Water Week

water2Ons het verlede week ‘n artikel geplaas wat die inleiding was van ‘n ernstige voorbereidingstekort wat onder “preppers” heers in SA. Dit was voorbereiding ten opsigte van water. Hierdie artikel bespreek die ernstige risikos wat tans bestaan rakende die watertekorte wat gaan heers tydens anargie.

Vandag is die begin van ‘n bewusmakingsprojek oor watertekorte tydens anargie. Ons gaan hierdie hele week artikels plaas wat vir u die gevare gaan identifiseer en aanbevelings maak om hierdie probleem aan te spreek. Dit is belangrik om te verstaan dat die water probleem gepaard gaan met sekere ander infrastruktuur tekortkominge. Ons sal gedurende hierdie week vir u wys hoe water afhanklik is aan suksesvolle en funksionerende riolering, elektrisiteitsvoorsiening, brandstofbeskikbaarheid, en bestuursvermoë van gemeenskappe. Net om die week in te lei, lees asseblief weer die artikel hieronder. Môre gesels ons verder.

Water – Vorige artikel

Vir jare lank berei derduisende mense voor vir ‘n tyd van anargie. ‘n Groot porsie van die blanke bevolking het onder Suidlander riglyne en bystand hulself gereed gekry om tydens anargie op hul eie aangewese te kan wees. Baie ander groepe het gekies om buite die Suidlander strukture hulself te organiseer en voor te berei, met die verstandhouding om op ‘n sekere stadium ook by ons nasionale noodplan in te skakel. Meer mense is vandag logisties geposisioneer as ooit tevore.

Alhoewel meeste mense hulself op die een of ander wyse begin voorberei het, is meeste van hulle gladnie gereed vir die tye wat kom nie. As u ‘n voorbereide persoon is, met kosvoorraad, mediese voorraad, kamptoerusting, brandstof ens. is selfs u heel moontlik gladnie gereed vir wat kom nie.

Die rede hiervoor is dat meeste mense die mees belangrikste item agterweë laat. Die een item waarsonder u nie langer as twee of wat dae kan leef nie. Weinig van ons beste voorbereides sal moontlik nie meer as 5% van hul kosvoorraad kan gebruik weens die tekort aan hierdie enkele item nie.

Dit is water.

Meer as 60% van Suid Afrika se natuurlike hulpbronne is erg besoedel. Van die res kan mens slegs ‘n fraksie gebruik sonder om ernstig siek te word as u nie ‘n baie sterk immuniteitstelsel het nie. In die tye wat kom gaan mense nie die gebalanseerde etes kan eet waaraan hulle nou gewoond is nie. Stapelvoedsels wat nou vir oorlewing geberg word sal vinnig veroorsaak dat u liggaam nie die bakterië en organismes sal kan teenstaan wat nou moontlik is nie.  Dit laat die hoeveelheid natuurlike hulpbronne wat in tye van anargie vir menslike gebruik beskikbaar sal wees op ‘n baie klein persentasie.

Verder kan ons met alle redelikheid aanvaar dat daar tydens en na ‘n vlugteling situasie geen krag beskikbaar sal wees nie. Dit sal beteken dat ondergrondse waterbronne slegs deur windpompe, en vir ‘n baie kort tydjie met brandstof aangedrewe masjienerie gepomp sal kan word. Die hoeveelheid mense wat egter op hierdie watervoorsienings metodes afhanklik sal wees is van so ‘n aard dat ‘n enkele 1% of 2% van die bevolking daardeur voorsien sal kan word.

Dit is ook belangrik om te besef dat windpompe nie eers huidiglik die vee in plattelandse gebiede van water kan voorsien nie. Daar kan dus gladnie staatgemaak word op enige watervoorsiening deur middel van windpompe of die enkele bestaande sonkrag pompstelsels wat in die platteland gebruik word nie.

Hierby kan ons ook aanvaar dat honderde riool suiweringsaanlegte weens kragtekorte nie sal funksioneer nie. Wanneer hierdie pompe en suiweringsaanlegte tot stilstand kom sal honderde rioolstortings landswyd plaasvind. Ons kan met sekerheid aanvaar dat water in sy natuurlike vorm nie vir u beskikbaar sal wees nie. Daarsonder kan geen mens leef nie. Sonder genoegsame toegang tot skoon water kan mens nie skoon bly nie en raak higiëne vinnig ‘n gesondheidsrisiko. Stapelvoedsels vereis almal groot hoeveelhede water vir gaarmaak.

Onsuiwer water moet gekook word voor inname en vereis weer brandstof soos gas of vuurmaakhout. Iets waarvan die platteland nie veel het vir honderde duisende mense nie.

Die oplossing vir hierdie groot waterprobleem is eenvoudig. Dit moet deur middel van sonkragprompe of kragopwekker aangedrewe dompelpompe  ondergronds uitgepomp word. Hierdie is die eenvoudigste en koste effektiefste metode om skoon water te bekom. Die land het derduisende boorgate en oral oor die platteland sal hierdie ondergrondse waterbronne nog suiwer wees.

Ons wil sterk aanbeveel dat u in groepsverband bymekaar moet kom en hierdie belangrike voorbereidingsafdeling deeglik bespreek. Bereken in groepsverband die hoeveelheid water wat per dag benodig word vir u groep. Bereken dan die koste om daardie hoeveelheid te pomp asook die koste om die toerusting aan te skaf wat daarvoor nodig is. Dit is baie belangrik dat groepe hulself toerus met ‘n vermoë om vir een tot twee jaar suiwer water te kan pomp, asook om groot hoeveelhede water te suiwer.

Reël asseblief so vinnig as moontlik ‘n groepsvergadering met u leier en handel hierdie voorbereiding af indien dit nog nie aangespreek is nie.

Groete, Bestuur

[/fusion_builder_column][/fusion_builder_row][/fusion_builder_container]