Let wel ons het weens onvoorsiene omstandighede die datum verander na 18-20 Oktober.  Die kampterrein verander ook en dit sal nou by Boerehart buite Virginia wees.

Die program is as volg:

  1. Inleidings vergadering Vrydagaand 18:00.
  2. Vertoning en bespreking van video materiaal wat handel oor die rewolusionêre klimaat 19:00.
  3. Huisvoorbereiding Saterdag 08:00.
  4. Grypsak demonstrasie 08:30.
  5. Konvooi aksies 09:00.
  6. Komms demonstrasie met landwye radio toets. 10:00.
  7. Mediese voorbereiding 11:00.
  8. Verval van morele waardes in die boervolk. 11:30.
  9. Etenstyd 12:00.
  10. Motor en treiler voorbereiding met 4×4 demonstrasie 13:00.
  11. Vlugteling beheer sentrum oefening 14:00.
  12. Aktiwiteit deur Hoofkantoor voorsien 15:00.
  13. Boeresport en hommeltuig demonstrasie 16:00.
  14. Braai en saam kuier 18:00.

Daar is genoeg kampeerplek en ablusie geriewe met warm water. Ons vra R50 per kampplek om kostes te dek. Die lokaal en aanwysings word later geplaas. Bring vriende familie en belangstellendes en kom geniet ñ heerlike naweek saam met ons. Suidlander groete.

Jan Fourie 071 007 0250