Die Kaapse waterkrisis raak ‘n al groter realiteit vir inwoners. Dit behoort nie net vir Kapenaars ‘n bron tot kommer te wees nie, maar vir elke blanke in ons land. In tye wat kom sal ons almal op een of ander vlak ‘n waterskaarste beleef. Tydens anargie wanneer die kragnetwerk in duie stort, sal water oraloor ‘n skaars item wees.

Daar is verskeie stappe wat in water-skaars tye geneem kan word. Kapenaars neem kennis, julle tyd van ernstige watertekorte is dalk net nader. Oorweeg die volgende:

  1. Die belangrikste item met betrekking tot water is houers. Sorg dat u soveel as moontlik houers soos dromme aanskaf, en maak hulle vol.
  2.  Wanneer watervoorraad gestoor word, moet dit verkieslik behandel word om sodoende vars te bly. Gestoorde water kan behandel word met dieselfde watersuiweringsdruppels wat by Suidlander HK te koop is. Toetse het getoon dat behandelde water tot 7 jaar vars bly, en die Aqua Salveo produk ‘n 10 jaar rakleeftyd het. Sien gerus http://pakhuis.co.za/2016/05/31/aqua-salveo/ vir meer inligting hieroor.
  3. Stoor u water in ‘n koel donker plek.
  4. Voorkom die gebruik van spoeltoilette indien daar nie genoeg water is nie. Te min water met elke spoel sal veroorsaak dat riooldigtheid te hoog is vir vloei, en pype sal dus verstop.
  5. Indien ondrinkbare waterbronne, insluitend seewater beskikbaar is, kan dit vir spoeltoilette gebruik word. Merk houers waarin sulke water gestoor word deeglik.
  6. Groter opgaarfasiliteite kan relatief goedkoop opgerig word. ‘n Opslaan swembad kan vol getap word. Maak dit toe met ‘n swart seil om alge groei en ander besoedeling uit te hou.
  7.  Spaar water deur voedselvoorbereiding so te doen dat die minimum skottelgoed gebruik word deur byvoorbeeld braaivleis van die rooster af te eet. Trek ‘n plastiek sakkie oor u bord om dit na die tyd net te kan weggooi.

Verwys ook na ons vorige artikel omtrent watervoorbereiding