Ons sal ‘n vinnige uiteensetting gee van die verskillende punte wat in die Suidlander Noodplan beskryf word. Baie mense verstaan nie hierdie punte nie en verwar dit met mekaar. Let wel dat daar nie meer groen- of rooikampe bestaan nie aangesien dit jare gelede reeds deur verskillede fase-punte vervang is.

Deurgangspunte

Deurgangspunte word nie beman nie, maar word aan elektroniese intekenaars d.m.v die webwerf gegee en het slegs ten doel dat vlugtelinge daar kan vertoef sodat ander vlugtelinge ook by hierdie punt aankom. Daar kan dan in groepsverband verder beweeg word wat minder risiko inhou as om alleen aan te beweeg.

Optelpunte

Optelpunte word ook deur die webwerf aan elektroniese intekenaars gegee, maar sal beman word, selfs al is dit net vir ‘n paar uur elke dag. Wanneer gidse hierdie punte besoek sal vlugtelinge in kennis gestel word waarheen om hiervandaan te beweeg.

Let Wel: Die bogenoemde twee punte is dus nie vir gebruik van lede wat aktief inskakel en hul roetes en veilige areas ken nie.

Verwerkingspunte/areas

Ons het verskeie plekke waarby vlugtelinge verwerk sal word om verder na veilige gebiede te beweeg. Hierdie plekke is ver genoeg van gevaarlike brandpunte en dit sal dalk moontlik wees om vir langer tydperke hier te vertoef. Verwerking behels dat vlugtelinge in strukture gedeel en georganiseer word vir onmiddelike beveiliging en verdere konvooi beweging.

Ontvangspunte

Ontvangspunte word opgerig by die finale veilige gebiede (wat verwerkingsgebiede kan insluit) en het ten doel om vlugtelinge te ontvang, in strukture te deel, en in die veilige gebied uit te plaas. Ontvangspunte by die finale veilige gebied vorm ‘n natuurlike grenslyn.

– Hierdie punte bespreek nie die fases van die Noodplan nie. Ons sal dit volgende keer bespreek.