Water Week – Deel 5

solar-water-still

Ons het oor die laaste week baie reaksie op die water artikels gehad. Ons het dus besluit om met die water onderwerp voort te gaan tot ons dit behoorlik deurgestrap het.

Een so bydrae is ‘n water distilleerder soos op die foto aangeheg. ‘n Gat word gegrawe en met nat plantmateriaal gevul. ‘n Houer word in die middel van die gat geplaas. Dan bedek u dit met deurskynende plastiek en pak goed vas met klippe. Laastens word ‘n klip in die middel van die plastiek geplaas sodat dit ‘n tregter vorm aanneem met die punt bokant die houer. Wanneer die son daarop bak sal die vog uit die plantmateriaal verdamp en teen die plastiek kondenseer. Dit sal afgly na die punt en in die houer drup.

Die volgende idee was hierdie selfgemaakte filter. ‘n Sak word gevul me houtskool aan die onderkant. Daarna met lae sand en klippies. Die bo-kant van die sak moet nog genoeg plek hê vir die water wat gesuiwer moet word. Wanneer dit onder uitdrup is dit skoon.

Onthou dat sulke tuisgemaakte maniere nie gewaarborg is om water van alle onsuiwerhede te suiwer nie. Dit is steeds raadsaam om suiweringsmiddels te hê, of om water te kook. Dit is steeds handig om van sulke metodes kennis te neem en net meer opsies tot jou bekikking te hê.

water filter 1

[/fusion_builder_column][/fusion_builder_row][/fusion_builder_container]