Baie mense dink aan die Suidlander Noodplan as een uitvoerbare aksie. Een aksie wat op D-dag aan deelgeneem word met ‘n begin en ‘n einde en dalk enkele dae tussen die twee. Hierdie persepsie moet verander, kom ons verduidelik dit so, kom ons stel twee scenarios voor.

Die eerste scenario is as volg: Duisende mense is versprei regoor die land in baie klein groepies. Elke een van daardie groepies is aangewese daarop om homself te verdedig.

Die tweede scenario is as volg: Honderde duisende mense het een groot area in die platteland van ongeveer 500km in diameter ingevaar. Hierdie area het ‘n verdedigbare grens reg rondom met ‘n oppervlak groot genoeg om logisties aan hulle te voorsien.

Hierdie twee uiterste scenarios vorm die aanvang van die Suidlander Noodplan, asook die suksesvolle afhandeling daarvan. Die Noodplan in sy uitvoering transformeer die toestand van vlugtelinge vanaf scenario 1 tot scenario 2 met verskeie fases tussenin. Verdedigbaarheid word dus mettertyd verkry na gelang van ons gemeenskaplike gesamentlike vermoё ontwikkel word.

Volhoubare gebruik van landbou en natuurlike hulpbronne, kragtige verdedigingstrukture, voldoende kommunikasienetwerke en die opwekking en beskikbaarheid van dienste word oor ‘n tydperk verkry en in plek gestel. Hierdie proses word opgedeel in fases van 1 tot 6 en is op so ‘n manier ontwerp om ‘n uiters hoё vlak van buigbaarheid en aanpasbaarheid te behou.

Geen beplanning vir ‘n rewolusionȇre tyd kan rigied vooraf vasgestel word nie. Elke aksie wat volg op ‘n vorige aksie moet reaksionȇr wees en buigbaar bly om aan te pas by die omstandighede. Omstandighede wat kan wissel en wat in ag geneem kan word sluit in:

• Die intensiteit van aanval en geweld teen ons.
• Die beweegrigting van rewolusionȇres.
• Die getalle wat teen ons aangewend word.
• Die wapentuig wat teen ons gebruik word.
• Deelname van regeringsinstansies teen ons.
• Ons bewegingsvermoё.
• Logistieke hulpmiddels beskikbaar aan ons / die rewolusionȇr.
• Ons vermoё om verdedigingstrukture op te rig.
• Ons verdedigingsmagtalle, ens.

Die bogenoemde is belangrike veranderlikes maar dit is tot geen manier daartoe beperk nie. Daar is vele meer aspekte wat ons buigbaarheid in die Noodplan kan beproef, en aan elkeen moes gedink word in die saamstelling daarvan.
Volgende keer behandel ons die fases meer spesifiek.