ‘n rowwe tyd wat kom, moet nie ligtelik opgeneem word nie. Lees nou wat hierin gesê word in die lig van ons verduideliking oor Afrikataal insinuasie in die begin van die berig. Afrika tale het ‘n beperkte woordeskat met ‘n uiters komplekse suggestie ondertoon. Enige persoon met kennis in die Afrikaan se suggestiewe kommunikasievermoëns sal bevestig dat daar op ‘n baie indirekte manier direkte instruksies gekommunikeer kan word. Presies dieselfde is van toepassing op Malema se uitlating “We are not calling for white people to be slaughtered… yet

Hierdie uitlatings word sonder twyfel deur swartes as ‘n direkte identifikasie van die gemeenskaplike vyand, asook toekomstige optrede teenoor daardie vyand, ontvang. Dit is slegs in ons uiters naiewe liberale kringe waarin daar in ‘n gees van wensdenkery en met idealistiese verwagtinge ‘n blinde oog gedraai word na die werklike betekenis.

Wat die ontkenning van hierdie realiteit natuurlik vererger, is die vlak van idealisme in ‘n liberale wêreldbeskouing. Liberale denke word verwesenlik deur feitlike data te verruil vir ‘n ideaal. Hierdie denkvorm bepaal dat ‘n persoon ‘n droomkonsep vergestalt en kies om dit na te streef. In die begin van so ‘n visievorming, kom daar dikwels kontrasterende realiteite. Dit het gebeur deur die herhaaldelike waarskuwings van behoudende konserwatiewe gemeenskappe pre-‘94. Op daardie stadium was dit nog ‘n debat met ‘n 50/50 ewewig aan beide kante. Hoe meer die realiteit oor die laaste 23 jaar gewig aan die konserwatiewe kant gelaai het, en legitimiteit aan die liberale ideaal van die reënboognasie verminder het, hoe moeiliker het dit vir die liberalis geraak om aan daardie ideaal geloofwaardigheid te skenk.

Steeds sal dit intellektuele selfmoord beteken vir die liberalis om te erken dat sy ideaal aan skerwe lê. Hierdie konsep van ontkenning van realiteit vir die beskerming van die ideaal het natuurlik enorme implikasies op die interpretasie van hierdie uitlatings deur swart leierskap en politici. Waar ‘n persoon met feitlike ontledings ‘n gevaar sal sien in sulke uitlatings, sal die liberale denke dit steeds ontken en as onskuldig interpreteer. Verstaan u nou hoekom die breëstroom media so traag is om rewolusionêre en haatspraak uitlatings deur swart politici te erken vir wat dit is? Erkenning daarvan sou ongekende skade aan hul eie patroon van wensdenkery aanrig.

U sal eendag met die kragtige realiteit gekonfronteer word dat ons as blanke gemeenskap in Suid Afrika ‘n vloedgolf van waarskuwings gehad het. Slaan ag.