Ons beplan ‘n naweek oefening en saamkuier hier op Vanderkloof vanaf 27 tot 30 April 2018.

Twee groot media instansies stuur weer ‘n kameraspan om ‘n dokumentȇr oor Suidlander bedrywighede te maak.

Op Saterdag, 28 April bied Range Hunting Offroad Acadamy vir ons ‘n basiese 4×4 en voertuigherwinningskursus teen R600 per voertuig aan. Tweewiel aangedrewe voertuie met ewenaar slot (difflock) is ook welkom. Slegs die eerste tien registrasies sal hanteer word en belangstellendes moet reeds Vrydag 27 April teen 17h00 aanmeld. ‘n Sertifikaat word na voltooiing van die kursus uitgereik.

Ons kry ook kundiges in om ‘n opleiding-skietdag aan te bied vir belangstellendes. Hierdie kursus beloop R100 p/p en slegs wettige gelisensieerde vuurwapens sal toegelaat word.

Bring u eie vuurwapens en ammunisie. Vir die wat nie vuurwapens besit nie, daar sal wapens beskikbaar gestel word op wettige wyse. Ammunisie sal beskikbaar wees om aangekoop te word.

Op dieselfde dag gaan ons ook ‘n volledige VBS inrig om die werking daarvan te demonstreer.

Kom kuier saam met ons op die oewer van die Orania. Almal wat kom moet kamp-ingerig wees vir die naweek of moet self verblyfreёlings tref. Ons sal kampfasiliteite voorsien teen R80 per staanplek per nag. U moet ook asseblief u eie etes voorsien.

Vir registrasies om die 4×4 kursus asook om aan die skiet aktiwiteite deel te neem, kan u hoofkantoor epos by navrae@suidlanders.co.za