Ons het nou van drie deure gepraat en die vreeslike gevaar wat dit vir ons geesdimensie inhou. Tweeddrag tussen mense, die tong of die lippe, en trots. Sekerlik kan ons nou ander verwante dinge self onderskei.

Ek sien raak punte in Spreuke 6:16-19. Dis die dinge wat die Vader haat en verafsku: Hoogmoed, ‘n tong wat lieg, hande met bloed bevlek, komplotte, die koers van kwaad, ‘n getuie wat lieg, iemand wat rusie stook.

Nou kom staan daar ‘n onuitspreeklike kosbare en geliefde Deur voor ons. Een wat ons met oorgawe moet kies en daarby ingaan: Joh 10:9: “Ek is die ingang; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word.” Dié Deur lei na verlossing, beskerming en sekuriteit, maar dit is ‘n voorreg waaroor ons self moet besluit en dan groei daarin, tot ons sterk staan.

Hoekom moet ons hierdie keuse vir die Vader maak en daaraan vashou?
Want:

  • Ons is uitgesluit van Sy beskerming en genade as ons nie reg kies nie.
  • Ons moet hierdie feit dat ons verlore is sonder Hom, duidelik verstaan.
  • Ons moet weet dat ons hierdie keuse self moet maak en dan afstand doen van sonde soos dit wat die eie-ek wil doen.

Ek lees in ‘n boek van Charles Finney: “Entering implies utter renunciation of self-righteousness, self-protection and self-support. We must put ourselves entirely under the control and protection of the Shephard.” Ons het nodig dat die Heilige Gees aan ons openbaar wat die oorgawe behels.

Lees asb die hele Joh 10:1-17. As ons nou weet wat die Herder se rol in ons lewe is, moet ons ingaan in hierdie veilige hawe wat ons die skaapkraal kan noem. Maar wees versigting vir rowers en diewe wat nie deur die hek inkom nie, hulle kom net om te steel, te slag en uit te roei.(Joh 10:10)

Mense wat in die skaapkraal wil inkom, het hulle eie opinies en metodes en reёls. Hulle praat soms heerlik saam, maar het nie eers broodnodige kos gekry nie. Hulle het nie vertroue in Hom nie, en kan Hom nie nader met geloof en sekerheid nie. Hulle hink op twee gedagtes. Ons wat die Vader aangeneem het as ons persoonlike Verlosser sal weer en weer inbeweeg deur Christus die Deur. Ons is veilig en geborge daar. Ons het ‘n verhouding met Hom. Ons bevestig met Hom dat ons Hom liefhet, en aanvaar Sy kosbare beskerming. Lees Ps 23 in die Lig van God se huisvesting vir ons. Vers 5 en 6 praat van: “U ontvang my soos ‘n eregas… ek sal tuis wees in die huis van die Here…

Nou verstaan ons van die feesmaal in Openbaring 3:20: “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom feesmaal hou, en hy met My.”

Liefdegroete

Anen