Lewensmiddele

Die Suidlander Noodplan Inisiatief het in sy opeenvolgende ontwikkelingsfasette verskeie uitdagings geidentifiseer in die unieke toestande wat ons sal moet aanspreek. Die beheer en benutting van logistieke en lewensmiddele was een so ‘n probleem. Verskillende mense gaan eendag na anargie in veilige areas opdaag met verskillende vlakke van gereedheid en voorbereiding.

Die totale som van alle logistieke middele sal byna geen noemenswaardige voordeel hê indien dit eweredig tussen alle vlugtelinge verdeel sou word nie. Dit sou ook alles behalwe regverdig wees. Verskillende mense het die Suidlander waarskuwing verskillend hanteer. Sommige het oor die jare deeglike voorbereiding gedoen, terwyl ander die waarskuwings geignoreer het.

In die unieke tye wat kom is die beginsel dus dat elke persoon of familie se persoonlike voorbereiding slegs tot aanwending van daardie familie of persoon mag geskied. Die Suidlanders is nie kommuniste nie. Wanneer ‘n familie of individu kies om onvoorbereides te help, is dit natuurlik ‘n ander saak.

Lewensmiddele wat dan deur ons bestuurstelsel in die area vir vlugtelinge beskikbaar raak, kan eweredig aan vlugtelinge gebied word. Hierdie sal ‘n baie basiese aantal kosprodukte wees. Lewende hawe en graanbergingsfasiliteite sal hoofsaaklik hiervoor aangewend word. Kleiner gemeenskappe wat groente en ander vars produkte verbou, sal natuurlik met ‘n ruiltransaksieproses begin.

Hou ook in gedagte dat vlugtelinge wat deeglik voorbereid is, baie vinniger die punt sal bereik waar hulle min of dieselfde hoeveelhede as onvoorbereides het. Wanneer voertuig onderdele nie beskikbaar is nie, sal voertuie baie vinniger in onbruik verval as wat mense voorsien.

Voorbereides sal aanvanklik van hul voorbereiding in ruiltransaksies prysgee om sekere items te bekom wat vir hulle meer belangrik is. Terselfdertyd sal onvoorbereides hulself konstant bemagtig deur voertuie, wapens en ammunisie, kos en ander lewensmiddele te bekom deur middel van dienste wat gelewer word, agtergelate items in te vorder, asook oorledenes se lewensmiddele van beslag te neem.

Die verarmingsproses van goed voorbereides, asook die bemagtigingsproses van swak voorbereides sal hierdie twee verskillende groepe baie vinniger op dieselfde vlak bring as wat mense besef.

Om hierdie beginsel deur te trek na ander vorme van selfaanwending – ‘n konsep waarin jou voorbereiding net vir jouself aangewend word, is belangrik om te verstaan, ook op ander vlakke van voorbereiding.

Lees volgende keer verder.