Dit Is Erger As Wat Hulle Sê

hartDie politici in Suid Afrika maak deesdae redelik gereeld melding van die negatiewe sake. Hulle moet, daar is te veel en kan nie geïgnoreer word nie. Hulle kan nie net niks sê nie. Soos die waterkrisis, emmigrasiekrisis en elektrisiteitskrisis. Hulle moet melding daarvan maak sodat hulle blaam kan plaas. Maar weet dit, wanneer die politici en media negatief  berig oor die stand van sake in SA, word dit met ‘n politiese motief baie ver van die werklike toedrag van sake gestel. Hulle moet dit ook aanspreek sodat hulle ‘n oplossings kan voorlê, soos ‘n ‘warroom’ vir Eskom of ‘n operasie ‘Fiela’ vir emmigrasie – om sodoende ons gerus te stel.

Elke uitspraak oor sulke negatiewe sake word so gemaak om die eintlike sondebokke so goed as moontlik te laat lyk. Hulle sal nie die volle erns van ‘n krisis of onstabiliteit bekend maak nie om gesig te spaar. Soos ‘n kind wat sy pa ‘n afgewaterde weergawe vertel oor die stukkende ruit voor die buurman die ware verhaal vertel. Dit het tot gevolg dat ‘n afgewaterde weergawe van die krisis by die publiek uitkom.

Dink aan die uitsprake wat gemaak was met die beurtkrag van 2012. Dit was nietig gemaak en as slegs tydelik bestempel en politici het ‘n erg afgewaterde weergawe gegee. Soos ons kan verwag kry die krisisse wat vandag voor ons deur lê ook nie die nodige aandag nie.  Die mynbou sektor, die SAUK, SARS en die SAW is ook voorbeelde van sulke gevalle waar krisisse as nietig hanteer is.

Dit gesê, die ligtelike manier waarop infrastruktuur verval aan ons gerapporteer word  is uiters kommerwekkend. Die verwerkte (vervalsde) statistiek wat ons kry omtrent verval is baie ernstig. Uit hierdie openbare uitsprake is daar baie ernstige rede vir kommer. Die kommer is dat mense hul voorbereiding en projeksies op hierdie uitsprake basseer, uitsprake wat nie tred hou met die werklike stand van sake nie.  Die aanname kan dus gemaak word dat die elektrisiteitskrisis heelwat erger is as wat vir ons gekommunikeer word. Ook die waterkrisisse gaan nog baie erger nagevolge hê as wat met ons gedeel word.

Die politici vra die publiek om negatiewe media uitsprake te ignoreer. Ons waarsku die publiek om die kommerwekkende waarheid tussen die lyne en agter die hoofopskrifte te vind.

Hart Van Bergh

SL Student Ontleder

[/fusion_builder_column][/fusion_builder_row][/fusion_builder_container]