Vandag se taxi-staking is ‘n goeie voorbeeld van hoe effektief ‘n stad afgesper kan word. Verskerp u gereedheid vir ‘n vinnige vlugsituasie. In sulke omstandighede kan daar moontlik ‘n baie kort kennisgewing wees voordat paaie uit stede onbegaanbaar raak.

Dit vereis enorme koördinering en reëlings om so ‘n geweldige hoeveelheid hoofroetes te blokkeer. Hierdie taxibestuurders beskik duidelik oor so ‘n koördineringsvermoë. Wat ook aandag trek, is dat daar geen poging deur die polisiediens aangewend word om hierdie blokkasies van paaie te voorkom of te verwyder nie.

Elke keer as so ‘n oefening uitgevoer word, spreek dit tot die res van die land se rewolusionêres. Dis ‘n prentjie wat vassteek en sal ongetwyfeld in die uitbreek van ‘n rewolusie op grootskaal uitgevoer word. In so ‘n tyd sal ons u op hoogte hou van verwikkelinge. NoodSMS intekenaars het vandag deurgaans vars en geverifieerde inligting rakende hierdie gevaarlike roetes ontvang.

Vir dié wat nog staatmaak op ander persone om hierdie Nood waarskuwings aan te stuur, gaan moontlik in daardie tyd, weens die paniek wat dit veroorsaak, nie hierdie boodskappe ontvang nie.

Skakel in by die Suidlander stelsel en wees gerus.

(Hieronder ‘n paar tweets van toepassing op vandag se taxi staking.)