Dan Plato van die Wes-Kaapse Gemeenskapsveiligheid het in die verlede ‘n inligtingsessie met polisiebestuur aangevra insake die funksionering van polisiestasies gedurende beurtkrag. Dit kom na ‘n aantal polisiestasies gerapporteer het dat hulle fone buite werking is wanneer die krag afgaan terwyl ander stasies sonder brandstof vir hul kragopwekkers is tydens beurtkrag. Daar is ook verskeie klagtes ontvang vanaf die publiek dat verklarings nie in polisiestasies afgeneem kan word tydens beurtkrag ure nie. Volgens Plato is polisiestasies swak toegerus. Dit blyk dat slegs 30% van polisiestasies in Suid Afrika kragopwekkers het, en dat radio kommunikasie by polisiestasies sal staak indien die krag vir langer tye af sou wees. Meeste polisiestasies het ook skakelborde wat met krag werk.

Dit is uiters kommerwekkend dat polisiestasies nie voorbereid is op ‘n langtermyn nasionale kragonderbreking nie. Die polisie is Suid Afrika se eerste stabiliseringsmag wat in tye van anargie aangewend kan word. Indien anargie dus sou uitbreek as gevolg van ‘n nasionale kragineenstorting, sal die enigste vlak van polisiëring op sy knieë gedwing word in ‘n tyd waar daar ontruimingsplanne deur groot maatskappye, ambassades en selfs regeringslui saamgestel word vir sulke omstandighede. Die polisie behoort die eerste instelling te wees wat voorbereid is vir sulke omstandighede.

In die verlede is daar gereeld gespekuleer oor die vermoë van die polisiediens om in tye van anargie ‘n mate van stabiliteit en wet en orde te verkry. Alhoewel ons by die Suidlanders nog nooit daarop gesteun het nie, blyk dit nou dat die polisie se vermoëns nog swakker daarin af sal wees.

Die vraag wat ons hier kan vra, is hoekom die mees belangrikste mag in terme van stabiliteit nie bemagtig is om dit te verkry indien SA infrastruktuur in duie stort nie. Is dit bloot nalatigheid, is dit onkunde en onbevoegdheid of is hierdie onverantwoordelike toedrag van sake juis met ‘n plan geskep. Die gevolg van afwesigheid van wet en orde in vandag se omstandighede is voor die hand liggend. Miskien is daardie gevolg juis wat beplan word.