Omdat sekere gebiede in anargie kan verval terwyl ander gebiede in die land nog relatiewe stabiliteit kan beleef, is die Noodplan so saamgestel dat u met ‘n vlugaksie kan begin nog voor daar op nasionale vlak daaraan deelgeneem word.

Voor-fases

‘n Aparte module genaamd Voor-fases is beskikbaar waarin optrede in situasies van onstabiliteit of gevaar breedvoerig bespreek word. Hierdie omstandighede kan voorkom voordat daar aan die fases van ‘n nasionale noodplan deelgeneem word. Voor-fases behandel onder andere gevaarlike protesaksies, hoe om in gereedheid te kom, voertuig/huis en persoonlike voorbereiding en voorsorg en vele meer.

Fases 1-3 van die Noodplan is lokaal, of in u gebied, en word lokaal gekoördineer. U kies self of u onveilig voel, en of u die area wil verlaat.

Fases 4-6 word nasionaal uitgevoer en word deur gebieds hoofkantore gekoördineer. Die gebieds hoofkantore word deur nationale HK’s bedien van inligting en behoeftes word deur die nationale HK’s aangespreek.

Opsommend

Voor-fase
Deel 1 – Sporadiese geweld en/of anargie
Fase 1 – Aanmelding binne of naby woongebied
Fase 2 – Deurgang en verwerking buite gevaar sone
Fase 3 – Veilige plekke
Deel 2 – Nasionale geweld en/of anargie
Fase 4 – Die ou Geel kamp deurgang en verwerking
Fase 5 –Aankoms by die grens, ontvangs prosedure. Die ou Rooi kampe aankoms en verwerking
Fase 6 – Beveiliging en bemagtiging van sektore anderkant die grens.

DEEL 1 – Sporadiese geweld en/of anargie

Sporadiese geweld kan en sal na verwagting tot ‘n onbekende, maar na verwagting, in ‘n groot mate die voorloper van nasionale anargie wees. Wanneer geweld en/of anargie sporadies plaasvind sal sekere gebiede, streke of provinsies elk ‘n totaal unieke vlak van bedreiging ervaar.

Die geregverdigde optrede tydens hierdie area-gebonde geweld en anargie, sal onafhanklik van ander streke en provinsies plaasvind. Hierdie optrede is dus nie nasionaal van aard nie. Die vlugproses sal net deur lede in die geaffekteerde omgewing uitgevoer word.

Hierdie fases is ook omkeerbaar. D.w.s. dat die sporadiese geweld en/of anargie weer mag opklaar. Indien stabiliteit dus weer verkry word in die geaffekteerde area kan vlugtelinge na afloop van die geweld en/of anargie weer na hul woongebiede terugkeer.

Die fases en geografiese ligging van bymekaarkompunte, deurlaatpunte en veilige plekke is vertroulik maar moet beskikbaar wees aan alle deelnemers van daardie fase. Vir sekuriteitsredes kan die veilige plekke hoogstens aan sleutel personeel en lede bekend gemaak word.

Ons elektroniese (noodplan.co.za) stelsel skep die geleentheid (vir duisende mense wat vir welke rede ookal nie oor die afgelope dekade by ons strukture kon aansluit nie) om koördinate te bekom wat hulle na veilige areas sal lei. Hierdie koördinate is nie op bestaande veilige roetes of veilige punte van Suidlanders nie. Die verskeie koördinate sal vlugtelinge op punte bring waar hulle minstens 1 x elke 24 uur opgepik sal word om dan ingeskakel te raak in die nasionale noodplan.

FASE 1

Beweeg na vooraf geïdentifiseerde bymekaarkompunte in die direkte omgewing van die woongebied. Hierdie punte kan vir solank dit veilig is beman word om sodoende oningeligte, maar veral nie-lede wat deur die geweld en/of anargie oortuig voel om aan die vlug deel te neem, van ‘n rigting en volgende punt te voorsien. Hier kan ook instruksies deur middel van verf op die pad, of teen ‘n muur ens. aangebring word.

Bekendheid – Alle lede en nie-lede moet hierdie punte ken, asook die rigting van beweging na fase 2

FASE 2

Die versameling van vlugtelinge op vooraf geïdentifiseerde bymekaarkom-punte, weg van die gevaar. Hierdie fase kan slegs as deurgang en inligtingsbron aan vlugtelinge dien. By hierdie fase se veilige plase kan daar ook vir langer tydperke vertoef word, na gelang van omstandighede.
Indien dit moontlik is kan vlugtelinge hier onder leierskap geplaas word. Konvooi pakkies kan hier gevorm word. Radio en ander kommunikasie strukture ens. kan hier georganiseer word.

Bekendheid – Alle lede moet hierdie bymekaarkompunte ken, asook die rigting van beweging vanaf hierdie punte.

FASE 3

Hierdie is die veilige areas waar daar vir ‘n onbepaalde tyd vertoef kan word. ‘n Voorbeeld hiervan is ‘n plaas wat vooraf gereël is en waarop sekere voorbereiding en/of infrastruktuur by opgerig is. Genoegsame water en kampeerterreine is hier belangrik. Alle lede moet by fase 3 onder die onderstaande leierskap strukture ingedeel word.

Provinsiale leier
5-10 Streeksleiers
Elk soveel as nodig Groepleiers.
Elk tot 10 Families

Daar kan minder as 10 onder elk indeel, maar nie meer nie. Kies nuwe leiers uit bestaande leiers en lede. Identifiseer vroegtydig opkomende leiers om met huidige leiers saam te werk.

Verder moet daar tydens Fase 3 radio kommunikasie met die betrokke gebieds HK bewerkstellig word. Die gebieds HK van die sektore waarheen vlugtelinge beweeg sal u beweging koördineer. Gebieds HK’s sal op hulle beurt met nasionale HK’s koördineer, sou u ompaaie moet neem na veiligheid.

Bekendheid – Die ligging van fase 3 veilige plekke kan aan aktiewe lede bekend wees.

Indien dit nodig is om weens ‘n bedreiging die fase 3 terrein te verlaat, kan daar nou verdere veilige plekke geïdentifiseer word. U gebieds HK sal in oorleg met ander gebieds HK’s u dan begelei na verdere veilige areas.

Alle optredes tydens hierdie fase geskied nog sporadies en met direkte oorleg met ander gebieds Hk‘s. Dit sal beteken dat daar sekere areas is waar lede steeds by hul huise is en nie ontruim het nie. Alle kommunikasie vanaf vlugtelinge sal direk met die gebieds HK’s plaasvind. Dit kan d.m.v. radio of indien moontlik, d.m.v. selfone geskied.

Ons sal by ‘n fase 3 bly tot daar deur nasionale Suidlander leierskap besluit en aangekondig word dat ons na ‘n volgende fase oorbeweeg. Die oorgang na fase 4 sal slegs geskied wanneer daar ‘n nasionale ontruiming moet plaasvind. Alle senior leierskap insluitend provinsiale en sektor bevelvoerders besluit saam oor die aankondiging van ‘n nationale toestand van anargie.

DEEL 2 – Nasionale geweld en/of anargie

Nasionale ontruiming behels ‘n ontruimingsaksie waarby alle streke en provinsies deur nasionale anargie bedreig word. Hierdie fase sal die onomkeerbare toestand kenmerk en sal deur alle lede regoor die land uitgevoer word.

Hierdie fases sal die hele land se provinsies na sekere areas kanaliseer. Hierdie area is vooraf geïdentifiseer, voorberei en sal dan eers beman word. Die doel van hierdie nasionale been van die noodplan is om die blanke bevolking so te posisioneer om beheer en bemagtiging oor een of meer groot areas of provinsies uit te oefen ter beskerming en langtermyn self behoudendheid.

FASE 4

Beweeg vanaf veilige Fase 3 terreine na Fase 4 sektor ontvangspunte. Op die pad (afhangend van u roete) kan u by prosesseringspunte aandoen. Hierdie Geel punte is slegs deurgangspunte, maar kan na gelang van omstandighede ook vir tydelike oorstaanpunte gebruik word.

Tydens fase 4 sal gebieds HK’s en nasionale HK’s beman word en sal die vlug koördinering direk tussen vlugteling bevelvoerders en gebieds HK bevelvoerders geskied. Die nasionale HK beheersentrums sal hier ‘n waarnemende rol speel en deurgaans met gebieds HK bevelvoerders konfereer.

Bekendheid – Alle Provinsiale leiers en hul gekose senior leierskap, asook enkele vertrouelinge sal van die ligging die punte kennis neem.

FASE 5

Hier word by grens ontvangspunte aangemeld en sekere prosesse sal hier begin. Dit sal die verwerking en plasing van vlugtelinge behels.

Bekendheid – Slegs gekose Provinsiale leiers en personeel sal die liggingvan sektore op en weg van die grens ingelig word.

FASE 6

Die sesde fase van die Noodplan behels sekere vooraf bepaalde reddings- en bemagtigingsaksies ter implementering van langtermyn veiligheid en lewensvatbaarheid. Personeel is en word deurgaans hiervoor opgelei.

Bekendheid – Slegs sleutelpersoneel.

ONDERSKEIDING

Die grootste onderskeid tussen die twee bene van die Noodplan is die sporadiese en onafhanklike eienskappe van die eerste been, in teenstelling met die nasionale deelname en gekoördineerde eienskappe van die tweede been. Verder ook die tydelike en omkeerbare uitvoer van die eerste been, in teenstelling met die permanente en onomkeerbare tweede been.

Die oorgang van die eerste been van die noodplan na die tweede mag onder alle omstandighede slegs geskied tydens aankondiging van nasionale bestuur na deeglike klassifisering van die intensiteit, geografiese verspreiding, en totale verlies van beheer deur die veiligheidsdienste van die land. Die Suidlander leierskap strukture sal onder geen omstandighede voortydig optree nie, en sal alle ontruimingsinstruksies as u eie keuse deurgee.

Vanaf aanmelding by sektor ontvangspunte sal plaaslike aksies van vrywillig na verplig oorskakel. Hier sal streng bevel en beheer maatreëls in ooreenstemming met die dringendheid van die toestand geld. Slegs reaksiemagte sal bestaan uit vrywilligers aangesien hulle bemoei sal wees met spesiale take, net soos ons eie ou 32 bateljon uit vrywilligers bestaan het.